Kwytskeldings ‘klap in gesig van misdaadslagoffers’

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die aankondiging deur pres. Cyril Ramaphosa dat hy die straf van sekere kategorieë gevonniste oortreders gaan verminder, wys dat hy en sy party se lippetaal bloot net leuens is.

Só sê Glynnis Breytenbach, DA-woordvoerder oor justisie en korrektiewe dienste, oor Ramaphosa en sy party se lippetaal oor die oppergesag van die reg en hul oppervlakkige verbintenis tot die bekamping van misdaad wat hoogty vier in Suid-Afrika.

Volgens Breytenbach werk die polisie, ondanks beperkte hulpbronne en erge druk, baie hard om met geen of min erkenning misdaad te ondersoek en bewysstukke vir verhore reg te kry. “Aanklaers werk net so hard om in dié sake te vervolg in ʼn poging om Suid-Afrika ʼn veiliger plek vir almal te maak. Die vrugte van hul harde arbeid word nou beloon met spesiale kwytskelding vir meer as 14 000 veroordeelde misdadigers.”

Breytenbach meen verder dit is ʼn klap in die gesig vir die duisende Suid-Afrikaners wat daagliks slagoffers van misdaad is.

“Daar sal aan geen van die voorgeskrewe voorwaardes vir parool voldoen word nie en wanneer ’n groot aantal van die wat vrygelaat word weer na misdaad terugkeer, sal ons president ongetwyfeld weer ‘geskok’ wees. Hierdie keer sal hy nie kan doekies omdraai nie, maar die skuld moet dra.”

Ronald Lamola (middel). (Foto: Twitter)

Ronald Lamola, minister van justisie, het Maandagmiddag gedurende ʼn mediakonferensie in Pretoria aangekondig dat Ramaphosa die kwytskelding goedgekeur het.

Lamola het gesê dit is egter nie geldig vir gevangenes wat skuldig bevind is aan seksuele oortredings, moord, poging tot moord, gewapende roof, hoogverraad of sabotasie of terrorisme, kindermishandeling en huishoudelike geweld nie.

Dieselfde geld ook vir gevangenes wat lewenslange tronkstraf opgelê is, gevangenes wat as geestessiek gekwalifiseer is of gevangenes wat as gevaarlik deur ʼn hof geklassifiseer is.

Volgens Lamola is die gevangenes wat kwytgeskeld gaan word hoofsaaklik diegene wat reeds onder korrektiewe toesig is of op parool vrygelaat is. Hy het gesê slegs 8,99% van die meer as 160 000 mense wat tans in gevangenisse is, sal vir die kwytskelding in aanmerking kom.

Pule Mabe. Foto: Twitter

Die ANC het die aankondiging verwelkom. Pule Mabe, nasionale woordvoerder van die party, het gesê rehabilitasie en versoening sowel as die genesing van die verhouding met slagoffers van misdaad is een van die belangrikste hoekstene van grondwetlike demokrasie.

“Saam moet ons voortgaan om ʼn samelewing te bou wat sy burgers ʼn tweede kans gee en hulle bemagtig om tot nasiebou by te dra.”

Volgens Mabe is die ANC bly dat sekere gevangenes nie vir die kwytskelding in aanmerking kom nie, aangesien dit ʼn duidelike boodskap stuur aan diegene wat hulle aan dié tipe oortredings skuldig maak dat die samelewing nooit die soort misdade sal duld nie.

“Die ANC doen ʼn beroep op oortreders wat ʼn tweede kans kry om dit met albei hande aan te gryp en om hul daartoe te verbind om te werk aan ʼn veilige, regverdige en vreedsame samelewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

JK ·

Wat meer kan mens verwag van die hoof van n terroris groep. Jy gaan tog nie baie verwag van ISIS af nie ne.

Michael P ·

Hierdie President gaan nog lang trane huil oor waar na hy mik met SA. Die man is n groot 2 gesig. Mooi praat op T V en baie agter af van T V af. Dit is maar hoe n kommunis werk.

Sakkie ·

Ek is bevrees dis die nuwe slagoffers van die kriminele wat gaan lang trane huil

Siener ·

Gebruik eerder hierdie misdadigers om ons land weer skoon en netjies te kry.

Retha ·

Ek stem. Waar gaan hierdie mense nou werk kry? Hulle sal hulle weer moet wend tot misdaad om aan die lewe te bly.

