KwaZulu-Natal: Een dood, 14 beseer in ongelukke

14 mense is beseer nadat 'n taxi in Tongaat by 'n wal afgerol het. Foto: Verskaf

14 mense is beseer nadat ‘n taxi in Tongaat by ‘n wal afgerol het. Foto: Verskaf

ʼn Vrou is Saterdag dood en 14 mense beseer in twee afsonderlike ongelukke in KwaZulu-Natal.

In die eerste voorval is ‘n vrou in haar dertigs dood toe haar motor naby Umhlali die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens Netcare 911 se woordvoerder, Santi Steinmann, is sy op die toneel dood verklaar.

In die tweede voorval het ‘n taxi in Belvedereweg, Tongaat by ‘n wal afgerol. Die taxi is aan die een kant gedeeltelik oopgeskeur en die meeste passasiers is uit die taxi geslinger.

ʼn Man met noodlottige beserings is naby die taxi gevind terwyl nog ʼn persoon met kritieke beserings met ʼn helikopter na die Albert Luthuli-hospitaal geneem is vir verdere sorg.

Paramedici het nog 13 mense vir verskeie beserings behandel. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.