Meer as ʼn kwart van Mpumalanga se provinsiale stemme is teen Donderdagoggend om 05:00 reeds getel.
Uit van die provinsie se 1 678 stemstreke, is 444 reeds getel. Dit sluit 266 596 stembriewe in waarvan 3 757 bedorwe briewe was.
Die uitslae dui daarop dat die ANC voorloop met 194 525 stemme of 72.97%, die DA is tweede met 42 9666 of 16.13%. Die EFF is derde met 15 475 stemme of 5.8 % en die VF Plus vierde met 3423 of 1.28%.