André André ·

En ‘almal’ het destyds met sy verkiesing tot president loop vertel hy is die volgende messias!

Wepner Viljoen ·

Johan, het hulle al daaai jare vir ‘freedom’ baklei, en mens kan sweer die wêreld hou tot op vandag Afrika gevange.

Celeste ·

1.Die tronke is so oorvol daar is nie tyd vir rehabilitasie nie. Basiese behoeftes soos eettyd neem eenvoudig te veel tyd in beslag.
2. Waar gaan die vrygelates werk kry “om die beste te maak van n tweede kans?” So hulle gaan maar weer verval in misdaad en die keer dalk erger misdade pleeg.
3.Onthou die kans dat hulle nie aan bendes behoort voor die tyd is skraal…. Maar as hulle uit die tronk kom is die kans nul…bendesoldate aan die buitekant is eenvoudig boodskappers op n missie…
Die ANC sal nooit die doodstaf terugbring nie…Want van Eskom tot die “goedhartige” vrystelling van gevangenis is “controling the masses” taktiek. Fear is control.

Juffrou ·

Nie goed deurdinkte besluit in n land waar misdaad hooggety vier nie. Baie teleurstellend

Nettie ·

@Juffrou, watter besluit wat enige een in of van die a en see gemaak het, was al OOIT ‘n deurdinkte besluit? Hmmmmmmmm ……………….. vra my na Krismis weer, miskien het ek dán al vir jou ‘n antwoord.

J van Rustenburg ·

die ANC is nou maar ‘n party van 2de 3de en 4de kanse en glo dat jammer alles kan reg maak

Suzette Geringer ·

Dit is hoekom die gemors in ons land so arrogant is want hulle weet hulle kom niks oor nie en as hulle dalk gevang word, dan word die saak uitgegooi, opgeskort of tronkstraf verkort. Lekker om ‘n uitvaagsel in SA te wees- daar is geen verantwoording nie.

Anel ·

En waar gaan hulle bly en werk? Gaan maar net weer misdaad pleeg. Ai, tog.

Japie ·

Misdadigers maak van ons huise en plase hulle inkopie sentrums. Nou word hulle vry gelaat na lang en duur ondersoeke en hofsake net om weer misdade te pleeg. Baie geluk CR. Jy is nou hulle held. Baie gaan dit maar net weer doen.

Piet Roux ·

Regtig gedink daar was iemand in die ANC wat eerlik sou probeer om ons mooi land te bestuur Skynbaar toe nie

Kantlyn ·

Hoe kan “die ANC dit verwelkom” ??Verstommend hoe onosel ons kabinets lede is. Waarskynlik omdat 90 persent van hulle self sit met kriminele rekords ! Ons land word regeer deur kriminele. Geen doekies om te draai nie.

Nothing New ·

A country for criminals ruled by criminals and their goons. In all honesty people… what else do you expect? The ANC is a slap in the face of humanity and the so called Constitution not worth the paper it is written on. Freedom of movement… right to safety and security etc … it just doesn’t exist in SA no matter what the colour of your skin. This country is a savage wasteland and the rulers and their supporters spat on the so called fight for freedom. What a farce.

Me ·

Weet nie hoekom hulle tronk toe gaan misdadigers niet hard gestraf word hul moet ledemate af sit vir wat hulle doen

Niklaas ·

Gevangenestraf is geen afskrik middel meer nie. Lekker kos, wasgeriewe, skoon klere en sagte slaapplek vir misdadigers , dan amnestie en kwytskelding en nou kan dit nie net eenmalig gebeur nie maar jaarliks want n presedent is geskep. Natuurlik geld dit nie vir mense soos Janus Wallis en Vicky Momberg ens nie. Natuurlik nie.

Piet parys ·

So JANUSZ WALUS word dan seker ook vrygelaat want na regte moes hy lankal vrygelaat word want hy sit nou langer as wat die reels en regulasie van die tronk of geld dit net vir swartmense . Chris Hani se vrou het mos die finale sè . Wit slagoffers se gardes en familie het nie dieselfde reg nie

Johanna Botha ·

58 moorde n dag en 106 verkragtings n dag ….die anc het nie beheer oor niks nie !

