Suid-Afrikaners het Vrydag, soos gewoonlik, die ekstra myl gestap om hul steun aan die Springbokke te wys, in aanloop tot Saterdag se Wêreldbeker-rugbyfinaal teen die All Blacks.
Hier is ʼn paar foto’s en video’s wat entoesiastiese ondersteuners en skole op Bok-Vrydag gedeel het.
Laerskool Van Riebeeckstrand in Kaapstad oefen lynstane, kompleet met ʼn “klein Kolbe”.
Dié pa en seun van Klerksdorp het die gees van Bok-Vrydag na ʼn volgende vlak geneem.
Die Laerskool Dr Havenga in Roodepoort het veral moeite gedoen om hul ondersteuning aan die Bokke te wys.
Die VKB Landbou se bloed is groen. “Ons wens die manne alle sterkte toe met die groot eindstryd die naweek. Ons staan bankvas agter julle. Bring die beker huis toe.”

Met ʼn bietjie kreatiwiteit het Checkers Sixty60 Parys Vrydag in die “nie-amptelike kleur” van die Springbokke drapeer. “Bring dit huis toe manne!”
Werknemers van Landskroon Wines voel ook die gees.
Die Laerskool Mooirivier in Potchefstroom se junior revuegroep is stoere Bok-ondersteuners.

So staan die meeste mense bankvas agter die Bokke. Go Bokke!
Ah. Rugby. Die tweede grootste geloof in SA
Hoekom kan almal nie so saamstaan om die ongeregtigheid van die nuwe suid afrika te beveg nie?
Want dit is nie binne die publiek se beheer nie. En die beplanning is al dekades lank aan die gang vir vandag.
Brood en spele vir die massas. Daar is ook darem die wie bestand is teen bokkoors.
Hoor hoor…. ek “duik” eerder my vroulief more 21h00 plat as om na dit te kyk. Nie teen dit nie, maar al die hype is dit nodig?
So word leertyd gemors
Ten minste voel hulle goed oor iets wat die hele land aan die praat het. Die ander kere wat leertyd gemors word is dit vir atletiek, swem, tennis, skaak, watookal. Die kinders is nie robotte nie. So klein, klein bietjie positiwiteit doen nie skade nie. Probeer dit gerus
Wonderlik… maar ek kan nie wag dit nou ook agter die rug kom nie. Die gees van mense is een ding maar…. die Winkel, resturante en verdomp oral voel soos n druk gang.
Kersfees is oppad, dan kan jy weer nie wag vir Januarie nie. Dan kom Valentynsdag, en dan die paashaas.
So karring die suurknolle, die wat lankal opgegee het, die wat se liggie dof is, maar aan in hul negatiwiteit.
Ek stem saam. Daar is maar Fase 6 loadshedding in party mense se gemoed. Selfs ‘n ou kersie kan meer lig in hul omgewing gee as van hierdie klomp met hul donker gemoed