Kwadfietsryer met windbuks geskiet

Argieffoto (Foto: Bru-nO, Pixabay)

ʼn 41-jarige man is Sondagmiddag in Hilton, Bloemfontein, met ʼn windbuks geskiet toe hy op sy kwadfiets in dié woonbuurt gery het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die man het omstreeks 15:00 in Lombardstraat met sy kwadfiets gery.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie in Bloemfontein, het aan Maroela Media gesê die man het op sy kwadfiets gery toe hy skielik iets in sy bors gevoel het. “Hy het afgekyk en gesien hy is geskiet. Hy het dadelik ʼn ambulans ontbied. Hy is na ʼn hospitaal geneem en die patroon is verwyder.”

Van Huyssteen het gesê die man het in sy oprit gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy het matige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Tammy ·

Poging tot moord. Hy moet beslis vir moord aangekla word!!!!!!

RG ·

Jy mag nie met n quad op n openbare pad ry nie…daai geraas dryf my ok dat ek sulke goed sal aanvang. So as die quad ryer in d wet gebly het. Sou die ander persoon nie ook wetteloos opgetree het nie

tamboti ·

Shame Tammy, in my dae jet kinders met windbukse mekaar uit pret geskiet

Muffin ·

Sondag middag 3 uur. Rustyd, maar dit is nie n oplossing om die man te skiet nie.

David Hallgreen ·

Hy seker geraas gemaak met die quad of nie? Maar gee niemand die reg om hom te skiet met windbucks so die gereg moet sy pad loop..

Chrisjan ·

Kwadfietse wat (onwettig)in woongebiede se state ry is ‘n irritasie.Hierdie insident getuig daarvan en die blaam moet voor die deur van die metropolisie gele word.Hulle doen nie hul werk nie.Kwadfietse moet van openbare paaie afgehou word en hulle doen dit nie.Ek het kwadfiets ryers in my omgewing gehad wat die knaldemp toestel(baffle in engels) verwyder en dan moedswillig voet in die hoek in ons straat jaag.Gelukkig het ons besluit om te trek anders was daar beslis moeilikheid.Ek het a Sierra 3000verbal geweer maar ek gebruik net nylon balletjies . . . .

sommernet ·

Stem saam. Mense maak net wat hul wil. Almal reken mos wette is gemaak om gebreek te word. Vat so katvis.

ADK ·

Ek het al baie Sondae gevoel ek wil dieselfde doen. Mense wat eenvoudig geen respek het vir ander se stilte nie.

Chris Ws ·

Willie onthou net ‘n kettie is as ‘n gevaarlike wapen geklasifiseer en mag nie in’n munisipale gebied gebruik word nie.Gooi die irriterende kwadfiets ryer eerder met ‘n aartappel.Hy sal groot skrik al gooi jy sy kwad raak.En as hy kwaadraak bel die verkeersmense en herrinner hulle hy ry onwettig in die straat.

Mellivora ·

As my taal my nie in die steek laat nie bestaan ‘n “patroon” uit ‘n dop(pie) gevul met kruit met ‘n metaalpunt vooraan. ‘n Windbuks gebruik ‘n koël(tjie).

Riaan ·

Dit is sekerlik verkeerd maar fie metro polisie steur hulle nie aan die klagtes nie . Die geraas van daai rykman speelding is so irriterend dat ek die ou nie kwalik neem nie. En die ryer het geen respek vir ander se belande nie. Wereens die gesaghebbende mense wat die soort ding laat gebeur.

Neem kennis ·

Beide die windbukse en ‘kwaad-baaikers’, neem kennis hiervan. So ook die wetstoepassers wat net skouers optrek en sê: ‘Ons kan hulle nie vang want hulle jaag weg vir ons’.

Johan ·

Waarom is dit nuus? En, het die ou regtig ‘n ambulans ontbied vir ‘n windbuks klitsie? Hy is seker ‘n sokkerspeler.