Henry ·

Weereens moet die publiek en belasting betalers aan die kortste end trek. Ons loop al reeds so deur onder kriminele. Nog 14000 duisend kriminele op die straat. Ons gaan nog sien hoe word die kriminele deel van die statestiek deur ander kriminele Ons gaan te min wetsgehoorsame burgers en belasting betalers wees in die land. Tyd om ander blyplek te soek. Die land gaan crime invested wees en ons sal nie survive nie. Het julle al gesien as ‘n boot sink is dit altyd die rotte wat laaste afspring. God help Suid-Afrika.

HPV ·

Dit is een rede om jou vuurwapen te behou en altyd byderhand te hê. Duisende misdadigers word nooit gevang, die wat gevang word word egter weer losgelaat om hul beroep te hervat. Viva afbrekers, brandstigters, plunderaars, rowers en moordenaars in die land mag julle ongehinderd julle beroepe beoefen. Viva ANC so doen julle in elk geval voort.

My mening ·

Kan nie glo hy doen dit met misdaad wat alreeds buite beheer is nie. Nou plaas hy duisende misdadigers terug in die gemeenskappe. Maar soos gewoonlik sal daar waar een of ander verskuilde agenda wees om mense soos die studente aktiviste vry te laat. Hy trek weer een of ander voordeel uit hierdie besluit en gee glad nie om hoe die gewonde landsburgers weer onder hierdie gekke besluit gaan ly nie.

My Stem ·

Wonder hoeveel gevaarlikes gaan deur die krake na buite glip!!

Peter ·

Hierdie lot krims gaan seker Ramapaddapot se ‘;Goue Stad” bou!!!

Vra Net? ·

Waarom is daar onderskeid tussen die verskillende misdade? Misdaad is Misdaar!! Klaar waarom nie dan almal oor dieselfde kam skeer nie? Hy skeer die kam net so dat Walus en die wat sit vir “hoog verraad” nie vrygelaat mag word nie.

Ai Tog ·

Doodstraf moet terug – dan sal die tronke nie vol raak nie, en gemors nie in die strate vry loop nie.

Joe ·

Hulle moet eintlik gebruik word vir harde werk, soos klippe kap om paaie te bou en vaalrivier skoon te maak, dan sal niemand omgee as hulle betaal word en vryheid verdien nie

Geskok ·

Ek is net geskok, wag maar tot die kriminele aan sy deur kom klop, dan sal ons sien of hy nog dink hul hoef nie die hele straf te sit nie, party kry in elk geval so min straf !!!!! Cyril bring eerder doodstraf terug vir moordenaars en verkragters, dan sal die tronke leeg genoeg wees, dit sal ook verhoed dat meer mense dit doen. Dit help nie jy swaai plakate dat hul dit nie moet doen, hul weet hul kom niks oor!!!!

Schalla ·

Vicky is seker bly dat sy ook Kersfees by die huis gaan wees!

HPV ·

Schalla, sien is glo, mens moet in ag neem sy is wit en sorteer dus onder die anc regime se tweede stel wette.

JohanR ·

Kan net hoop dat elke goverment in Suid Afrika hou maar net vir 40 jaar voordat die mense soe gatvol is met hulle, dat hule iemand anders in stem. Dit meen darem dat die ANC is by 2034 weg! Voor 2034 sal ons seker moet by die stembus met kerse en flitse stem!

Pieter ·

‘n Tegniese vraag: “Kan die president aanspreeklik gehou word wanneer een van hierdie vrygelate misdadigers weer oortree?”
Duidelik is daar geen erns om misdaad en korrupsie uit te roei nie. Die president het Suid Afrika gefaal.

Sarel P ·

Gaan weer probeer verduidelik sou mm my toelaat. Belasting en werkskepping deur misdaad en misdaadbekamping is een van SA se hoofstroom inkomstes en sorg verder vir werkskepping, derdens sorg dit ook vir sogenaamde herverdeling van rykdom.

A Mac ·

Mense, die spreekwoord sê soort soek soort. Hoekom nou so verbaas wees met die “versoeningsdaad” van die president? As hy nie eers van die korruptes in die parlement kan ontslae raak nie, dan raak hy ontslae van die misdadigers in die tronke. Sal graag oor ses maande die statistieke wou sien van hoeveel van die wat kwytskelding gekry het is weer terug agter tralies.

Johanna Botha ·

Presies n klap is die gesig van slagoffers en wetsgehoorsame burgers ….anc is maar n flop hoor !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.