Kwadfietsryers kom op wrak, lyke af

Foto: ER24

Vierwielmotorfietsryers het Saterdag op die wrak van ʼn voertuig langs die N4 in Rustenburg afgekom en twee mense se liggame binne die voertuig gevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:00 na die toneel tussen Dr Moroka-rylaan en die R565 ontbied. Daar het hulle die wrak gevind waar dit ʼn paar meter by ʼn wal langs die snelweg afgerol het.

“Die kwadfietsryers het toevallig op die wrak afgekom en die twee mense binne gesien. Paramedici het die man en vrou ondersoek en gevind dat hulle al ʼn ruk lank dood is,” het Vermaak gesê.

Hy het gesê volgens ʼn ander nooddiensmaatskappy is hulle omstreeks 02:00 vanoggend na dieselfde gebied ontbied, maar hulle kon geen teken van ʼn ongeluk of botsing vind nie. Dit is nie duidelik of die ongeluk wat aangemeld is en die wrak wat gevind is dieselfde ongeluk is nie.

Die polisie sal die ongeluk en die oorsaak daarvan ondersoek.

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ashlee ·

EvW, jy slaan die spyker op sy kop. Sal nie veel meer se, aangesien Maroela elke comment van my blok. Pynlik hoe bang ons volkie en media nou al geraak het vir hul “edele” regering. Vryheid van spraak, selfs sonder om te beledig word ons nie meer gegun. Dalk ook n rede waarom dit so daar gaan.

Pieterlewismuts ·

EvW,
Dit is darem n baie onsensitiewe antw.
Ek het byna gehuil daaroor.

Die mense is geruime tyd al dood en hul mense weet nie daarvan nie.

Isabel Jonker ·

Ashlee lewer kommentaar onder n ander naam en vals epos adres. Dit kan dalk werk

MissDemeanor ·

Duidelik nie. Dis uiters swak. Miskien kry hul gereeld fop oproepe wat hul tyd mors en nou kyk hul dalk nie meer so mooi nie. Ek wonder watter nooddienste dit was?

Wessie ·

….02:00 in die oggend…waar begin mens Soek in die donker – en met die misdaad soos dit is kon dit ook ‘n lokval wees?
Dalk moet ons nie so vinnig wees om te veroordeel nie?

Paul ·

Dit was 02:00 in die oggend in die pikdonkerte. Die wrak is vêr van die pad af, teen ‘n hoë wal af.

Die nooddienswerkers is waarskynlik net ‘n algemene gebied gegee deur die persoon wat hulle gebel het. Daar is 4 kilometer se pad tussen die twee paaie wat die berig noem. Moes die nooddienste die hele 4 kilometer (nogal nie juis deur die beste woonbuurt nie) langs die pad geloop en soek het met flitse?

Dié wat kommentaar lewer oor die “swak soektog” moet dalk twee keer dink.

Hijack :) :) ·

@EvW, Ek weet nie of dit 2:00 in die oggend in Rustenburg se omgewing al lig is ( of nog donker is nie). ( verskoon die sarkasme. ;) ), maar daardie tyd v d nag is dit nog stik DONKER hier in die kaap, watter reg denke paramedic gaan daai tyd v d nag uitklim uit n ambulans ( as hy nie die ongelukstoneel kan sien nie) en iewers langs die pad in n donga gaan soek na n motor, dit kon net sowel n vals alarm gewees het, of mense wat n ambulans wou HIJack wat hulle ontbied het, het jy gesien hoe ver v d pad af lê die kar , of dat dit in n donga lê, sou jy daardie kar 2:00 in die nag daar sien lê

