Kwessie oor uitgelekte vraestelle allermins ‘afgehandel’

(Argieffoto)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) eis steeds ʼn dringende en volledige ondersoek na die uitlek van tweede matriekvraestelle.

Regter Norman Davis het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria beslis die oorskryf van die twee uitgelekte matriekeindeksamenvraestelle is ongrondwetlik en matrieks hoef nie hierdie vraestelle oor te skryf nie. Die burgerregtegroep AfriForum het die departement onder meer oor die besluit hof toe gesleep.

Die tweede wiskundevraestel en die tweede fisiese wetenskappe-vraestel sou ingevolge die besluit op onderskeidelik 15 Desember en 17 Desember oorgeskryf moes word.

Davis het egter beslis dat die besluit ongrondwetlik is. Dit beteken dat geen matrikulant wat bona fide opgetree het die aanvullende eksamens hoef af te lê nie en dat hul eerste poging gemerk en die punte beskikbaar gestel sal word.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die SOS, sê die departement moenie die saak nou as afgehandel beskou nie en dat die geloofwaardigheid van die land se matriekeksamen steeds die belangrikste aspek is wat gepak moet word.

“Tydens die hofverrigtinge het die departement slegs ʼn voorlopige ondersoekverslag aan die hof voorgehou en dit wil voorkom asof die departement deur die herskryf van vraestelle ʼn volledige ondersoek wou probeer systap.”

Buys sê gebreke in die stelsel moet uitgeskakel word sodat daar in die toekoms nie weer enige kans is vir ʼn herhaling van dié fiasko nie.

Die SOS het ook voorgestel dat skole in die toekoms ʼn keuse het oor watter eksamenliggaam hulle wil gebruik om hul eksamens te reguleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie J ·

Nee, die kwessie is beslis nog nie afgehandel nie. Daar behoort dadelik bevoegde kaders (as daar so iets is)aangewys te word om hierdie sweer tot op die been oop te vlek en om die skelm leerders individueel te ontmasker; die minister, wat in haar pleitskrif tot die hof gejok het dat sy nie die besluit vir herskryf geneem het nie, welke stelling deur die hof verwerp is, moet dadelik van meineed aangekla word.

Baardman ·

Deprtement was dan mos betrokke, waarom anders dan die systappies

Martie Smartie ·

Die SOS en DA staan in der waarheid die vertrapping vd grondwetlike regte van eerlike matrikulante voor.

Hansie ·

Hoe kom nou jy nou die stelling neer Martie?
En waar sien jy enigsins die DA se naam in die berig?

Martie Smartie ·

Hansie, as jy die media dopgehou het, sou jy gesien het dat reg vd begin af het die SOS en DA gepreddik dat die twee vakke oorgeskryf moet word. So beide het vere gevoel vir die 98% matrikulante se eerlikheid en wou onmiddellik die hele klas pakslae gee or een of twee stout was. Daai dae is verby ou Hansie. Daar is metodes om die skelm matrieks uit te vang. Jy verstaan nou beter ne Hansie?

marius ·

As leunaars en lafaards besluitnemers van mense se belange word , seevier onderduimsheid . Dis die waarheid .

Jacobus ·

Dis omdat elke ou op ‘n donkie tenders kry om dinge soos eksamen drukwerk te doen. Maak mens bekommerd oor entstowwe en Covid toetse terwille van werkskepping.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.