Kyk: AfriForum verduidelik veldtog op VSA-nuuskanaal

Roets (regs) in gesprek met Tucker Carlson.

Kort nadat AfriForum weer onder skoot gekom het van die Suid-Afrikaanse regering oor lede se besoek aan die buiteland, het Fox News ʼn onderhoud met AfriForum op die program Tucker Carlson Tonight gebeeldsaai.

Die minister van internasionale betrekkinge, Lindiwe Sisulu, het tydens ʼn voorlegging aan die parlementêre perskorps gesê AfriForum blaas die situasie in die land buite verhouding op. “Sommige videogrepe wat hulle gebruik, is baie aanmatigend en van hul aansprake is uiters oordrewe. Die gruwelverhale wat AfriForum vertel, is egter blatant onwaar. Diegene wat sulke onwaarhede versprei, dra nie die land se belange op die hart nie. Ons vra hulle dus, as mede-Suid-Afrikaners, om op te hou daarmee,” het Sisulu gesê.

ʼn Onderhoud wat Tucker Carlson vroeër met Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, gevoer het, is intussen kort ná Sisulu se uitlatings in Amerika gebeeldsaai. Volgens Nielsen Media Research het Tucker Carlson Tonight sowat 2,9 miljoen kykers gehad in die eerste drie maande van die jaar.

Tucker het Roets onder meer uitgevra oor sy boek Kill the Boer wat binnekort uitgereik word. “Die boek gaan oor die regering se aandadigheid in die vlaag plaasaanvalle en -moorde in Suid-Afrika. In die afgelope twee dekades was daar omtrent elke dag twee plaasaanvalle en twee plaasmoorde elke week. In die boek beklemtoon ek 10 verskillende redes hoekom ons glo die regering is aandadig. Daar is onder meer ʼn toename in plaasaanvalle in 2007 waarna die regering nie meer statistieke oor plaasaanvalle bekend gemaak het nie.”

Roets het ook gesê hulle is baie bekommerd oor haatspraak in Suid-Afrika en dat liedere soos “Kill the Boer” nog gesing word. Volgens Roets was hul oorsese veldtog ook grootliks daarop gemik om inligting te versprei oor die regering se voorneme om onteiening sonder vergoeding ʼn werklikheid te maak.

“In Suid-Afrika is daar ʼn hiërargie van erkenning. So, wanneer sommige mense die slagoffer is, dan is dit oral in die nuus en jy hoor dikwels daarvan, terwyl ander mense, veral wit boere in Suid-Afrika, doodgemartel sal word en dit sal baie min nuusdekking ontvang. Dis ongelukkig die situasie oorsee ook.”

Tucker het Roets tydens die onderhoud gevra wat hy graag wil sê aan die media of mense wat AfriForum se uitlatings as vals afkam. “Ek dink daar is drie dinge. Eerstens wil ek sê alles wat ons verkondig, is gegrond op feite en navorsing. Verder moet mense wat in Suid-Afrika wil belê vir die regering sê: Julle vra ons om hier te belê, maar julle wil daardie beleggings onteien.

“Tweedens het ons met die Amerikaanse regering gesels en hulle gevra om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas. Dit kan op ʼn paar maniere gebeur. Derdens wil ons lede van die publiek en die media vra om ons te help deur hieroor te praat as ʼn manier om druk op die regering te plaas om nie met die beleid [van onteiening sonder vergoeding] voort te gaan nie.”

Kyk die volledige onderhoud hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Al ·

Jul is tops Afriforum! Sedert ek ñ lid jare gelede geword het, het ek vrede in my gemoed dat ek jul help om positiewe veranderinge in die land te bring en vir geregtigheid te veg.
Elke stem (lidmaatskap) maak ñ magtige dreuning.

Ronel ·

Miskien moet die vroumens saamgaan na ‘n plaasaanval toneel sodat sy kan sien hoe daai tonele werklik lyk. Miskien sal sy dan haar woorde sluk.

marous ·

Heg die fotos al is dit hoe grusaam aan elke Suid Afrikaanse ambassade se hekke vas , wereldwyd ….

Koen ·

n Prent praat n duisend woorde. Wys fotos, dit sal as skokkende bewys van realiteit dien.

Boervrou ·

Die enigste manier om die regering te oortuig van hoe grusaam ons boere vermoor word is om hulle na die tonele te vat sodat hulle dit kan beleef as hulle dan sê Afriforum oordryf. Sodra mense na aan hulle iets oorkom maak hulle “n vreeslike bohaai daarvan . By wie moet ons hulp vra. Ons enigste hoop is ons God.