Let op ·

Let op die wrak lê onderstel in die lug en tussen ander rommel en baie vêr van die pad af. Dus glo ek dit was 2 vm moeilik om dit raak te sien. Nogal snaaks dat die wat die ongeluk die eerste keer aangemeld het nie by die ongelukstoneel gebly het. Aan die anderkant kan jy dalk beroof word as jy daar vertoef.
Vaalweekblad van 28-30 Junie berig van ‘n tromop botsing veroorsaak deur koedoes op die pad naby Cradock (blankes betrokke) waarin twee dood is en twee beseer is. TWEE MANS MET ‘N BAKKIE HET KORT NA DIE ONGELUK DAAR STILGEHOU, DIE KOEDOES GELAAI WAT DOOD IS IN DIE ONGELUK EN (SONDER OM HULP AAN DIE ONGELUKSLAGOFFERS TE VERLEEN) MET DIE KOEDOES VERKAS.
‘n Moslemman net bekend as Zul, sy ma en twee broers het stilgehou en hulp verleen.
Sowat ‘n jaar gelede was ek ook die enigste wat stilgehou het by ‘n kruising waar ‘n verwagtende vroutjie in ‘n ongeluk betrokke was. Die ander ooggetuies van ten minste ses ander voertuie het net doodeenvoudig aangehou met ry.
Dit is dan ook hulle wat sal kwaad wees as ander nie by ‘hulle’ ongeluk gaan stilhou.

Sonja ·

Sjoe. Kom ons kla eerder oor moteriste wat nie plek maak vir ambulanse oppad na n toneel toe nie. Ek sien dit baie op mabopane highway….ek kan nie insien hoe die armw personeel daardie kar moes raaksien nie. En net nog n puntjie voor ons enige mediese personeel afkraak daai mense werk tot 24 uur aan een. Haal jou hoed af vir die 100de lewens wat hulle red nie die een onmoontlike taak wat hulle gekry het onthou en nou kritiseer nie.

Tanya ·

My seuns het op die Motor af gekom omstreeks 13;00 (nie Quadryers Nie) dit is agter ons wooning en hulle het n bornet sien weekaats tussen die boome en vermoed dat dit n voertuig is wat die huis dop hou en gaan ondersoek instel en op die ongeluk afgekom. Ons het nood dienste deur die Vodacom noodlyn geskakel en kon vir 45min niemand in die hande kry nie tot hulle Nedcare in die hande kon kry en hulle na die toneel ontbied is. Dit is baie hartseer om te weet dat daar mense se lewens in gevaar was en ons hulle moontlik kon red as ons hulle vroer in kon kry.

Sherise ·

Ek het verby die toneel gery vanaand, net na 18h30 en so te sê al heeltemal donker. Daai motor is so ver van die snelweg af tussen die bosse aan die anderkant van n breë sloot…… Ja nood dienste nogsteeds op die toneel met baie skerp ligte en dit lyk terrible. Daar is geen teken op die snelweg van n ongeluk nie. Mense is baie vinnig om te sê ander doen nie hulle werk nie maar weet niks van die feite nie… sterkte aan die familie

HIJAck :) ·

@Sherise, jyt nou wel daar verby gery , maar hier is fotos v d ongeluk, wat jou duidelik wys goe ver die kar v d pad af is , jy kan ook duideliksien dat die kar meters onder die pad lê, en dan lê die kar nog op sy wit dak met se donker /swart onderkant na bo, neem mense nie sulke goed in ag as hulle komentaar lewer oor of mense hulle werk doen nie, ek vermoed die land se probleem is nie net by die ‘ander ‘nie, maar dat die volkie ook maar kan gaan kyk na hulle eie attitude

Maya Roon Joubert ·

SKOKKEND! kan net indink wat geliefdes moet dink dalk was daar nog hoop gewees… ?

