Kwaai wedywering vir speakerspos

Baleka Mbete

Die voormalige speaker, Baleka Mbete. Foto: AP Photo/Denis Farrell

Namate 22 Mei nader kom, is daar ’n nogal omvattende stukkie wedywering in die ANC aan’t ontstaan oor watter politikus die goed betaalde en prestigeryke posisie as speaker van die Nasionale Raad van Provinsies gaan beklee.

Tans word vier name genoem – Baleka Mbete (wat die posisie al vyf jaar lank beklee), Thandi Modise (tans voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies), Thoko Didiza (tans een van die drie voorsitters van die Nasionale Vergadering) en Gwede Mantashe (tans minister van minerale hulpbronne).

Mbete se terugkeer sal ’n voortsetting van die dikwels chaotiese status quo beteken. Sy het die afgelope vyf jaar berugtheid verwerf vir haar blatante partydigheid vir die ANC en word openlik deur opposisiepartye geminag, maar baklei na verneem word verbete vir wat sy het.

Modise het meer respek afgedwing maar haar gewoonte om op afgevaardigdes te skree sal waarskynlik minder doeltreffend wees in die groter Nasionale Vergadering as in die Nasionale Raad van Provinsies. ’n Groter EFF (hulle het van 25 na 44 LP’s gegroei) gaan hulle nie van haar laat verskree nie.

Didiza was die afgelope vyf jaar die een persoon wat onder alle omstandighede orde kon handhaaf en wat deur al die opposisiepartye gerespekteer word, maar daar is sprake dat pres. Cyril Ramaphosa haar eerder in die kabinet wil opneem of laat aanbly in haar op vele vlakke deurslaggewende posisie as voorsitter van die ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening van grond sonder vergoeding te vergemaklik.

Mantashe is die buiteperd. Gegewe sy verbintenisse met Bosasa gaan dit moeilik wees om hom in die kabinet te hou as Ramaphosa sy ideaal van ’n skoon kabinet (weliswaar tans so vaag en wyd gedefinieer soos baie Ramaphosa-beloftes) gestand wil doen. Mantashe vat beslis nie nonsens nie en is baie kleurryk, maar takt is nie sy sterk punt nie.

Intussen wag die land om te sien op wie die keuse gaan val om orde te probeer handhaaf in ons soms onstuimige Nasionale Vergadering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Foxi ·

NEE……..THULI MADONSELA IS TE VÊR GELEERD VIR DAARDIE STOEL.

boerboel ·

Thuli is n; goeie keuse maar gaan haar talent sal vermors word in daai Surkus en dan is daar baie van die ANC wat nie van haar hou nie,

JohanL ·

In ‘n gewone gedissiplineerde opgevoede omgewing sou die taak van die speaker baie eenvoudiger gewees het. Maar in die huidige ongedissiplineerde, disrespekvolle kabaal moet ‘n speaker hare op sy/haar tande h^e. Weet nie of daar iemand binne die ANC is wat daai objektiewe orde kan handhaaf nie. Bygese die speaker hoef sekerlik nie noodwendig iemand van die ANC te wees nie. Maar nou ken ons al die denkwyse.

Gert van Wierdapark ·

Blah-blah-blah – praat praat praat.!!! SELFDE OU STORIE VAN VOOR AF!

Alida ·

Modise moet heeltemal uit die ANC verwyder word. Sy mishandel diere hoe gaan sy teenoor mense optree.

Fran ·

Niemand op daai lys staan uit of gee mens n warm gevoel nie….

Wonder ook ·

5handi modisem is sy nie die diere mishandelaar nie? Indien wel, gaan die klagte teen haar nou ook verdwyn?

wraggies ·

Modise kon nie eers haar eie plaas bestuur nie en moet nog verantwoordelik gehou word vir erge dieremishandeling, niemand kan hoor of verstaan wat se Mantashe nie.

Pieter du plessis ·

Mantashe se seun was die persoon in beheer by multichoice wat besluit het Steve Hofmeyr moet geboikot word omrede hy nie dieselfde vryheid van spraak het soos bv Malema nie.

Dries du Toit ·

Mompelende Mantashe van Bosassa korrupsie of diere moordenaar Modise sal die keuses wees van die ANC. Siek is n “under statement”

ADT ·

Ek wil van my kop af raak as ek net dink dat n sent van my belasting geld moet gaan om sulke mense in daai hoogsbetaalde posisies te hou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.