Bekommerd ·

Ernst, het jou onderhoud gekyk en BAIE dankie vir wat julle doen. Julle kry baie kritiek maar daar is wel baie meer mense wat jul harde werk waardeer!!

bgj van der westhuizen ·

die anc regering hou nie daar van dat die waar hied uit kom nie gaan woord met dit doen goeie job

Gatvol ·

Fantasties Afriforum!!
Wens dat Cooper Anderson ook julle ‘n tydgleuf kon toestaan!!
Sisulu…’stil!!… jy is ‘n leunaar en dra by tot dierbare mense se moorde! Jy knyp joh oë toe, en dink jy gaan wegkom daarmee!!’
Jy moet ook eendag sterf… ons almal gaan…
Maak nou reg wat julle verkeerd doen, want die hel is ‘n werklikheid!!!
Afriforum…. ons Whiteys, en hope van my swsrt en bruin vriende staan bankvas agter julle.
Ons bid vir julle.
Dankie… uit ons harte uit…. Dankie.

Lothar ·

Laat minister Sisulu my asb kontak….ek gaan haar plaas toe vat waar my skoonma E Erasmus brutal vermoor is.

leser ·

anti lindi lulu, moenie met jou oë teen jou vel van kleur vas kyk nie, maak jou kyk wyd en jy sal sien die tyd staan nie stil nie, mense, boere en hul vrouens, bejaardes, mense wat Wit is, word “VERMOOR”.
Een van die dae het jy ook nie meer kos in jou huis soos wat met zimbabwe die geval is.
WIT mense word VERMOOR en ek glo enigiemand wat kontak het met die buite wêreld versprei die woord, so hulle glo die woord wat afriforum verkondig

Basson ·

Nee Sisulu – dis eintlik jy wie baie aanmatigend en oordrewe is.

Nou is ons kamma ‘mede-Suid Afrikaners’, maar in werklikheid is dit oop seisoen vir jou en jou bende op wittes in SA. (Soos ook bevestig deur M Mbeki gister by Nampo)

Afrikaanse Knaap ·

Ek dink net die minister moet vrou alleen op ‘n plaas in Suid-Afrika gaan bly. Sonder haar sekuriteit wat my belasting geld ten duurste betaal.

foxi ·

DIS DIE WERKLIKHEID SISULU….DIE WERKLIKHEID! Gaan kyk self. Jy sal nie slaap as jy dit gesien het nie! Almal is mos verkeerd….net julle die ANC is reg! Gaan gly elders. Dit raak ons mense geweldig.

Hendrik ·

Ja nee vanoggend moes Kallie Kriel maar bontstaan onder in RSG se monitor teen die omroeper en Pieter du Plessis van die Huffington Post. Dit is ongelooflik hoe RSG se omroeper openlik kantvat saam die linkse Huffington Post. Soos Kallie ook gese het dat daar is ‘n verskil tussen “Public opinion and Popular Opinion” Die Afrikaner se grootste vyand is die linkse pers.

Al ·

Dis juis die linkse pers wat ook rasseverdeeldheid aanblaas in SA. Ñ Boer wat sy werker na bewering aangerand het, is hoofnuus terwyl slagoffers van geweldsmisdaad skaars die hoofnuus haal. Skandelik!

Piet ·

Ronel sy sal graag wil saamgaan want sy sal haar daarin verlekker. Jy kan maar ander insette van sommige lesers lees. Baie blanke mense is steeds koud en traak-my – nie -agtig teenoor die boere se delemma. In hul droomwereld het geweldadige uisprake en lietjies van oorlog geen effek op hulle nie. Hulle eie kinders sal nog moet aansoek doen vir vlugteling status. Mens kan net hoop dat Afriforum kry hul boodskap oorgedra.

Andrea ·

Ja… Soos my wit, Afrikaner gewese vriendin gesê het: “Eks nie n Boer nie (want ek bly in die stad), eks nie n Afrikaner nie, eks n Suid-Afrikaner. Ek vereenselwig my nie met die Boere en hul dinge nie. Daarom raak die plaasmoorde en gruwels my en my kinders nie”.
Arme idioot.

