Kwart van mense wêreldwyd is glo korrup

Transparency International het tydens ʼn opname bevind dat een uit vier mense die afgelope jaar wêreldwyd omkoopgeld betaal het.

In Sierra Leone het ʼn verbysterende 84% van respondente aangedui dat hulle omkoopgeld betaal het, berig BBC. Lande wat hulle die minste aan omkopery skuldig maak, is Denemarke, Finland, Japan en Australië. Slegs 1% van respondente in elk van hierdie lande het erken dat hulle omkoopgeld betaal het.

In Suid-Afrika het byna die helfte, naamlik 47% van respondente, aangedui dat hulle hulself aan omkopery skuldig gemaak het.

Die foutmarge vir elke land is 3%. Eenduisend mense in elke land het aan die opname deelgeneem, buiten Siprus, Luxemburg, Vanuatu en Solomon Islands waar slegs 500 mense elk aan die opname deelgeneem het. Die foutmarge vir dié lande is 4%.

Klik hier om die res van die uitslag te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.