Kwalata-grondbesetting: Motoriste versoek om pad te vermy

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Die toneel Vrydag (10 Junie 2016) in die Dinokeng-wildsreservaat. Foto: Verskaf

Vermeende grondbesetters naby die Kwalata Lodge in die Dinokeng-wildsreservaat noord van Pretoria, het nog nie gehoor gegee aan ʼn tussentydse hofbevel wat Vrydag in die Gautengse hooggeregshof uitgereik is nie.

Prokureur Awie Moolman, wat optree namens die eienaars van die Kwalata-wildreservaat, het aan Maroela Media gesê volgens die tussentydse bevel word die onregmatige besetters verbied om die grensdrade te beskadig en of te verwyder. “Die besetters word ook verbied om die eiendom as sodanig te betree. Die balju van die hoë hof is ook gelas om met behulp van die lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die metropolisie die besetters van die grond te verwyder sou hulle nie hulle samewerking verleen nie,” het Moolman gesê.

Riaan Olivier, hoof van die plaaslike gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het Saterdagoggend aan Maroela Media gesê die besetters het egter, ten spyte van die hofbevel, gisteraand mure afgebreek en ongeveer 2 km van die heining platgetrap. “Hulle het boonop ongeveer 200 meter se heining gesteel – daar is nie meer enige pale of drade nie.”

Motoriste aangeval

Volgens Olivier het die persone ook in groepe opgedeel en motoriste op die Rust de Winter-pad aangeval. “Die betoging het na die N1-snelweg oorgespoel en hulle het omstreeks 01:00 die pad met klippe en brandende bande versper. Die polisie het omstreeks 02:00 orde gehandhaaf en die betogers het verdaag.”

Hy het gesê die paaie is intussen skoongemaak en die paaie is oop, maar hy versoek motoriste om nie van die Rust de Winter-pad gebruik te maak nie. “Sodra die betogings weer opvlam, kan motoriste weer moontlik aangeval word en dit wil ook voorkom of daar kalmte heers wanneer daar nie ‘toeskouers’ is nie.”

Reservaat nie meer beveilig nie

Olivier het bygevoeg die besetters het gister ook gepoog om ongeveer 20 erwe binne die reservaat uit te sit.

“Ons is ʼn groot vyf-wildreservaat en die grens is nou nie meer beveilig nie. Ons kan nie verantwoordelikheid aanvaar indien ons diere nou uit die reservaat beweeg nie. Dieselfde persone wat die heining afgebreek het, is nou blootgestel aan moontlike aanvalle van die diere,” het hy gewaarsku. “Ons kan nie aanspreeklikheid aanvaar indien enigiemand deur ʼn wilde dier aangeval word nie, omdat ons alles in ons vermoë gedoen het om die heining te beveilig.”

Hy het gesê die polisie het vroeër nie ag geslaan op waarskuwings dat daar onwettige optrede dreig in die gebied nie. “Die polisie moes twee dae gelede al opgetree het en die mense verwyder het.”

Volgens Olivier het die reservaat reeds minstens R500 000 se skade gely weens die heining wat afgebreek is. “Ons kan nie self die kostes dra en die heining herstel, as dit net weer afgebreek gaan word nie. Ons versoek die regering om die kostes te dra van die heining, omdat ons die polisie in kennis gestel het van die dreigende gevaar.”

Reaksie van Kekana-familie

Olivier het gesê die Kekana-gesin en die Kekana Amandebele-stam het hulleself formeel gedistansieer van een van die opstokers, Paul Masoma, se optrede.

Die Kekana Amandebele-stam en Paul Masoma is van die respondente in die hofbevel.

“Die Kekana-familie het Vrydag tydens ʼn hoëprofielvergadering met die ANC, die metropolisie en ander rolspelers hulself formeel gedistansieer van die optrede van Paul Masoma,” het Olivier verduidelik. “Hulle het dit duidelik gestel dat hy nie hulle of die Amandebele-stam verteenwoordig nie.”

Die Kekana-familie het glo die polisie versoek om op te tree teen Masoma, aangesien daar reeds in 2014 strafregtelike aanklagtes teen hom aanhangig gemaak is. “Die polisie het egter nie twee jaar gelede ondersoek ingestel of hom in hegtenis geneem nie, en die Kekana-familie is nou van mening dat hulle goeie naam weens sy optrede deur die modder gesleep word.”

