Kyk: Bykans 100 bid vir boere in bibberweer

Motorfietsryers en motoriste het met plakkate en kruise in ’n stoet na die Uniegebou gery. (Foto: Verskaf)

Bykans 100 mense het die bibberweer Saterdag trotseer om by die Uniegebou in Pretoria vir boere in Suid-Afrika te bid.

Dié biddag is deur die organisasie United Against Farm Murders and Attacks georganiseer en deur mense van sover as Kaapstad bygewoon.

Motorfietsryers en motoriste het met plakkate en kruise by die Builders Warehouse Zambezi in Montana bymekaargekom en in ’n stoet na die Uniegebou gery.

’n Ene Patrick Styles het selfs met ’n kruis van Derby in Noordwes na die geleentheid gestap.

“Die dag het baie positief afgeloop en ons het vir die veiligheid van en beskerming vir ons boere gebid,” sê Kallie Roux, lid van dié organisasie.

Een van die vele vlae wat Saterdag tydens die gebedsdag gedra is. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig dat die organisasie die afgelope paar jaar verskeie optogte teen plaasmoorde en -aanvalle gehou het, onder meer om voortdurend bewusmaking oor dié voortslepende probleem te kweek.

“As jy nie die aandag daarop gevestig hou nie, dan word dit genormaliseer. En dít mag nie gebeur nie,” sê Roux.

“Ons moet ook voortdurend op ons knieë voor God bly. Die terreuraanvalle op Suid-Afrikaanse plase is toenemend ʼn bedreiging vir voedselsekuriteit en werkskepping.”

Die gebedsdag is met die sing van “Onse Vader” afgesluit.

Roux sê daar is tydens die gebedsdag ook opnuut aandag op die Witkruis-monument in Limpopo gevestig, waar nóg 37 kruise op 4 September vanjaar opgerig sal word.

Enigiemand wat by dié geleentheid betrokke wil raak kan Lita Fourie by 060 414 6129 bel.

Patrick Styles het van Derby in Noordwes na Pretoria in Gauteng gestap om die gebedsdag by te woon. (Foto: Verskaf)

Bykans 100 mense het die gebedsdag bygewoon. (Foto: Verskaf)

Mense het van sover as Kaapstad gekom. (Foto: Verskaf)

Bykans 100 mense het die gebedsdag bygewoon. (Foto: Verskaf)

Talle motorfiets-groepe het die gebedsdag bygewoon. (Foto: Verskaf)

Kallie Roux, lid van die organisasie United Against Farm Murders and Attacks, aan die woord. (Foto’s: Verskaf)

Pastoor TJ Mare van 911 Riders. (Foto: Verskaf)

Gerhard Kirchner van die radiostasie, Ons Radio, het ’n gebed behartig. (Foto: Verskaf)

Luidens die burgerregteorganisasie AfriForum se statistieke was daar vanjaar reeds 210 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde in Suid-Afrika.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hardekwas ·

George, ek neem dus aan dat beide jy enRooikoos daar wS, siende dat julle kritiek lewer.

Anoniem ·

Al was daar net 100 mense is daar 100de ander wat van hul Binnekamers gebid het.

Genis ·

Ek was daar, en is elke keer daar, dis eindelik hartseer dat die opkoms so swak is… Maar ons sal nie ophou nie… dis vir een doel voor oe…

Harley Davidson ·

Die woord se vir ons waar twee of meer bymekaargekom in die Vader se naam sal Hy teenwoordig wees,dankie aan die mense wat wel daar was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.