Kwota-fiasko: Netbal SA in die hof gedaag oor afrigter

Theresa Rossouw (Foto: Solidariteit/Twitter)

Solidariteit het vandag stukke op Netbal SA beteken om hul dissiplinêre aksie teen ʼn afrigter op hersiening te neem. Dit volg nadat Theresa Rossouw, voormalige afrigter van die Mpumalanga Sunbirds verlede jaar tydens die kwarteindrondte van die Telkom Netballiga in ʼn rasseherrie gedompel is omdat sy na bewering te min wit spelers op ʼn gegewe oomblik op die baan gehad het.

“Netbal SA tree deurlopend fundamenteel onregmatig, onbillik en onregverdig op,” sê Hennie Bierman, hoof van die gildes by Solidariteit. “Hul aanvanklike besluit om die Sunbirds te straf weens verregaande rasreëls was belaglik. Dit is jammer dat hulle nou boonop ook ons lid persoonlik wil dissiplineer. Die ergste is egter dat hulle nie eens ʼn billike prosedure deur die loop van die proses gevolg het nie.”

Solidariteit eis dat die finale waarskuwing wat deur Netbal SA aan Rossouw uitgereik is, hersien en tersyde gestel moet word.

“Ons lid is reeds deur ʼn geweldige vuurdoop weens onregverdige reëls wat die sport waarvoor sy lief is versuur. Die ongelooflike druk wat dit op haar en haar familie geplaas het, is ontsettend skadelik. Ons kan nie toelaat dat dit haar loopbaan ook bedreig nie,” het Bierman gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Mpumalanga Sunbirds het in Oktober 2020 met die Kingdom Queens in die halfeindstryd van die Telkom-netballiga afgereken, maar het kort daarna gehoor dat hulle nie aan die transformasieregulasies voldoen het nie en van hul punte gestroop word. Die span was hul plek in die finaal kwyt omrede hul te min wit spelers tydens die wedstryd op die baan gehad het.

Theresa Rossouw, afrigter van die Mpumalanga Sunbirds, het onsuksesvol teen die bevinding geappelleer. “Die feit dat ek as afrigter – sonder dat ek dit besef het – soveel teleurstelling kon veroorsaak is verskriklik. Ons was op die aanval en ek en my assistent se volle aandag was op die spel gewees; hulle is my spelers en ek kyk nie na kleur nie,” het sy vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tipper ·

Hoeveel wit spelers in Caizer Chiefs en Orlando Pirate’s. Huh.

Pieter ·

Een van die dae het mense te veel wit bloedselle ook!
Hulle weet hulle werk op mense se senuwees en is ‘n irritasie (mmoi gestel) en hulle lag hulle patattas af van lekkerte. Hulle sal hulle eie vingers af byt net om spitefull te wees want anything goes, solank wit pyn het…
Dis die verskil tussen ons en sal sekerlik ‘n bose kringloop wees vir die res van hierdie aarde se bestaan…

Casper ·

Stappe is gedoen oor te min wit spelers op die baan was.Wat van rugby en krieket.Hoeveel wit spelers is daar in die nasionale sokkerspan.Dubbele standaarde Mnr Mthethwa.Daar sal dringend na sokker gekyk moet word.

Gert ·

Ek kan nie glo hulle kerm omdat daar te min wit is nie gewoonlik is dit teveel wit

Sêmanet ·

Daar is belangriker goed om oor te stres as netbal spelers. Regtig?

Kobus ·

Netbal is uiters belangrik vir diegene wat daarby betrokke is, net soos enige ander sportsoort. Onregverdige kritiek en belaglike aantygings versuur en ontwrig deelnemers se lewens. Dis niemand se reg om hul ondervindinge te kritiseer en te verkleineer nie. ‘n Mens moet waak teen selfsugtigheid.

Nie Verbaas ·

En so verwag hulle dat almal hulle kniee moet knak voor korruptes wat nie eers die land kan bestuur nie. ANC, mens verdien respek. Jy druk dit nie in kele af nie. Die res van die wereld gaan nie hul standaard verlaag om by julle aan te pas nie.

Suzette ·

Ag werklik…….. dan is daar te veel van ‘n kleur, dan is daar te min van ‘n kleur, dan is die kleur verkeerd, dan is die kleur reg – dis so belaglik!! Ek wens die mense wil bykom.

Tanniepetoors ·

Klink meer na komplot om opposisie te elimineer as kwota oorskryding. Belaglike wedstryd vereistes in elk geval.

Casper ·

Hoekom is ons Springbokke uit die rugbykampionskappe weggelaat.Regstellende aksie en nie die tydsgleuf nie.Regstellende aksie gaan veroorsaak dat geen land teen ons wil needing nie behalwe die AU lande.

anko ·

Sport moenie gaan oor kleur nie, jou plek moet verdien word. Kerm nou nog na al die jare? Leef in die toekoms nie die verlede nie. Regtig

Andre ·

Te min wittes op die baan?
Is die berig korrek of is besig om dit heeltemal te verloor?

Villie ·

Andre, so belaglik as wat dit is, is die berig ongelukkig korrek. Jy is nie besig om dit te verloor nie. Niks verbaas meer in Suid Afrika nie.

Anti-Verkramp ·

So wat is die wit-kwota vir ‘n netbalspan? As dit gaan volgens demografie, moet dit minder as 1 speler wees.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Te min wit spelers?! Ander sporte kla weer van te veel wit spelers! Dis nou totaal lagwekkend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.