Olivier het gesê daar was nog altyd ʼn interdik in plek, maar dit is nie gepolisieer nie. “As tussen 400 en 500 grondbesetters huise gaan begin oprig, gaan die polisie verdere bystand benodig,” het hy gesê.

Reaksie van die polisie

Kaptein Sarah Lesabane, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media gesê die polisie is steeds in die gebied en monitor die situasie. Sy kon nog nie bevestig dat polisiebeamptes vanoggend omstreeks 02:00 van rubberkoeëls gebruik moes maak om die betogers te laat verdaag nie. Sy het gesê die paaie in die gebied is tans oop vir motoriste.

Lees alle vorige berigte oor die Kwalata-grondbesetting op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wonder maar net ·

Wanneer word hulle gevang,in tronk gegooi,sleutel weggooi en beboet deur hof vir skade? Hulle sal moet opdok en betaal. Hoe weet ons dis nie deel van EFF se strategie? Hulle wil mos vat met geweld. Shame,en dan word hulle betaal om dit te doen. ANC is slapgat om op te tree. Die betogers wil ANC dwing om te teken. Pasop,dis deel van hul strategie.

Omgekrap!! ·

mens kan nie deur Hoofsenta beweeg nie. Robotte werk nie. sypaadjies onbegaanbaar. Hoof toegang roetes is lank nie meer toeganklik nie. Plunder, vernielsug, brand, plunder is aan die orde van die dag. Winkelsentrums is n “hijack zone” skole word geteiken en kinders word beroof. mense wat brand en plunder hul eie toekoms letterlik in die grond in. SAPS en beskerming is uit fokus. Ons land se verval. ekonomie en welstand is werklik tot kommer van almal se voortbestaan. waar kom die finansies verdaan? hoe herbou jy vertroue? hoe dwing jy respek af. wat verstaan die regering nie! al brand hul die hele reservaat af, rig pandokke op. brand hulle weer! die onbevoegde Regering kan bloot net dink aan nog verskonings en verplaas voortdurend die blaam

Andrea van Vuren ·

Standaard kommentaar: “Die polisie hou die situasie dop!” Ag shame!!!

Dave ·

Dit is die begin van due griit land grab. Poliesie dien niks want anc is deel daarvan saam met eff

rudi ·

Jy is reg en daar is feitlik niks wat jy teen ‘n skare van 400 kan doen. Tyd dat ons onself tot die ore toe bewapen en reg maak as dit stede toe oorspoel. Ons moet almal by ons lokale GPF aansluit en tyd dat al die GPF’s in die land ‘n gemeenskaplike struktuur kry en mekaar ondersteun as daar so iets in ‘n gebied ontstaan. As 200 gewapende GPF lede daar opdaag dan sal daar iets gebeur.

KP ·

Soos Zimbabwe sal ons dieselfde pad stap. Ons sal gedwing word om onself en ons eiendom te beskerm, hoe kan net God ons lei.

Eenvoudig ·

Maar as n motoris of grondeienaar aangeval word dan mag hulle mos verdedig en terugbaklei…

Koos ·

Dagvaar die staat/polisie vir skade gely hulle wil mos nie hulle werk doen nie.

Uys ·

Ek was vanoggend by die Carousel plaze gestop op N1 Suid.
SAPD het ons laat omdraai agv die gemors.
Jy ry langpad en luister na ń radio stasie.
Daar is ń behoefte aan ń noodnommer wat 24/7 geskakel kan word en die inligting oor al die radio stasies uitgesaai kan word.
Ek het 3 radio stasies probeer skakel sodat dit uitgesaai kan word om ander motoriste te waarsku.
Wel nie een het die oproep beantwoord nie.
Ek het video material waar ons by die tolhek moet omdraai wat op die dash cam vasgevang is.

Asjas ·

Ons kort nie net radio stasies wat al die goed uitsaai nie maar ook iewers waar ons al die dash cam footage kan laai. Ek kla nou al weke lank by Toyota Pat Hinde Boksburg oor een van hul voertuie maar die volgende oggend is hy maar weer besig om lewens in gevaar te stel.