Klein Boer ·

Stem saam met andrea. Ons bly in die stad, is nie n boer, my grond gaan nie gevat word!

herman.goosen ·

Deur aktief die regering se rassisme en diskriminasie bloot te stel is in belang van die land en sy mense. Deur gelate dit te aanvaar word jy deel van die problem en word sulke gruweldade toegelaat om te floreer. Soos die gesegde lui “Ewil floreer as goeie mense niks daaraan doen nie”

Ons moet almal brawer word en die slegte aanvat – Hetsy dit ‘n regering of individuele karakters is.

Tokkie ·

Elmien dup Plessis en Max du Preez is net so skuldig soos die regering en eff aan plaasmoorde met hulle oningeligte uitlatings

Bert ·

Ek stem saam. Op een of ander stadium gaan daar ‘n konneksie gemaak kan word tussen onverantwoordelike uitlatings en opswepery deur linkses met plaasmoorde. Net so ook op ons wit stedelinge en ons gesinne. Behoede die dag wat dit gebeur want daar sal gevolge wees. Linkses verkondig breedsprakerig sg wit skuld en dat ons misdadigers is agv apartheid.

Mrs H ·

Wat is dit wat Sisulu probeer wegsteek? Die wat sy die fokus op Israel probeer sit? Hoekom se Cyril niks? Daar word al jare bohaai oor plaasmoorde gemaak. Nie een van hulle kan se dat hulle van niks weet nie.

Deon ·

Sisulu het dan nou die SA Ambassadeur in Israel teruggeroep nadat daar, volgens bewering 60 Palestyne deur Israel se gewapende magte doodgeskiet is. Sisulu voer dié geweldsdaad as rede vir die terugroep aan. Sy kan dus nie onderskei tussen geweld en geweld nie. Die geweld in SA gaan nog ook met marteling gepaard! Weer eens dubbele standaarde.

JSG ·

SA ondersteun dan die Palestyne en Israel vat nou nie nonsens van kabouters. Sy lewe was dalk in gevaar oor SA se standpunt.

Ruby ·

Dankie Afriforum!
Ek was vanoggend warm onder die kraag na die radio onderhoud op RSG ook.
Dit gaan my verstand tebowe dat jy skynbaar intellegente mense kry wat weier om in te sien dat solank ons as wit minderheid in Suid Afrika gemarginalisseer word, organiesasies soos Afriforum MOET poog om ‘n effense balans te bring deur juis te fokus op wat met ons minderheid (wittes) in die land gebeur. Sodra die regering ophou om ‘n onderskeid te maak tussen rasse en so fokus om uitsluitlik op die meerderheid te konsentreer met sosiale hulp en projekte soos huis verskaffing, werk geleenthede ens. sal ‘n organisasie soos Afriforum nie nodig wees nie.
Hou so aan Afriforum.

Ons Stem ·

Soos dinge in die land gaan voel mens soms mismoedig en of daar min hoop is AfriForum -Julle doen nou uitstekende werk.Moet nie hier ophou nie.Maak julle veldtog groter en doen nog meer om bewusmaking te bewerkstellig.Ek weet regtig nie vir wie om volgende jaar te stem nie.Dis JAMMER AfriForum is ‘n burgerregte organisasie en nie ‘n Politieke party nie!! Ek sou verseker vir hulle stem!!

Oom Kalahari ·

@ Basson, jou stelling is mooi uiteen gesit en so waar.
@ Tokkie, ook jou skrywe verwys na die regte uitwysings, maar sit Mnr Habib by asook RSG met hul gevolg en dan is daar gedurig ‘n baksteen of twee hier wat uitlokkend is.
Afriforum ons is trots op jul asook om jare lange lede te kan wees en sien wat jul vir ons doen en waar jul vir ons opstaan. Mev Sisulu probeer om nie gesigwaarde te verloor vanaf die planeet waar sy bly nie. Kommunisme en strategiee was deurtrek in Afrika wat tot derde wereld gelei het en baie moorde en lewens verliese. As jy eers iemand verloor het sal jy verstaan, want ek het ‘n Ma en broer verloor wat onvergeetlik bybly en moeilik is om te verwerk. Daar was nie Staats begrafnisse of bystand nie, maar op jou eie. Hoop die werklike Geskiedenis word herskryf vanaf 1994 sodat my kleinkinders en verder besef wat hul in gedwing en verkoop is.

Nettie ·

Nooit gedink ek sou dit sê nie, maar nou doen ek dit: “Welgedaan, Afriforum! Welgedaan en doe zo voort”.

