Kyk: Dié huis is te koop vir ‘net’ R230 miljoen

Dié huis in Clifton is op die mark vir R230 miljoen. (Foto: Remax)

ʼn Seweslaapkamerhuis in Clifton, Kaapstad, is op die mark vir R230 miljoen en is waarskynlik tans die duurste eiendom tans beskikbaar op die Suid-Afrikaanse eiendomsmark. Die huis word op die eiendomsagentskap Remax se webwerf geadverteer as ʼn “ultramoderne ontwikkeling met onderbeklemtoonde elegansie, privaatheid en eksklusiwiteit”.

Die huis moet nog gebou word, maar die erf is teen die hange van Leeukop geleë, met ʼn uitsig oor die see en die berg. Wanneer die eiendom oor ongeveer 18 maande voltooi is, sal dit bestaan uit twee eenhede, ʼn villa en ʼn dakwoonstel. Die huis is 1 139 vierkante meter, wat beteken jy betaal R105 000 vir elke vierkante meter.

Luidens die advertensie sal die huis oor 7,5 badkamers, vier motorhuise en ʼn “oorgroot” swembad beskik.

Die huis sal ‘n uitsig oor die berg én see hê. (Foto: Remax)

Hoewel dit moeilik is om te glo dat enigiemand dié prys kan bekostig, is dit skynbaar niks vreemd nie vir hierdie superluukse woonbuurt wat gereeld deur rolprentsterre en buitelandse superrykes besoek word.

In 2022 is agt huise vir meer as R20 miljoen hier verkoop, met een van dié huise wat R47 miljoen gehaal het. Altesaam 80% van die trofeehuisverkope in Kaapstad was in Kampsbaai, Clifton, Bantry Bay, Fresnay en die Waterfront.

Die hoogste prys wat per vierkante meter betaal is, is R165 468 in Maart verlede jaar.

Indien die betrokke huis wel vir R230 miljoen verkoop, sal dit die meeste wees wat nóg vir ʼn huis in Clifton betaal is.

Volgens die eiendomswebwerf Property24 is ʼn huis in Clifton se gesogte Nettleton-weg in 2017 vir ʼn rekordbedrag van R120 miljoen verkoop. Die huis was toe 1 000 vierkante meter, dus kleiner as die huis wat nou op die mark is. In Mei verlede jaar is ʼn huis in dieselfde straat vir R175 miljoen op die mark geplaas. Dit is egter nie duidelik of hierdie woning al verkoop is nie.

Dié huis in Clifton is op die mark vir R230 miljoen. (Foto: Remax)

Dit is hoe een van die sewe slaapkamers sal lyk wanneer die huis klaar gebou is. (Foto: Remax)

Dit is hoe een van die leef vertrekke in die duur huis in Clifton sal lyk. (Foto: Remax)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

RS ·

Wow waar kry mense sulke klas geld om sulke huise te koop? Ek weet nie eens waar volgende maand se inkomste vandan gaan kom nie. My werksplek is besig om bankrot te gaan en 40 mense sit sonder werk….en dan is daar die tipe goed. Huise van miljoene en hul kry kopers.

Maritza ·

Seker ou Rampies sal so ene kan bekostig met al sy “dealings”

Amelia ·

Vra maar vir die president dalk nog so ou paar miiljoentjies onder sy rusbank hahaha

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Daai klein bedraggie betaal ek sommer uit my gatsak uit :-)

Hendrik ·

Ja maklik sommer so uit die gatsak. Vra vir Andre hy weet van n heel paar wat dit graag sal wil koop.0

Stofdonkie ·

Hy koop dit sommer met die dollars in een van sy sitkamer banke

Eugene ·

Die enigste wat daai klas geld het, is die cANCer regering.

Eugene ·

In elk van daai 7 slaap kamers, moet daar persoonlike diens wees.

Morné ·

Nie al wen ek die Lotto nie, ek koop ek eerder Sun City en sloop hom. Dan plant ek tamaties….want ek is gewoond aan sukkel.

VaalDonkie ·

Die Powerball is maar R71m op die oomblik. Jy sal hom meer as drie keer moet wen.

Sandra ·

Net R230 miljoen, sjoe dis goedkoop. Sal netnou met die agente in verbinding tree ; – )

JohanR ·

R230 miljoen is vandag $12.5 miljoen, 11.5 miljoen euros, en 10.5 miljoen pond. En dis hoekom iemand met dollars, euros en ponde die huis sal koop. Dink maar net hoeveel dollars Tom Cruise maak vir elke rolprent. $12.5 miljoen is niks.

Hennie Biebouw ·

Dit bly Suid-Afrika….Waar is die dae van Lourenço Marques se golden mile van sier….

Agie@toeka ·

Daai is maar n “klein huisie” vir die prys wat hulle soek!Hulle kan hom maar hou.

Wynand ·

Dis nie n huis nie n huis is n veiligge warm plek wat jy n tuiste noem

TruthDealer ·

Ek stem saam. Ek wou nog altyd in n dubbelverdieping huis bly, maar n kleinerige een. Hulle lyk vir my altyd “extra cozy”. So n ou Victorian style enetjie. So 3 slaapkamers en badkamer bo. Sit en eetkamer, kombuis en een kamertjie met wasbak en n toilet onder. Net die nodige. So n yslike en hipermoderne plek soos in die artikel is nie my idee van n permanente woning nie. Would feel like living on a movie set. Ek sou dit koop net om uit te huur aan ryk uitlanders. But for a Home, not my cup of tea.

Johan ·

Baie jammer vir die klomp badkamers. Ons het nie sóveel nodig nie!

Tubac ·

Net gou my dollars uit die rusbank kussings gaan haal, anders mis ek die winskopie.

M ·

Dis walglik ….. derduisende mense is werkloos, kan nie kos op die tafel sit nie, ens ens ens ….. Duidelik wys dit op die morele waarde-verval wat ons beleef …. Mammon is die vals afgod … Persoonlik dink ek dit is “siek” ….

Cherokee ·

Die agent wat die verkoop beklink, sal eiendom kan koop met die kommissie.

Erika ·

Ja nogal “net” goed en wel iemand het iewers R230 -miljoen wat rondlê, maar nou is my vraag, wat is die rates, levies, elke maand? Nee wat, ek droom nie eers so huis nie.

Lillian ·

En hier wil ek net ‘n ou kothuisie met ‘n see uitsig hê…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.