Kwotastelsel vir sport eers op ys

Argieffoto.

Argieffoto.

Die departement van sport het besluit om hul omstrede beplande kwotastelsel, wat meestal swart spelers sou bevoordeel, tot volgende jaar uit te stel.

Beeld het Dinsdag berig Fikile Mbalula, die minister van sport, en verteenwoordigers van atletiek, krieket, sokker, netbal en rugby het Maandag vergader.

“Ná 20 jaar van demokrasie moet ons ons skaam dat daar steeds fundamentele foutlyne in ons gemeenskap is,” het Mbalula tydens die vergadering gesê.

Mbalula en die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) het op 5 April aangekondig dat stappe geneem moet word om die gebrekkige transformasie in sport aan te spreek.

Die kwotastelsel, wat reeds in die nasionale sportplan van 2011 aangeteken is, sou met erns voor die algemene verkiesing op 7 Mei implementeer word.

“Ons gaan volgende jaar aandring dat die 50/50-proporsie verander na ʼn 40/60-verteenwoordiging op provinsiale en nasionale vlak,” het Mbalula toe gesê. Hy het gedreig dat enige sportfederasie wat teen dié kwotastelsel gaan skop, hul borgskappe en nasionale kleure kan verloor.

Verskeie organisasies en politieke partye  het reeds hul stem teen die kwotastelsel dik gemaak. – SAPA

Lees ook:
Mbalula se raskwotas vir sportspanne is onwettig
Steun van internasionale sportliggame oor sportkwotas
Sportminister is “Nar van die Week” – VF+
Klagtes teen SA sportliggame wat voor regering se kwotadruk swig
Nuuskommentaar: Gaan SA weer sportisolasie tegemoet weens kwotas?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.