Kwaksalwer vas oor ‘onwettige aborsies’

Foto: Verskaf.

ʼn 46-jarige verdagte is Dinsdag in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met beweerde bedrog en die uitvoer van onwettige aborsies.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn ondersoek het begin nadat daar klagtes ontvang is oor ’n man wat homself as ʼn dokter voordoen en ʼn onwettige chirurgiefasiliteit in die Malelane-nedersetting bedryf het.

“Dit het tydens die ondersoek aan die lig gekom dat die man nie by die mediese raad van Suid-Afrika geregistreer is nie en dus onwettig praktiseer. Hy het tradisionele medisyne en aborsietablette gebruik,” het Sekgotodi gesê.

Die verdagte is volgens Sekgotodi in hegtenis geneem terwyl hy glo besig was om nóg ʼn onwettige aborsie uit te voer.

Die kliënt het glo R700 vir sy dienste betaal.

Die verdagte sou na verwagting vandag in die Malelane-landdroshof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.