Kwaksalwer in Noordwes vasgetrek

dokter

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

ʼn Man wat homself as ʼn dokter voorgegee en pasiënte behandel het, is uiteindelik vasgetrek nadat sy gebrekkige mediese kennis ʼn kollega laat onraad vermoed het.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Lawrence Tebogo Matheatau (28) is Maandag by ʼn mediese praktyk in Klerksdorp in Noordwes vasgetrek.

Volgens Netshiunda het Matheatau in Desember verlede jaar ʼn dokter by ʼn praktyk in die Jouberton buite Klerksdorp genader en voorgestel dat hulle ʼn samewerkingsooreenkoms aangaan om saam pasiënte by die mediese praktyk te behandel. ʼn Kontrak waarvolgens Matheatau elke maand R25 000 vir die praktyk sou inbring, is onderteken en hy het op 9 Desember pasiënte begin behandel.

“Die praktyk-eienaar het egter agterdogtig geraak toe Matheatau vrae gevra het wat enige gekwalifiseerde dokter maklik behoort te weet,” het Netshiunda gesê. “Hy het die Valke gekontak en ʼn ondersoek is van stapel gestuur.”

Nadat die Raad van Gesondheid bevestig het dat Matheatau nie as ʼn praktiserende mediese dokter by hulle geregistreer is nie en dat sy praktyknommer vervals is, het die Valke hom by die praktyk besoek en is hy in hegtenis geneem.

Hy sal op 10 Februarie weer in die hof verskyn op aanklag van bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

scalla ·

Die valke verstaan nie, hy is dan n toordokter met papiere, eish

GES ·

Hy was toe al die tyd ‘n toordokter. “The great pretender”. Dit is net ongelooflik die sluwe planne wat hulle kan uitdink. Gelukkig het hy niemand probeer opereer nie. Dit sou noodlottig gewees het.

Marius ·

Dit sit die dokters by die staat hospetale ook onder verdenking ??

Karma ·

Marius, ek stem! My broerskind – toevallig ook Marius – is 29/01/2016 na 11 dae se lyding na sy motorfietsongeluk in Tygerberg …e… hospitaal oorlede. Kyk, daardie plek is wraggies vieslik, die dokters is niks meer as net huisjaar-“wanna-be”-dokters nie. In hul sogenaamde “ICU” waar die kind gelê het, was dit vuil – die pasiënte was ongewas en vuil, die sale was vuil en infrastruktuur val uitmekaar uit. Plafonteëls hang los, elektriese koorde hang uit die dak uit, vertrek-tot-vertrek staan òf vol vuil beddens met vuil beddegoed op óf vol gebreekte/gebruikte toerusting. En om te dink Tygerberg was eers ‘n prima hospitaal! ek kan nie veel beter van die dokters sê nie; een kon skaars Engels praat (duidelik ‘n Kubaan). Maar dit is staatshospitale en mediese sorg vir jou in die nuwe SA!!!

Oom Boer ·

Ai-tog, kan jy dit nou glo, dit kon lelik geraak het met verkeerde behandelings en moontlike mense verliese. Sulke dinge mag nie op spesialis gebied plaasvind nie en moet die gesondheids departmente onmiddelik kennis dra van sulke tipe praktyke, want net more skiet hul op soos paddastoele. Seker maar ‘n Sangoma of toordokter gewees. Lyk amper of korrupsie nou lelik begin kop uitsteek!!!!!.

Pieter.v ·

Dis tyd dat daar teen die sogenaamde “doctors” wat oral in dorpe en stede hul dienste aanbied vir aborsies , hul dienste word op elke lamppaal kragkas en selfs teen mure adverteer,in Kaapstad word die wat die Zuma must fall plakaat wat eintlik vir n goeie doel was vervolg, is hierdie sg.”doctors bo die wet verhewe?

ig ·

Die Valke moet sommer ook n draai maak by die parlement want daar is iemand wat beweer hy het kwalifikasies om n land se President te wees en hy het ook nie n koekin klue wat hy doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.