Jeannette ·

@HIJack – so waar! Jy moes sien hoe het hulle die lat geswaai op my kommentaar oor die man wat afgedank is nadat hy betrap is dat hy die vrou wat in haar kantoor borsmelk uitpomp!!! Ek is as dom, onopgevoed, verwaarloos-deur-my-ma, ‘n kinderlose aandagsoeker ens. ens. ens. uitgemaak. Daar is gevra of ek my kos in ‘n toilet sal eet omdat dit so ‘n onhigiëniese plek is (natuurlik nie en die baba ‘eet’ mos ook nie in die toilet nie – sy melk word daar uitgepomp, dis al, en daai tannie wat borsmelk uitgepomp het by haar lessenaar se kantoor is 10/1 nóg meer onhigiënies!).

Hie-hie-hie!!! En nie een van die vroulike, ontstoke kommentators kom agter dat ek duiwelsadvokaat gespeel het nie (ek wonder: weet hulle wat dié uitdrukking beteken?). Nie eens van bogenoemde bekommernisse is eens NABY aan die waarheid nie. Ek is ‘n ondervinde ginekologie- en obstetrie verpleegster, ‘n nie-roker (so daardie argument van hoeveel-sigarette-rook-jy-per-dag-in-werkstyd teenoor hoeveel-tyd-neem-dit-om-melk-uit-te-pomp hou nie water nie) en voorstander van borsvoeding vir baba’s. Ek het dit egter teen nuwe mammatjies wat dink dat hulle die wonder van die wêreld gepleeg het met die geboorte van hul baba en dat dit hulle spesiale regte gee. Borsvoeding is baie goed, die ideale, maar dit is ook nie die alfa en omega nie. En julle mis die eintlike punt van die berig – dat die man haar in privaatheid afgeneem het.

Sputnik ·

Dit is baie, baie moontlik dat nooddienste ‘n wrak of ongelukstoneel nie kan opspoor nie. Ek het ‘n situasie ervaar waar ‘n baie flou flikkerlig van ‘n motorfiets die aandag van ‘n verbygaande motoris laat een winternag getrek het. As dit nie vir daardie flou liggie en oplettende verbyganger was nie, het die erg beseerde motorfietsryer daardie nag verkluim. Geen ander voertuig was betrokke nie.

Rustenburger ·

Die privaat nooddienste van Rustenburg is uitstekend. Die N4 snelweg ongelukkig is die probleem. Die helen joseph afrit is dodelik maar die pad owerheid weier om dit te beveilig. Verder is die pad hoog bo die omliggende landskap. Ek het al self een middernag in 2007 as ek reg onthou, daar n ongeluk gehoor en aangemeld. Ek wou toe self gaan help want ek kon hoor dit het baie naby my gebeur maar ek kon niks kry nie. Die volgende dag het ek die area gefynkam maar steeds niks. Ek kry steeds koue rillings as ek net daaraan dink.

Hanna ·

Paul ek kon dit nie beter gestel het nie. Stem saam met jou

Infrarooikamera ·

As dit n algemene probleem onder paramedici is om ongelukke wat in nag ver van pad tot stilstand gekom het kan een van die slim ongenieurs onder ons lewers dalk infrarooi kameras spesiaal vir die doel ontwikkel. Daar kan n wereldwye mark hiervoor wees.

penelope ·

RIP dear Doctor Johnny. We will remember and miss you dearly. We are praying for the family.

Gert ·

Sal ek Trump se woorde gebruik
“Its all fake news” Die publiek wil nie meer betrokke raak nie en dit is hartseer . Maar neem jy hulle kwalik. Nuus gaan om sensasie en min is waar. So Donald Trump jy is reg.

Pippa ·

Dit is tragies. Sterkte aan almal wat betrokke is by daardie oorledenes.

Jeannette ·

Baie hartseer, dalk het daardie twee mense nog lank geïmmobiliseerd gelê in pyn en kon hulle gehelp gewees het as die nooddienste hulle net kon vind. Wat van ambulanse toerus met hitte-sensor skandeerders, juis om in omstandighede soos hierdie te help soek na ‘n moontlike wrak en/of beseerdes? Sterkte aan die naasbestaandes van die twee oorledenes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.