DÍT IS DIE SOORT RUWE, “NAAR MAAR WAAR” blootstelling wat die situasie en blanke mense in SA broodnodig het. Me. Siesa-Sisulu lewe met haar koppie (met die inskroefhare en al) hoog bo die wolke – sy sien niks, sy hoor niks en – soos haar mede politiese- en rasgenote – doen sy ook niks nie.

En as feite voor haar gegooi word, wat sy nie kan ontken nie, dan skud sy stééds kop en sê “Nee, dit is nie so nie. Dié of dáái een wat dít gesê het, lieg/het my verkeerd verstaan/het my verkeerd aangehaal en dit is Jan van Riebeeck/Apartheid se skuld”.

Ons sal NOOIT wen, as ons nie soos ons voorgeslagte maak en ten spyte van die onsekerheid en opoffering wat dit van ons gaan verg, terúgbaklei en wys – daar vloei Boerebloed, gemeng met staal, in ons are.

SP ·

Puik! Roets en Kriel se VISAs is 10 jaar geldig, dus kan julle gereeld terug gaan om die Amerikaanse media intelig. Dis tyd dat die VSA ingelig word en ingelig bly oor die gebeure in SA. Die huidige regeering is lank nie meer ‘n bevrydings organisasie nie maar wel een wat verdruk.

WYS HULLE ·

Neem Elmien du Plessis en Prof Habib en Me. Sisulu na een van die plaasmoordtonele, waar die bloed nog teen die mure sit en op die vloere opgedam het en oor die tafel en stoele in die kombuis gespat het .. GAAN WYS HULLE ASB, hulle leef nog in ontkenning. Wys ook die FOTOS (wat die publiek nie mag sien nie) van die oorledenes, die kindertjies en BABAS inkluis waar hulle uitmekaar gekap, verkrag en VERBRAND is .. GAAN WYS HULLE!!! Dis al hoe jy leer .. jy moet sien .. lyk my die ongelowige Thomasse gaan NOOIT plaasmoorde glo voordat hulle gesigte nie daarin gedruk word nie!!

Trots ·

Dankie Afriforum ek is trots op julle bly ek is ‘n lid van julle.Hou so aan.

Foto's ·

Ek vra asseblief ek weet dit is baie moeilik maar kom ons doen dit vir die slagoffers stuur die fotos aan van julle geliefdes waar hulle vermoor is na Kalie hulle,hulle sal dit vir die regte mense wys wat ‘n verskil kan maak. Asseblief al is dit hoe hard.Julle is geregtig om die fotos in julle dossier te sien van die toneel.

rollie ·

Genade mense. Van die plaasmoorde is grusaam maar daar is net sulke grusame moorde in die townships, mense wat in stukke opgesny word vir muti, ens. Wit mense word nie MEER GRUSAAM vermoor as ander rasse nie.

Frans C ·

En daarmee bevestig jy dat die ANC ‘n mislukte regering is.

Nope ·

Nee rolie, township moorde gaan nie gepaard met die wrede marteling van townshipmoorde nie, hoeveel keer moet ons dit nog vir jou sê?

jaco ·

hierdie ding gaan lelik backfire in die gesigte van Afriforum en ander wit mense wat hulle nie eens steun nie.
Dieselfde kan maklik gebeur wat in Zimbabwe gebeur het: die wit mense het lekker gelewe tussen 1980 en 2000. Mugabe se ooreenkoms met hulle was “you stay out of politics and I will take care of you”. hierdie ooreenkoms het heel goed gewerk. verskeie wit Zimbabwiers het my in daardie tyd gese “you south Africans must come and learn from us”. Daar was wel probleme in die land. Daarom is die MDC uiteindelik gestig en dit het vinnig gegroei as opposisie teen Mugabe. En toe begin die wit mense ook die MDC te steun, selfs met hulle geld. die gevolge is bekend: Mugabe het teen hulle gedraai, hulle onderdruk en weggejaag.
Dieselfde kan maklik in SA gebeur.

