Kya Sands-brand: Duisende ontwortel

Die brand by Kya Sands. Foto: ER24 / Twitter

Die brand by Kya Sands. Foto: ER24 / Twitter

Agt mense is vir rookinaseming behandel en nagenoeg 2 000 mense is ontwortel na Donderdag se brand in die Kya Sands informele nedersetting in Johannesburg.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê sowat 500 plakkershutte is in die brand vernietig. Volgens Radebe moet daar nog vasgestel word presies hoeveel mense ontwortel is, maar is daar volgens aanvanklike waarneming minstens 2 000 mense dakloos gelaat.

Radebe het gesê agt mense is op die toneel deur paramedici behandel en dat niemand in die hospitaal opgeneem is nie. “Ons praat ook met gemeenskapslede om te probeer vasstel of enige van hulle naasbestaandes vermis word.”

ʼn Kerk in die omgewing het Donderdagaand verblyf verskaf aan van die mense terwyl nie-regeringsorganisasies vir die mense kos en klere gereël het.

Die oorsaak van die brand word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Die Regereing moet hulle mense leer om nie net te plak waar hulle n oopstuk grond sien nie.Die probleem is orals waar daar geplak word betoog hulle oor water paaie toilette dan wil hulle nog verniet kos ook he

Oom Jaap ·

Alet, ek stem 100% saam met jou. Hierdie mense moet regtig eerder vir hulle erwe in Waterkloof of Sandton gaan koop en vir hulle lekker groot huise bou. Met die salarisse wat hulle betaal word om in ander mense se huise of tuine te werk of motors te was behoort hulle dit mos maklik te kan bekostig.
Ek hoop jy sien die sarkasme raak.
Ja, ons regering mors ons belastinggeld en sorg nie vir die mense vir wie hulle verantwoordelik is nie, maar ons moet ophou om simplistiese oplossings uit te dink vir mense wie se situasies ons glad nie verstaan nie.
Was jy al in ‘n plakkerskamp? As ek daar gebly het sou ek dalk ook betoog het oor die gebrek aan infrastruktuur.

monika ·

Ja oom Jaap ons verstaan baie goed wat ten duurste vir belastig betaal. Hulle weet baie goed wat was die oorsaak van brand. Soek seker weer nuwe huise. Plaaas hulle die grense toe maak, dan sal ons eie mense meer werk gekry en beter leef. Ons betaal vir ander lande se mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.