‘Kwarantyn’: Pam is aangespreek oor m-woord, sê kykNET

Pamela ‘Pam’ Okkers. (Foto: kykNET)

Kykers van die kykNET-werklikheidsreeks Kwarantyn het hulle na sosiale media gewend om antwoorde te eis oor Pamela ‘Pam’ Okkers (53), ʼn deelnemer van die Scheepers-gesin, wat glo twee keer die m-woord gesê het tydens die program.

Dit volg nadat Jana le Roux (49), ma van die Le Roux-gesin wat teen die Scheepers-gesin meeding, Vrydagaand gediskwalifiseer is toe sy Donderdag die k-woord kwytgeraak het tydens ʼn speletjie op die program.

Okkers het glo twee keer voor die k-woord-voorval vir een van die jonger deelnemers in haar span gesê: “Hei jou m**d.”

Le Roux het ʼn herrie ontketen op sosiale media toe sy na ʼn k*****pak verwys het. Intussen krap kykers op sosiale media kop oor waarom Okkers nie dieselfde straf as Le Roux gekry het nie.

Volgens Karen Meiring, direkteur van M-Net vir kykNET-kanale, was Okkers se taalgebruik binne die kulturele konteks nie rassisties nie.

“Die woord het nie dieselfde betekenis en konnotasies vir verskillende groeperinge binne Afrikaanse taalgemeenskappe nie,” sê Meiring. “Ons betwyfel nie dat die woord wat deur Pamela gebruik beledigend en rassisties is én dat dit aanstoot kan gee nie, maar die konteks van die insidente verskil. Pamela se taalgebruik, gemik op die jonger vroue in hul span was beledigend, maar binne die kulturele konteks nie rassisties nie. Die deelnemer is baie streng oor hierdie taalgebruik aangespreek.”

Suzaan Keyter, bemarkingsbestuurder vir kykNET, het intussen bevestig dat al die deelnemers se stemlyne oor die naweek gesluit is nadat Le Roux die huis verlaat het. “Dit vorm deel van die program se bepalings en voorwaardes. Gerugte dat net sekere van die families se stemlyne gesluit is, is nie akkuraat nie,” sê Keyter.

Kwarantyn word 24 uur per dag regstreeks op DStv-kanaal 149 uitgesaai. Twee uitgebreide Afrikaanse gesinne, wat mekaar van geen kant af ken nie, ding in die program teen mekaar mee om as die gewildste gesin onder kykers gekroon te word en ʼn kontantprys van R250 000 los te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Dubbele standaarde en klaar! Wonder of jul self die twak verskonings glo wat jul uitdink. Julle bankrekening gaan die gevolge dra van jul belaglike politiek-korrekte speletjies. Absoluut pateties.

Natasha ·

Duidlik het Kyknet reeds besluit wie wen!
Was dit Le Roux wat dit gese het was sy ook gediskwalifiseer vir rassisme.

Marieta ·

Dit is nou al die soveelste keer wat dstv en kyknet so diskrimineer met hul onregverdige aksies, en tog hou blanke Suid-Afrikaners aan om hul te ondersteun. My ma het altyd gesê die wat nie wil hoor nie, moet voel. Nie eers n donkie stamp sy kop 2 keer teen dieselfde klip nie. Natuurlik sal dstv en kie net meer toenemend diskrimineer. Want hulle sal eers voel, as ons almal saamstaan en ons subskripsie stop. Gee hulle SPUR medisyne. Dit is nogals baie effektief vir diskriminasie siekte!

Mallie ·

Vader wee die mense wat die liefde nie het nie. Swets is swets. Die K-woord kan enige iets wees. Byvoorbeeld kan dit na Indiers ook verwys, maar hulle skop nie n herrie daaroor op nie. Word groot asseblief.

Scalla ·

Ons moet dstv boikot deur dit te stop as hul nie gaan optree nie en dus dubbel standaarde het, kyk in elk geval nie die sepie nie

Jacobus ·

Scalla DSTV het hulself nou al soveel maal in die voet geskiet. Byna nie ‘n voet om op te staan nie.

BoerSonderRoer ·

Ek het lankal my DSTV en Showmax af gesit, koop nie Toyota nie en ook nie by PnP nie.

Alexander ·

Kyknet en DSTV se liberale onderrok steek al lankal uit. Regversigheid en konsekwentheid stap by die deur uit sodra liberalisme uitstap.

Okmardom ·

Weerhou jou daarvan om na die program te kyk. Ons kla oor rassisme en hier word dieselfde beginsel juis gebruik waaroor ons kla. Hou op kyk!!

