Kyalami onder die hamer

kyalami 1Die gewilde Kyalami-renbaan in Midrand wat onlangs gelikwideer is, gaan op 24 Julie op ʼn veiling verkoop word en kan nagenoeg R200 miljoen haal, het The Times Vrydag berig.

High Street Auction-afslaers gaan die veiling behartig. Lance Chalwin-Milton, ʼn gesamentlike besturende direkteur van die maatskappy, het aan die koerant gesê dat renmotorentoesiaste en eiendomsontwikkelaars wys groot belangstelling in die 72 hektaar-eiendom.

“Ons het selfs belangstelling uit Amerika en Europa vir die eiendom ontvang en is verras oor Kyalami se legendariese status,” het Joff van Reenen, direkteur van die afslaers, gesê.

Van die mense wat belangstel om Kyalami te koop, het aangedui dat hulle die Suid-Afrikaanse Grand Prix wil terugbring.

Volgens die maatskappy is daar geen reserweprys op die veiling geplaas nie en dit sal die grootste veiling van sy aard in Suid-Afrikaanse geskiedenis wees. Dit is ook die land se eerste renbaan wat op ʼn veiling verkoop word. Die veiling word by Summer Place in Sandton, Johannesburg, gehou.

Renjaers soos Nigel Mansell, Alain Prost en Ayrton Senna het al om die baan gejaag. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Snaaks, is die prys wat die renbaan kan haal, nie min of meer wat Nkandla gekos het nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.