KwaZulu-Natalse LUR dood weens Covid-19

Bheki Ntuli is na ‘n kort siekte weens Covid-19 dood. (Foto: Verskaf)

Die KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling, Bheki Ntuli, is Saterdagmiddag weens Covid-19-verwante oorsake dood.

Sihle Zikalala, KwaZulu-Natalse premier, het gesê Ntuli is ná ʼn kort siekte in ʼn Durbanse hospitaal dood. Hy was 64 jaar oud.

Ntuli is in 2019 as LUR aangestel en sy dood is as ʼn groot verlies vir die provinsie bestempel.

“Ons is diep bedroef deur sy dood en wil ons opregte medelye aan sy familie en die provinsiale uitvoerende medelye betuig,” het Zikalala gesê.

Sowat ʼn vyfde van alle Covid-19-gevalle in Suid-Afrika was tot dusver in KwaZulu-Natal en meer as 6 200 sterftes is reeds in die provinsie bevestig. KwaZulu-Natal het teen Saterdagaand 62 478 aktiewe gevalle van Covid-19 gehad, het die minister van gesondheid vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bernard ·

Daar’s ‘n dodelike korrelasie tussen mortaliteit en oorgewig.

Anoniem ·

Bernard dit is nou algemene kennis dat mense met onderliggende siektes ‘n groter kans staan om die virus op te doen. Soos bv diabetes, TB, vetsug ens. Ouer mense het baie keer een of ander onderliggende siekte, daarom is hulle meer vatbaar vir die virus.

Daleen ·

Bernard jou kommentaar is ongevraagd in die tyd waar daar baie mense is wat geliefdes agv die VIRUS en nie OORGEWIG verloor het. En ongeag ras dit is hartseer. Glo m y dis nie net OORGEWIG mense wat doodgaan nie.

Bernard ·

So dis, volgens jou, nie waar nie. Maak oop jou oë! En wie het ras genoem?

Blomme ·

Mens kan bietjie meer sensitief wees met jou kommentaar.. Veral as jy vd gelukkiges is wat nog nie deur die virus geraak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.