Niklaas ·

Ek mors maar nie tyd deur sulke programme te kyk, want hierdie diskriminasie is nogal algemeen

Leon ·

‘n Swart persoon mag ‘n with persoon die swart skelwoord vir witmense toesnou, maar jy mag nie andersom nie. Dit is suiwer blatante rassisme. Die ANC is die NP net in ‘n ander velkleur.

Elize ·

Ag hou op kerm julle klomp wat hierdie gemors kyk. As julle mooi oplet sal julle sien dat die TV ‘n aan en af knoppie het. Druk die af knoppie dan is julle ontslae van die gemors en op die “remote” is daar verskillende ander knoppies om te druk. Julle ondersteun hierdie lot so geniet dit wat in die kele afgedruk word

Drikie ·

KykNet is glo vir die afrikaanse gehoor? Ek glo amper nie so nie Afrikaans en die wat dit nog praat beteken niks in die land nie

Magda ·

Nie moeilik om dit te verklaar nie – Sy is NIE WIT nie – Hoekom kyk en betaal WIT mense nog DSTV – dit is n SWART Apartheids APP. Kyk nie na gemors nie.

Fedup ·

What is the m word?
Politically correctness is childish, unfair and taking away our freedom of speech.
Build a bridge and get over this stupid crap.

marius ·

Vervang die tv met ‘n vis tenk . Kies die kleur visse wat vir jou pas . Borrel is die enigste geluid en dit gaan nie sooibrand veroorsaak nie . Die visse wat hul wangedra , word met die kat gedreig .

Kruger ·

Kan iemand elle maand die lys woorde uitdruk wat ons nie mag gebruik nie??????? Flippen pateties. Daar is woorde in my taal wat NOOIT sal uitsterf nie EN ek sal hulle gebruik.

Jannie ·

Dat Kyknet en DSTV nie skaam kry om so openlik dubbele standaarde toe te pas nie kan ek nie glo nie. Wys jou maar net hoe het die tafels gesdraai teen ons. Daarom het ek lankal my DSTV gestop en daai geld gevat en vir my Wifi in my huis gesit. Kry baie meer waarde vir my geld.

Marthinus Johannes ·

Die “K” woord en die “M” woord is albei rassisties. Die een is manlik en die ander een is vroulik. Maar dis alleenlik rassisties as jy dit teenoor n ander nasie noem of van n ander nasie praat. Teenoor jou eie nasie is dit meer n tipe van skeltaal.

Petra ·

Ek merk op dat Maroela goeie beleid het ivm met gedrag op sosiale platvorms.
Dit sal die program bestuurders van Kyknet loon om dit na te streef, die dubble standaarde is onaanvaarbaar.
Dit sal Kyknet ook loon om die kwaliteit van hulle programatuur na te gaan,dit voel my al of daar toenemend afdraand geloop word met heelwat van die programatuur.
Ek wonder hoe naby die afgrond is?
Ek hoop van harte dat Afrikaans nie ook hier terwille van geld nogmaals verbete sal moet klou voor dit na benede tuimel nie.
Ek wil net se: BASTA my taal en kultuur is soos my SuidAfrikanerskap my DNA.
Kan julle jul self in die oe kyk?

Kaal Keiser ·

Wys net – as jy nie wit is nie – kan jy maak en doen en sê soos jy wil, Net wit mense moet hul dade en woorde tel. Moeg vir terugstaan en net die onnodige onreverdige behandeling moet aanvaar.

Juffrou ·

Ag nonens Karen Meiring! Dubbele standarde hier. Finish en klaar! Jy was tog só gou om Jana te veroordeel en vinnig uit te skop! Skop Pam ook uit. Nee, julle is té bang. Soos alles as jy ń sekere kleur is word jy net oor die vingers getik. Wees konsekwent Karen!

Die Wolf ·

Maklik Kyk net nie na KYKNET nie. Laat hulle maar vir niemand uitsaai nie. Sal gou verdwyn.

Dries ·

My opinie? Hierdie program is in elk geval goedkoop en eenvoudig ‘vermaak’. Waarom nie eerder opgeleide Suid-Afrikaanse kunstenaars en akteurs geleentheid bied om ‘n inkomste te vedien nie? Daar is hope wat sonder werk sit.

