Kyalami vandag opgeveil

kyalami 1Die gelikwideerde Kyalami-renbaan kom Donderdag in Hyde Park, Johannesburg onder die hamer.

Die plaas Bothasfontein, beter bekend as Kyalami, is ‘n 72 hektaar eiendom in Midrand.

High Street Auction Co, die afslaers, het vroeër gesê dit is Suid-Afrika se eerste renbaan-veiling.

Lance Chalwin, die maatskappy se besturende direkteur, het verlede Donderdag gesê die veiling gaan voort nadat daar ‘n hofaansoek was om dit te keer.

Elf applikante het aangevoer dat hulle sekere regte op die eiendom het. Die hof het egter gelas dat die veilig voort kan gaan.

Die hof het wel ’n hersiene reserweprys van R200 miljoen gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petrus Swanepoel ·

Kyalami-renbaan is ‘n legendedariese plek vir motor en motorfiets sport, ek het nou nog foto’s van byeenkomste wat gehou is wat ons bygewoon het as tjokkers en jong manne. Dit lyk of die skrif aan die muur is dat grond gaan ontwikkel word vir eiendom. Alle goeie dinge kom seker tot ‘n einde!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.