Promtu ·

RSABC radiostasies saai nie meer onluste uit nie want Mr SABC se hulle mag nie

GPF lid ·

Ek is n GPF lid en nie meer vandag se kind nie en nog vrou alleen verlede maandag oggend het plakkerskamp zama_zama in ons omgewing zandfontein begrafplaas en hornsnek bestook met brandende tyers en klippe GODdank vir ons vinnige en sterk manne en vroue van GPF wat hul uitstekend van hul taak gekwyt het hul kook en stel hul lewens in gevaar vir ons luv julle

Andrea van Vuren ·

Gee mnr. SABC oogdruppels sodat hy meer perspektief het oor dinge in ons siek land!

Ander Koos ·

Het nou hofbevel, wat nou? Tog reeds oorbekend dat regering (anc) hom nie hieraan steur nie. Hierdie kan meer grondgrype “trigger”, veral met mun verkiesing om die draai gaan anc nie sy ondersteuners die harnas in jaag nie. Onthou onlangse gebeure by Hammanskraal?

Johann Marx ·

Ek sal hulle binne 90 dae self laat trek. Wat is die aanbod vir my tyd, kundigheid en sukses? Hulle sal voel of hulle omsingel is….

Alete Muller ·

Jy gaan meer werk hê as wat jy kan behartig…….hierdie is net die begin.

Johann Marx ·

Nee wat Alete, jy is verkeerd. As ek hierdie een reg hanteer, sal die volgende groep twee keer dink voor hulle ook “verdwyn”….

Liewe heksie ·

Johann al aanbod wat ek vir jou het is ondersteuning ASB ons moet erens begin

Andrea van Vuren ·

Kom ons kyk watgaan gebeur as die leeus en tiers deur die stukkende heinings bars. Wie gaan die pad vat? Raai wie?

Duitswes ·

Waar is die magtige VN & AU wie se hoofstroom beleid in terme van hul Konstitionele Wet / “Charter” [AU = Art 4(g), (h), (i) & 32(2)]is dat hul verplig is om in te gryp en vredesaksies te loods waar ernstige humanitere oortredings geskied (“any serious threat to legitimate order”)???? Hul kantore is in Pta “CBD” en Midrand. Die Deense Instituut vir Buitelandse Sake beklemtoon dat die Menseregte Wet / Internasionale Humanitere Wet die mense se veiligheid as kernpunt plaas en lei die wereld op in Vredesteun. Waar is die balans van regverdigheid deur Amnestie Internasionaal, Internasionale Media en die lande wat Menseregte so sterk voorstaan en uitbasein?? Alles het te doen met nationale/international onstabiliteit / terrorisme / volksmoord en / of enige tereur aksie teen die mensdom. Amerika waarsku teen ISIS in SA en die regering doen Bosberaad of daar werklik ‘n probleem is…Die land brand…Wie & Wat is ons dan dat ons nie gelyke beregtiging internationaal ontvang nie??? Ek vra maar net want my kleine verstand verstaan nie meer nie…

Rissiepit ·

Hallooooooo!!!!
Waar is die International Media nou soos byvoorbeeld BBC, CNN, DW, Royal News, Asian News, ens??? Bleik ons sal nou maar self hand aan die ploeg moet slaan as volksjoernaliste en die nuwe generasie se blitztegnolie gebruik om die wereld wakker te skud vir hulp.

Duitswes ·

Rissiepit, jy slaan die spyker op die kop! Amnestie Internasionaal en die plaaslike kantore van die VN & AU is ook selektief afwesig alhoewel hul ‘n konstitisionele humanitere verpligting het [Bv AU Artkels 4(g),(h),(i) en 32(2)]

John ·

Die Marikana-sage het verreikende gevolge. Dit word nou lieflik aangewend deur onwettige besetters. Die polisie moet nou sulke groepsaksies soos die res van die toeskouers net gadeslaan. Aan die anderkant van die die spektrum gaan die voorstaanders van besettings juis die verlamming van die polisie misbruik om te doen wat hulle wil. Miskien moet die polisie nou maar met speelgoedwinkel-pop-guns toegerus word. Ten meeste sal die klank van aksie darem opklink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.