Andrea ·

Ek hoor wat jy sê, Jaco, maar wat stel jy voor hoe tree ons op? Hoe hanteer ons die diskriminasie, moord, geweld en aanblasing van haat teen ons? Jy sien, Zuma of Cyril het nie vir ons gesê dat hy na ons sal omsien solank ons ons monde hou nie en uit die politiek bly nie. Het hy dit dalk vir jou belowe? Want ek hoor net, “One Settler, one bullet” en “Kill the Boer, kill the Whites” sedert die 90’s. So asb, en eks nie sarkasties nie, verduidelik vir my hoe moet ek as wit, Afrikaner Boer hierop reageer, of hieroor dink?

christa ·

mooi so Agri wel gedaan, hou so aan. Sisulu en die regering sal moet wakker skrik.

koos ·

terwyl Afriforum nou so die SA regering “aankla”, kla dan sommer ook oor regstellende aksie nou al so ver gegaan het dat daar vir kleurlinge en indiers wat werk soek goed gese word soos “sorry no job for you because you are not black enough”. ek suig dit nie uit my duim nie. daars talle sulke gevalle. Die diskriminasie en rassisme is dus nie net teen wit mense nie. ander rasse wat nogal slagoffers van apartheid was, kry ook swaar onder die ANC wat sogenaamde “liberation” vir hulle gebring het.

henk ·

Dankie tog hulle het dit op Fox news, ek is in Amerika en dis nou waar mens dit wil sien. Ek smeek nou al maande by my senator om my te help met dit. Mens voel so “useless” as niemand wil luister nie, soos een ou hier gese het “it’s political incorrect to talk about white people suffering in South Africa”. Meeste Amerikaaners is darem nie dom nie en die wat gekyk sal wel verstaan. . Wil ook net noem dat daar wel mense oorsee is wat die slagting van die Boere meer bloodstelling probeer gee. Ons dink en bid vir julle elke dag.

John ·

Lelike dinge is aan die kom in SA. Die lewe gaan beslis moeiliker gemaak word ipv maklik met die glo wonderlike biometriese sisteem wat die so vrome binnelandse sake wil invoer. Buiten vir die geldmorsery en onuitvoerbaarheid, sal die dna-opnames misbruik kan word. Die jag van rasse in die toekoms is nie uitgesluit nie en met die minister wat reeds links en regs sekere groepe uitkryt en ander besing kan die sake vorentoe net erger word.

White Rhino ·

Ek hoop die mense wat altyd so teen Afriforum is – is bly oor wat hulle vir ons doen.
Uitstekend Afri!!!!
Trots op julle en ek is ‘n trotse lid!!

DC ·

Dis n wondelike gevoel dat jeugleiers na vore tree en die gemors wat my generasie vir Afrikaners veroorsaak het begin uitwys. En die bewerasie v Lindili en ANC cronies wys nou reeds hoe bang hulle is. CR hier kom groter probleme as waarvan jy gedroom het toe Roelfi en kie so ore aan gesit is. Julle verswelgingsbeleid maak swartmense die grootste verloorders. Selektiewe diskriminasie is olie op die vuur vir hernude Afrikaner nasionalisme.

Valerie ·

O gits, moet net nie dat RSG (die anti-blanke, anti-Joodse, en ant-boer) stasietjie dit sien nie want dan maak hulle hulself dalk weer nat. Luister maar self.

anti rsg ·

Ek luister gladnie na RSG nie. Dis ‘n eensydige spul bymekaar. Veral ‘n sekere aanbiedster. Weet nie hoekom werk sy enigsins by ‘n afrikaanse radiostasie nie want sy speel tog so graag die rassekaart

Casper Labuschagne ·

Intussen is daar op JoepTjoep ‘n video van die ander groot Afrikaanse Mediagroep waar hulle hul triomf in vanoggend se debat met Afriforum uitbassuin. Maar dan kom verskeie artikels op Fluffington Post se webblad waar Afriforum van alles beskuldig word vanaf die sondes van Apartheid tot die pleging van volksmoord op akademici.

Goeie ou boerehaat vanaf die Afrikanerswartskoendraers is nog altyd ‘n barometer van hoe effektief jy is, gevolglik is dit ook dan die hoogste lof wat Afriforum kan kry.

Afriforum, doe zo voort!