Juan ·

Net nog ‘n bewys hoekom ek nie KykNet of DSTV ondersteun nie… Hulle verskonings en redes is net so simpel soos hulle ”polities korrekte” optrede teenoor mede Afrikaners. Dis tyd dat ons as volk besef ons het meer liberaliste onder ons as wat ons dink en dis tyd dat ons hulle almal moet begin boikot – KykNet is die eerste… word wakker en neem ‘n standpunt in!

Anoniem ·

“Die woord binne Kulturele konteks is nie rasisties nie” en “ons betwyfel nie dat die woord rasisties is en aanstoot gee nie“ hierdie Meiring vroutjie weerspreek haarself erg! Maar wat kan verwag word van n persoon met dubbele standaarde!

Althes ·

Iets wat my opgeval het, is dat die Scheepers die meeste lugtyd advertensie gekry het as die LeRoux’s.
Kwarantyn verveel my in elk geval, so ek kyk dit nie.
Dubbele standaarde – wat die m-woord is ook ñ skeldnaam en rassisties in oorsprong.
Dubbele standaarde Karen Meiring, maak nie saakwat die kleur van die tong is nie.
Daar was ñ crimen injuria hofsaak waar ñ swart man ñ ander swart man die K-woord toesnou.
Kry jul feite reg Kyknet en diskwalifiseer vir Pam ook.

Peet ·

Snert program, daarom diè snert wat kwansuis nuuswaardig is.

Hester ·

SO HOEKOM IS SY NIE “GEFIRE ” NIE . GELD DIT NET VIR BLANKES . IS NET BLANKES RASSISTE OF WORD NET BLANKES ONDER DAARDIE KAM GESKEER. KYKNET LAAT MY DINK AAN DIE OU POLITIEKE PATYE : NASIONALISTE

Andrè ·

Karen Meiring op hair beste dubbel standaarde, gee nou al die geld vir di ander klomp,waarvoor not 2 maande se marteling

Lola88 ·

Absoluut Absurd!!!!
As EK nie ‘n woord mag gebruik nie, want dit word gesien as rassisties, dan mag JY ook nie! Wat geld vir een, geld vir die ander ook! WEEREENS super teleurgesteld in Kyknet! Hulle kan maar hierdie program verwyder, as hulle situasies soos die so onregverdig hanteer, hoe gaan hulle besluit wie wen? Nee wat Kyknet….

Hennie ·

Ek sal te skaam wees om te erken dat ek betaal om na sulke drek te kyk…

JOHAN ·

Wat is die M woord? As dit is soos wat pary mense hier beweer dan is dit nie rassisties nie.
Ek het al programme gesien waar die M woord deur Nederlanders gebruik word en dit beteken ‘meisie’
‘n M is dus ‘n meisie, hoe kan dit rassisties wees?

Jacobus ·

Het ons gedink dat skoensoener invertibrata van KYKNET/MULTICHOICE niks meer as ‘n tik oor die vingers gaan uitdeel. Lagwekkend dat sulke gewraakte terme by die Opsigter et al verby glip. Eintlk pateties.

Michael ·

As jy sograag tv wil kyk kry vir jou open view dit is verniet en het goeie programme. Ek verstaan ook nie al die nuwe afkortings nie dit is die K , M ,N ,B woord en ek kry nie die goed in n woorde boek wil voorkom as iemand nie van n woord hou maak jy jou eie afkorting want e ek weet nou nog nie wat n m woord is en daar oor nog in tronk beland.

Danie ·

Nooit geweet daar is ‘n m woord nie.
Ek wonder of iemand al hierdie taboe probeer verduidelik het aan my bure van die cape flats.

Roelf ·

Karen Meeiring speel met woorde – sy isn mantel draaier – wees net regverdig – wens die Le Roux gesin loop almal uit die huis – julle besluite is belaglik – stop die program – jule forseer dit nou op alle kanale – is KYK-NET bangkrot??

Stof ·

Oorsensitiwiteit vir woorde se aangeleerde latere betekenis, en onkunde oor die ware en mooi afkoms en betekenis daarvan, veroorsaak soveel onnodige konflik.
As dié wat so oorhaastig kla, selfs net ‘n greintjie kennis gehad het van sendingwetenskap, genialogie en taalwetenskappe, sou ons nie hierdie persepsie-probleme gehad het nie.
In hierdie geval, met die twee woorde wat hier betrokke is, sou imand met selfs net ‘n bietjie kennis van Nederlands, Vlaams en Latyn, nie aanstoot geneem het nie.

Jack ·

As ek reg is kom die woord van die engels wat in afrikaanse mond deur die jare verander is. Die k woord soos ek dit het het sy oorsprong in die Koran. Die boek is nie verban nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.