Kwalata-grondbesetters plak moontlik vanaand

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Vermeende grondbesetters naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat noord van Pretoria, gaan moontlik vanaand huise oprig in dié reservaat.

Riaan Olivier, hoof van die plaaslike gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het Sondag aan Maroela Media gesê hulle ontvang al die hele week lank berigte dat die besetters van plan is om Sondagaand hul huise op te rig, nadat hulle die grond “skoongemaak” het.

Olivier het gesê die besetters het ook die gedeelte van die heining rondom die reservaat, wat hulle Saterdag platgetrap het, verwyder. “Ons sal dus ʼn nuwe heining moet koop, ons kan die draad nie net meer span nie.”

Hy het dit weer benadruk dat die gemeenskap van Refilwe nou blootgestel is aan die wilde diere in die reservaat. Dit is ʼn groot vyf-reservaat en daar is dus nou geen heining tussen inwoners in die informele nedersetting en die leeus of ander wilde diere nie.

Volgens Olivier is twee mans intussen in hegtenis geneem, om as ʼn voorbeeld te dien dat oortreders vervolg sal word. “Een van die mans is met ʼn formele waarskuwing vrygelaat, maar strafregtelike aanklagtes is teen die tweede man aanhangig gemaak.”

Olivier het bygevoeg die besetters het ook in ʼn stadium gedreig om die nabygeleë Rooms Katolieke skool met ʼn petrolbom aan die brand te steek, maar dit was glo slegs ʼn poging om die polisiebeamptes en GPF weg te lok en die pad weer te versper.

Hy het gesê lede van die GPF en die polisie is op bystand vir enige gebeure Sondagaand.

Maroela Media het vroeër berig die besetters het nog nie gehoor gegee aan ʼn tussentydse hofbevel wat Vrydag in die Gautengse hooggeregshof uitgereik is nie. Volgens die tussentydse bevel word die besetters verbied om die grensdrade te beskadig en of te verwyder. Die besetters word ook verbied om die eiendom as sodanig te betree.

Lees alle vorige berigte oor die Kwalata-grondbesetting op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kaspaas ·

Hierdie is net die begin na die verkiesing gaan die n algemene gesig wees in die munisipaliteite wat die EFF gaan oorneem. Dink net hoeveel huise gebou kon word met al die geld wat die regering en sy amptenare gevat het ook die geld om die Guptas te finansier en die tenderpreneurs net om n paar te noem

Sagte hartjies ·

Almal is so sagkens met die mensies, dit is nie wat gaan werk nie. Julle moet HARD word en baie hard op tree.

Liewe heksie ·

Ek glo regtig dat God die gpf sal bystaan want op sapd kan daar nie staatgemaak word nie of hul is plain sleg of bang vir werk en as ons bietjie speserye op dai vleis gooi mag die leeus dalk net honger word damn gemors

Ander Koos ·

wat nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie!! Almal weet mos anc regering steur hulle nie aan hofbevele of hofuitsprake nie

John ·

Is daar nie ‘n mooi stukkie grond op die Wilde Kus wat ons kan skoonmaak en vakansie-huise bou vir ons boere met gedwonge aftredes nie? Lekker weer en uitsig op die Sjinese vissersbote se liggies snags. Mooi skoon omgewing sonder die gevaar van windplase of korrelbedatoomkragstasies. Laasgenoemde word mos net beplan vir langsaan witdorpe. Wat van daai bloedgrond wat destyds deur Retief ea aangekoop is. Dit is klaar betaal. Reeds ons s’n, Mens wonder of die polisie dan ook net op ‘stand by’ sal wees.

Johann Marx ·

John? Daar is!! Dit staan bekend as die voormalige TBVC state. Transkei, Bophutatswana, Venda en Ciskei. Ons moet die regering motiveer om “apartheid” ten volle toe te pas, en die hele blanke bevolking van SA na die voormalige TBVC lande te verplaas. Soos in die vorige bedeling kan jy dan NET in Suid Afrika werk met ‘n dom-pas, en NET grond besit in die TBVC lande. Ons het dan ons eie regering, eie skole, eie universiteite, eie polisie, eie militêre mag…….en, o ja, net soos in die vorige bedeling behoort alle inwoners van TBVC lande ook kwytgeskeld te wees van Inkomste Belasting en BTW aan die SA regering!!!!

Piet ·

Briljante idee Johann Marx. Hoekom dink ek dat indien “die misdaad teen die mensdom” teen ons toegepas word ons darem lekker partytjie gaan hou.

Madeleine Hoffmann ·

Is daar ‘n ander Refilwe as die een by Cullinan of is hierdie berig foutief?

sannie ·

Wie gaan die skuld kry as die leeus honger raak? Geen drade om honger leeus te keer.