Heila Fourie ·

grusaam
‘n paar jaar gelede het ek fotos van plaasmoorde op die internet gesien. die vrou in die bad is keelafgesny en die bloed het tot teen die plafon gespuit. dus was sy nog lewend. die ander fotos was net so grusaam ek kan dit nie beskryf nie maar die bloed was oral teen die mure en die man se gesig was papgeslaan. ek kon nie verder kyk nie.
Die Hemelse Vader weet dit is waar.
Heila Fourie

Blondie ·

Mooi man, Baie dankie Ernst.
Ek glo en vertrou jul gaan ‘n verskil maak. Dankbaar my geld word tengoede benut.
Sterkte

Christa J ·

Minister Sisulu, is die antwoord nie dat julle as regering die werklikheid in die oë moet begin kyk dat ALLE rasgroepe in Suid-Afrika moeg is van geweld en misdaad nie? Indien julle as regering hierdie probleme in die land onder beheer gehad het en bewys kon gelewer het dat julle op die wenpad is, sou julle ten minste aan die buitewêreld bewyse kon lewer het dat julle die misdaad van n kant af begin uitroei het – wortel en tak. Ongelukkig is julle nog in n struggle mentaliteit wat die heeltyd moet “aanval” of verdedig. Lig julself hieruit en begin die land op n verantwoordelike manier regeer. Julle sal verbaas wees oor die positiewe samewerking wat julle van Jan Allerman sal kry.

Hendrik ·

Hierdie soort van nuusdekking is baie belangrik. Dis egter ‘n probleem as die aanbieder ‘n feit-fout maak en sê dat “legislation has been passed”, wat nie die geval is nie. Ons moet die regte feite oordra en ons kant 100% skoonhou. As VN sê dat Apartheid ‘n misdaad teen die mensdom was, help dit nie ons probeer die teendeel verdedig nie, dit breek net ons geloofwaardigheid af en gee mense soos Pietertjie van Huffington Post nuwe skietgoed. Dieselfde geld om na die plaasmoorde as volksmoord te verwys. Dit doen skade aan ons goeie saak. Ek plaas baie inligting oor onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde op my Facebook blad waar my Amerikaanse vriende dit kan sien, maar ek sal nie halwe waarhede of hoogs aanvegbare stellings plaas nie.

Jacobus ·

Het ‘n ruk terug ook vir die One America News Network (OAN) gekontak om lugtyd te gee aan ons saak. Hulle het vandag weer ‘n insetsel geplaas.

Sien dit op YouTube by:

South African Black-Majority Gov’t to Seize White-Owned Urban Properties

https://www.youtube.com/watch?v=t8CwmbVQpAk

Die volgende stap is dat President Trump oor ons saak moet begin “Tweet” op Twitter en dit op die TV en in Koerante bespreek.

Yankee ·

Sal nooit gebeur. Saak was gestel, en Fox het alreeds vergeet. Glo my, al hier 25 jaar. Kyk Fox elke aand.

Donald ·

Ek kyk ook FOX elke dag. Lyk my Yankee kan die toekoms voorspel of wil he die toekoms vir Suid Afrika moet volgens sy hart se begeurte uit speel????

humor ·

Ons wag dat ander kleuriges wat ewe eens slagoffers is van geweldmisdaad soortgelyke teenreaksies sal loots. Dit sal geweldige gewig verleen aan Afri Forum en gewis die anc regering skut.

Daan ·

Ronel my eie opinie, ek dink nie sy sal haar woorde sluk nie, ek dink hulle hou daarvan, en ek laat my nie vertel hulle het nog nie hierdie lelike moord tonele gesien nie. En EK! vermoed hierdie plaasaanvalle is gladnie net somme net rowers nie ………………………………….

Pietman ·

Bitter min respek in elk geval vir ons sogenaamde “joernaliste” in Suid-Afrika. Is slegs opgelei om persverklarings in hulle eie woorde oor te skryf en dan hulle persepsie vn die waarheid te verkondig. kyk gerus na die tipe vrae wat hulle vra tydens onderhoude – hulle weet wat nie hoe om die regte vrae te vra nie – vat alles op “face-value” . Gaan kyk na Washington Post vir ‘n voorbeeld van ordentlike joernalistiek.

Wynand ·

Die ANC moet erens tot sy sinne kom. Ek dink Afriforum druk die regte knoppie

Donald ·

Die ANC het nie sinne om aan te kom nie. Skryf dit op jou hart en vee dit uit.

bollie se wollie ·

Sisulu is korrek. 60 moorde ‘n jaar is nie gelyk aan 2 moorde elke week nie.

Donald ·

Niks wat Roets daaraan kon doen nie. Die onderhoud met roets het laas week plaas gevind en is insetsels op die program net baie goed gedoen. Die stellings van Tucker is “live” gedoen Maandag aand. Gaan kyk weer dan kan jy dit sien. Ja dit is nie korekte stellings gewees nie, maar onthou Amerikaanse media fox of te se CNN oordryf altyd hulle punte om meer belangstelling te lok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.