Kwessies oor suiker, staal in parlement gepak

Argieffoto

Vraagstukke en geleenthede in die Suid-Afrikaanse suiker- en staalbedryf is Dinsdagoggend in die parlement gepak toe die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid daaroor vergader het. Groter  sekerheid is ook verskaf oor die toekoms van die Hoëveldpark-kompleks by Emalahleni (Witbank) in Mpumalanga, en Saldanha Staal aan die Weskus.

Die departement van handel en nywerheid het gesê die land het suikerplantasies van sowat 365 000 hektaar wat deur 14 suikermeulens bedien word. Benewens die sowat 22 500 suikerboere is daar ook 85 000 direkte en 350 000 indirekte werksgeleenthede ter sprake in die bedryf, wat ʼn omset van omtrent R16 miljard het.

Die suikerbedryf is gesetel in KwaZulu-Natal en Mpumalanga, met die belangrikste produksiegebiede by Malelane, Komati, Pongola, Umfolozi, Felixton, Amatikulu, Darnall, Gledhow, Maidstone, Dalton, Noordsberg, Eston, Sezela en Umzimkhulu.

Die mees onlangse suikeroes was die laagste sedert 1983, en die oppervlakte onder suikerverbouing het sedert 2005 met 70 000 hektaar afgeneem.

Die grootste probleem is dat die internasionale suikerprys tans laer as die Suid-Afrikaanse produksieprys is, met die regering se suikerbelasting wat die bedryf verder smoor.

Suikerprodusente boer dus deesdae grootliks teen ʼn verlies. Die regering het dus met die suikerbedryf begin saamwerk om te bou aan ʼn suiker-meesterplan om die bedryf te red.

Wat staal betref is dit al jare lank so dat die wêreld meer staal produseer as wat gebruik kan word, wat internasionaal ook ʼn probleem is, soos gesien kan word uit die agteruitgang van die staalbedryf in byvoorbeeld die VSA en Brittanje.

Die Suid-Afrikaanse regering het dus nou ʼn invoerheffing op staal ingestel ten einde die plaaslike bedryf te help beskerm.

Die aankondiging etlike maande gelede dat Saldanha Staal sy deure sou sluit, het die land en spesifiek die Wes-Kaap geskok, met die nasionale asook die Wes-Kaapse regering wat hard probeer om ʼn koper te kry en die staalaanleg oop te hou.

Tot dusver was daar drie groot belangstellendes, maar die onderhandelings het tot dusver nie tot ʼn suksesvolle transaksie gelei nie.

Ook wat Hoëveldpark by Emalahleni betref is onderhandelings oor herlewing aan die gang, met ʼn kleinerige mate van sukses wat behaal is, en die hoop op groter dinge in die toekoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

PieterP ·

Invoerheffings op staal. Ja julle dooie wetters, voer die erts uit China toe en dan word ons eie staal weer ingevoer. Julle hef nou ‘n nog beter belasting daarop ook. Julle vermorsel werksgeleenthede plaaslik prop die Chinese in en ons word belas daarop. Lekker slim is julle nê. Julle vermorsel elk en iedere bedryf. Daar gaan niks oorbly nie maar dit sal ook apartheid se skuld wees.

Simon ·

RAMAPOSA luister nou mooi:
1) Die destydse tuislande was geskep om onder andere julle op te lei om te kan boer, ambagte te leer, te skool om te kan adminsteer, tersiere opleiding te kry om julle op die Westerse vlak en standaard te kry voordat julle die wereld ingestuur word, ens. Raadpleeg die Hansard vir verdere eerlike inligting in die verband.
2) Ongelukkig vir julle het julle verkies om die kommunis te gevolg wie julle gehelp het om hierdie mooi land en al sy mense te kaap en nou binne byna 3 dekades ALLES WAT GOED WAS, in sy peetjie in te regeer en te bestuur. Bewys dat julle ongelukkig nog nie gereed was om so ‘n enorme taak op julle eie aan te vat nie.
3) Dus, om hierdie land en al sy mense weer op ‘n pad na sukses te plaas, doen die eerbare ding en oorhandig die regering aan die kundiges en leer by hulle. Jy weet mos wie is die kundiges, ne?
Dankie.

Pieter Rubeus ·

Ja so versmoor die ANC staat alles met onmenslike belastings. Gaan so voort ANC en julle eie mense sal julle eet en uitspoeg as verraaiers en kommuniste.

john ·

As ek so kyk na party mense se kommentare lyk dit vir my as off hulle geen idee is wat invoer belasting is en wat dit veronderstel om te doen nie. invoer belasting is n heffing op die invoer van staal so dat dit duurder raak en dat sodoende plaaslik vervaardigde staal beter kan kompeteer teen die verhoogde prys van die ingevoerde staal. So dit is n positiewe stap nie n negatiewe stap om meer belasting te vorder nie. Vooral as mens moet kompeteer teen goedkoop labour pryse van China. dit beskerm on plaaslike vervaardigers

Genis ·

ANC gaan een van die dae staan vir African National China movement

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.