Kwart van Mpumalanga se stemme reeds getel

MpumaMeer as ʼn kwart van Mpumalanga se provinsiale stemme is teen Donderdagoggend om 05:00 reeds getel.

Uit van die provinsie se 1 678 stemstreke, is 444 reeds getel. Dit sluit 266 596 stembriewe in waarvan 3 757 bedorwe briewe was.

Die uitslae dui daarop dat die ANC voorloop met 194 525 stemme of 72.97%, die DA is tweede met 42 9666 of 16.13%. Die EFF is derde met 15 475 stemme of 5.8 % en die VF Plus vierde met 3423 of 1.28%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.