Joann ·

John nou praat jy so na n boervrou se hart. Dink net hoe lekker sal ons blanke agtergeblewenis kuier.

Zelda ·

Nou wonder ek wiese skuld gaan dit wees as die plakkers wel sink huisies gaan op sit. En n leeu of olifant byt iemand. Gaan sit die resevaart se skuld wees of die leeu of okifant sin. Dan gaan die diere ook seker geskiet moet word. Omdat hulle n gevaar in hou. Maar dan vra ek wie oortree dan eintlik . Die mense of die diere . Wie is op wie se grond

Hennie ·

Dit gaan nie die diere se skuld wees nie maar apartheid se skuld.

Veritas ·

Ek verstaan nie mooi nie. Kom die grondbesetters van ‘n nabygeleë plakkerskamp af en indien wel, hoekom bou hulle nie daar vir hulle huise nie? Indien hulle van ‘n verafgeleë plek af kom, hoekom nou juis daar plak? Daar kan tog nie geriewe of werksgeleenthede wees nie. Vir my lyk dit bloot na ‘n uitlokkery om reaksie uit te lok. Dan die eienaars mos weer van ‘rassisme’ beskuldig word en die plakkers as die arme, weerlose onderdruktes.

plakker.. ·

Ekt nie grond nie so beoog stukkie op nskandla ….sorry meen nkandla..eks seker hul Sal net so traag wees…

m ·

Wonder altyd wat sal gebeur as ons wittes so begin plak en tekere gaan………………………………………….

Ahooy ·

Gelukkig is daar nou n hofbevel!!!! Sjoe – nou gaan hulle skrik!! Net soos by onder andere die Universiteite het hulle gemaak en breek nst soos hulle wou en daar is nie teen hulle opgetree nie.
As hulle nou by my huis inbreek, moet ek eers n hofbevel kry om hulle te belet??? Ons regstelsel en polisie is pateties.
Die polisie optrede kan ek verstaan want hulle word gekruisig met enige optrede teen die arme mense wat net veg teen al die onregte van die verlede – soos dit nou al in die koppe ingeprent is!!

Anna ·

Genade nou het ek als gehoor. Waarheen gaan ons land. Dit is darem lekker om net te maak en breek soos n mens wil. Geen wonder ons sit waar ons sit nie. En ons word uitgelag deur ander lande.

neelsie ·

Waarom die regering nie die duisende hektare wat aan hulle behoort nie beskikbaar stel nie ,weet ek ook nie.
Nee, hul kan maar die witmense se grond vat wat van hulle “gesteel “is.
Alles wat Anc aangepak het is n mislukking; die plase wat aan swartes GEGEE is le verwaarloos.
Sonder die vermoe van die wittes ,kom die ouens net nie reg nie.
Sou Zuma van sy mense afhanlik wees vir voedsel sal hy vinnig n paar kilo verloor.
Die Guptas sal nie vir hom sorg nie, hy het hulle klaar verryk!

Hendrik ·

Daar is min werk, min vooruitsigte vir werk, moedeloosheid, koue, honger en baie grond. Wat sal jy doen? Iets moet gebeur en wat hierdie plakkers nie besef nie is dat hulle die hef in die hand het en die huidige regerende party kan uitstem. Hulle gaan waarskynlik die EFF instem en dan is daar baie meer beloftes, minder werk , meer toelae en baie grond waarop hulle kan landbou beoefen vir meer kos. So dink hulle. Wat kan ons doen? Keer vir ons paaltjies en hoop vir die beste. Dit is miskien tyd dat ons die werklikhede in die oog staar en homogeen groepeer in gebiede. Hierdie gebiede moet dan maar verdedig word soos dorpies in die verlede verdedig is in die middeleeue of soos laers verdedig is in die trek oor die berge met ossewaens. Ek dink sommer wyd…..

Koos ·

Die wat nou so oraal plak,waar kom hulle vandaan seker nie almal van SA af nie.Nou wil hier kom demand.

John ·

Grondeienaars moet bewyse van eienaarskap ea beskikbaar he vir sou soiets elders weer gebeur. En dit sal. Prosedures soos aangedui in die wet moet presies gevolg word en ‘n koelkop prokureur en natuurlik die polisie ea moet dadelik bykry word om die gemoedere te kalmeer. Alles wat gese of gedoen word moet onbesproke wees. Moet veral nie die polisie konfronteer oor hul aksies of die tekort daaraan nie. Jy wil hulle aan jou kant kry. Kry getuies by al jou doen en late en hou jou honde (gewere en leeus) weg! (Vroue en kinders vanselfsprekend ook.) Sulke mense soek verkeerde en angstige optredes. As dit in die hof draai is jou hande skoon. Hou die gebeure veral ook uit die hospitaal (of die begraafplaas)!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.