KVBA wil toetree rakende Solidariteit-staking by Sasol

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

In ʼn nuwe wending in die Solidariteit-staking by Sasol het die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ʼn skrywe aan Solidariteit en Sasol gerig.

In dié skrywe bied die KVBA sy hulp aan om die Solidariteit-staking by Sasol te ontlont. Dié stap word ingevolge artikel 150 van die Wet op Arbeidsverhoudinge gedoen.

Solidariteit het die KVBA intussen formeel in kennis gestel dat die vakbond aan die proses sal deelneem. Hierdie stap volg nadat duisende werkers gister, as deel van ʼn volskaalse staking buite Sasol-Secunda, aan ʼn protesoptog deelgeneem het.

Stakende Sasol-werkers en lede van die gemeenskap tydens ʼn protesoptog in Secunda, Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Volgens die skrywe sal die KVBA ʼn spesiale kommissaris aanwys om die partye by te staan. Die KVBA skryf ook dat die instelling ʼn uitstekende rekord het wat die ontlonting van dispute deur middel van die artikel 150-proses betref.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die versoek van die KVBA verrassend, maar word dit verwelkom. “ʼn Dispuut kan net rondom ʼn onderhandelingstafel opgelos word. Die partye moet ter wille van almal in Suid-Afrika ʼn oplossing vind en ons verwelkom die KVBA se poging om by die soeke na ʼn antwoord betrokke te raak.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, betoog saam met lede van die vakbond en lede van die gemeenskap teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

“Ons het al voorheen positiewe ervarings met soortgelyke prosesse by die KVBA gehad. Die KVBA het ook telefonies aan ons bevestig dat minstens een senior kommissaris, maar waarskynlik twee, aan die proses afgestaan sal word.

“Transformasiedispute waar ras ʼn groot rol speel, is per definisie verdelend en tot nadeel van Suid-Afrika as dit te lank uitgerek word. Indien Sasol en Solidariteit ’n oplossing vir die dispuut kan vind, sal dit nie net vir Sasol goed wees nie; dit sal ook ’n positiewe voorbeeld vir Suid-Afrika wees. Ons het egter nog nie ’n aanduiding gekry of Sasol aan die proses gaan deelneem nie,” sê Hermann.

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Solidariteit het reeds Maandag met ’n sloerstaking by Sasol begin oor die maatskappy se personeelaandeleskema, Khanyisa, wat wit werknemers uitsluit. Dit is die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis dat wit werknemers oor rasseuitsluiting staak. Intussen gaan Solidariteit voort met sy staking.

Die vakbond het planne vir minstens drie weke in plek en beplan om vroeg volgende week ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor Sasol se rasseuitsluiting te lê. Solidariteit is ook volgende week in die arbeidshof in Johannesburg om toestemming te kry dat al sy lede dwarsoor Suid-Afrika wettig, in solidariteit met die Sasol-lede, kan staak. Die hofaansaak volg nadat Nedlac vroeër Solidariteit se aansoek afgekeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cobus ·

Dis reg mense. Wys hulle wat is witmense werd in hierdie wye en droewe land van ons

Callie ·

Ondersteun julle totaal. Weet dis moeilik want dis nie in ons natuur om so op te tree nie maar daar is geen ander opsie nie. Sterk staan en bid saam

bgj van der westhuizen ·

voor spoet met die staking maak net n lys van was sasol alles vervaardig onder sy naam en onder ander naam dat ons ook kan stop om hulle produkte te koop wand al wat sasol saak maak is geld

Andre C ·

Nou het SASOL n geleentheid om te bewys hulle tree nie rassisties op nie.hahaha

Jakkalas ·

Ek het vandag my deel ook gedoen en nie by Sasol soos gewoonlik diesel ingegooi nie. Dit sal vootaan so aangaan totdat wit werkers gelyke herkenning kry en ingesluit word deur die skemas.

Daan Erasmus ·

Moet net nie Grondwet hof toe gaan nie. Onthou die Renate Barnard saak. Teen ALLE logika in besluit. Dit het dat ek my vertroue in die Grondwet Hof verloor het.

Mede betoger ·

In die gees BETOOG almal ? SAAM teen..
uitsluiting..regstellingsakie..
kwota syfers …partydigheid + BEE..
Kostes is weerskante dws sluit bg EUWELS OOK IN selfde mandjie in STERKTE voorwaarts mars.

John ·

Uiteindelik sal Sasol met ‘n powere bedraggie probeer skik en hoop die wittes sal daarvoor val. Is die hoofbestuurder nogsteeds die laaitie wat uit Kanada ingevoer is omdat SA nie genoeg bekwame mense het nie?

bj smit ·

ek sien nie dat daar iets aan die brand gesteek of klippe gegooi is nie .wat deesdae die norm is nie welgedaan

Boet Fasie ·

Wie het destyds vir die oprigting van SASOL betaal – elke motoris. Ek stem dat as witmense nie goed is vir SASOL nie , dan is ons geld ook nie goed om hulle te ondersteun nie, ongelukkig ry Sasol ool sy brandstof na ander bekende motorhawens , BP , Shell ens.

vissie ·

SASOL, gestig deur die Afrikaner word nou misbruik teen die Afrikaner

Sarel ·

Waarom het die KVBA en Menseregrekomissie nie reeds betrokke geraak met die aanvang van die ongeregtigheid nie. Seker weer gedink die blankes sal met hul jammer wees mentaliteit die situasie net so aanvaar. Ek het reeds jare gelede die vergelyking getref dat n bang hond in n hoek verdryf homself sal benat , die oomblik dat hy besef daar is werklik geen uitkoms nie dan Byt hy . Nou sal ons begin byt . Genoeg is genoeg.

jaco ·

dit verbaas my dat wit mense sulke goed kan doen. dis glo n wettige staking, so niemand kan sy werk daaroor verloor nie, maar oor 2 of 3 jaar (selfs gouer) wanneer SASOL dink aan verdere “transformasie” of personeelvermindering om bedryfskoste te sny, word daardie wit mense wat gestaak het EERSTE afgedank, nie net omdat hulle wit is nie, maar ook omdat hulle deur hulle stakery as “moeilikheidmakers” beskou word.
As jy wit is en jy het werk, wees elke dag UITERS dankbaar daarvoor, as is daar onregverdighede teenoor jou by jou werk NET omdat jy wit is. Glo my, ek is al deur tye van werkloosheid en dis nie aangenaam nie. Ek het tans werk en daar is onregverdigheid teenoor my en ander wit kollegas, maar ons bly stil. Dis VEEL beter as om GEEN salaris te kry nie. Julle wat die wit stakers by SASOL so aanmoedig, het geen benul van werkloos by die huis sit nie. weke word maande word jare en aanmekaar is jou werksaansoeke onsuksesvol, hoofsaaklik omdat jy die “verkeerde” velkleur het.

Henk du Toit ·

Oeps en daar raak ons werk vir julle ook te wit! Wies nou die baas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.