Stefan ·

Ja, poging tot moord, want niemand is dood nie. Waar het jy gelees die man is dood ? Aanklag van moord kan slegs wees wanneer die persoon dood is agv die daad. In die geval lewe die man nog.

SjN ·

Ek vermoed die skieter was keelvol vir die lawaai en dit was nie die eerste keer wat rus verstoor is nie, gaan jaag jou fiets op n off road baan en almal is gelukkig.

Twee wiel ·

Onthou daar is twee wiele wat maar baaaaaaie erger geraas maak,heel dag,al dag!!!! Dis so so irriterend as daai twee wiele verby jou huis ry heel dag met n verskriklike uitlaat lawaai. Dis hulle wat eintlik die geraas makers is.

gatiep ·

Hy kon bly wees die man het nie regte gun gehad nie,anders was hy seker dan dood.
Dink paintball gun of kettie sou meer van pas gewees het.

Hansie ·

Nuwe berig; ” Na n indringende ondersoek is die skieter aan die polisie bekend, dit blyk dieselfde persoon te wees wat al honderde klagtes ingedien het oor geraas as gevolg van Kwad- fietse”

Tiger ·

Albei het die wet oortree.Die windbuks man moes eerder ‘n verfbal geweer gebruik.Hy skiet mens ‘n blou kol en dis lekker eina sonder om jou lewe in gevaar te stel.Maar as die kwadfiets ryer by die wet gehou het sou daar nooit so insident gewees het nie.HY is die hoof skuldige hier sonder dat ek die optrede van die windbuks man goedpraat.

christa ·

Ja Sondag middag wanneer dit ‘n rusdag is vir mense wat gedurende die week werk en Sondag as ‘n rusdag wil geniet. Dis ‘n man van 41 jaar, nie ‘n kind nie. Die geraas is dieselfde as die mense wat grassny op ‘n Sondag. Geen respek vir ‘n rusdag wat deur God ingestel is nie.

Oudste ·

Sondag is die eerste dag van die week en nie die Sabbat nie. Die Sabbat is Saterdag, wat die Sewende dag is en die Sewende dag is as rusdag deur God ingestel.

Oudste ·

Sondag is nie die rusdag deur God ingestel nie, want Sondag is die eerste dag van die week. Saterdag is Sabbat, soos verduidelik in Genesis en ook in Eksodus in die 10 gebooie. Die seremoniele wette het weggeval met Jesus se koms maar nie die Tien Gebooie nie.

jannie ·

Ek sou eerder daai ou oppie kwad met modderkoekies gegooi het….my sondagmiddag slapie is baie kosbaar….

Danie Burger ·

Kyk mense ek is n praktiese ou en sal se die ou met die windbuks moet iets soos “community Service” doen vir sy oortreding, ek sal ook se dat die kwad ryer n boete van minstens R5 000 moet betaal sowel as die koste van die “Pellet” waarmee hy geskiet is.

zack ·

Gee vir daai man ‘n Bells. Of laat ek eerder se nog ‘n pakkie windbuks koeltjies.

HULLE LUISTER NIE ·

NEEWAT, daar is altyd twee kante van ‘n saak. Sondag middae is daar ‘n motorfiets wat tot vervelens toe by ons verbyjaag .. nie een of tweekeer nie, maar ‘n paar keer, so ook kinders op kwadfietse SONDER ENIGE HELMETS. So eerstens oortree hulle die wet en tweedens is dit ‘n groot irritasie. Praat jy met sulke mense is hulle altyd hardekoejawel en uitdagend want ‘wat gaan jy doen’? Ek sou nie iemand met ‘n windbuks geskiet het nie, maar ek dink ‘n paintball was ‘n goeie voorstel .. LOOI hulle tot hulle luister.

Ai toggie ·

Ek is baie lief vir my taal, alhoewel ek myself nou nie as ‘n kenner sal beskou nie… maar sekerlik is daar ‘n beter Afrikaanse woord vir “kwadfiets”… ‘n vierwielmotorfiets of iets …????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.