Kyk die unieke masker uit konsentrasiekamp

Dié skaapvel-masker is deur die Mentz-familie geskenk en volgens familie-oorvertelling is dié masker gebruik om mens se gesig teen die son te beskerm. (Foto: Verskaf)

Die Erfenisstigting se museumstoor by die Voortrekkermonument het een van die mees unieke items nog ontvang wat tot ’n kenner sy kop laat krap het.

Dié skaapvel-masker is deur Wilna Mentz en die Mentz-familie geskenk en volgens familie-oorvertelling is dié masker gebruik om ’n mens se gesig teen die son te beskerm.

Haar man, Johannes Petrus Mentz, is die agterkleinseun van Anna Elizabeth de Klerk (Mentz) wat in die Bethulie-konsentrasiekamp saam met haar vier kinders tydens die Anglo-Boereoorlog was.

Dr. Johan van Zÿl, senior vakkundige van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke by die Nasionale Vrouemonument, het bevestig Mentz en haar kinders was in dié konsentrasiekamp.

Hy het die masker as baie vreemd en bisar beskryf.

Petra Luus, die Erfenisstigting se museumkurator, hou die masker vas. (Foto: Verskaf)

“Ek het nog nooit op so iets afgekom nie. Dit is van skaapvel gemaak en hoe ons dit weet, is dat daar rokke van skaapvel in die Bethulie-konsentrasiekamp was. Dit is korrek wat die familie vertel het, maar die rede vir die masker se gebruik sal altyd onseker wees,” sê Van Zÿl.

Anna Elizabeth de Klerk (Mentz), gebore in 1863 en oorlede in 1956. (Foto: Verskaf)

Haar dogter, Elizabeth Margaretha, het in 1965 ’n oorvertelling getik van hulle ervaring as kinders in die konsentrasiekamp en die haglike omstandighede waarin hulle moes leef.

“Talle mense was toe al siek en elke dag deurentyd het ’n fluitjie van die kamppolisie geblaas. Sodra ’n lyk verwyder word, het die fluitjie ’n skril geluid laat hoor.

“So was ons eendag by die begraafplaas toe daar in die 20 oop grafte 20 lyke geplaas is, almal in kakiekomberse toegewikkel. Kiste was nie bekombaar nie,” skryf Elizabeth Margaretha.

Petra Luus, die Erfenisstigting se museumkurator, sê daar is al meer as 2 000 skenkings ontvang, maar daar is nog nooit op so ’n masker afgekom nie.

Dit maak die item van onskatbare geskiedkundige waarde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Toy ·

Ek hou so baie geskiedenis, die gebeure en hoe dit was. Dit is interessant. Verseker stel ek nie in die hedendaagse geskiedenis belang nie.

Excalibur ·

Wanneer vra die Britse Kroon, haar edele Elizabeth Alexandra Mary Windsor of te wel “Queen Elizabeth II of the old British Empire”, onvoorwaardelik en openlik omverskoning vir die Boere-Afrikaner Volksmoord ten tye van die 1ste maar veral die 2de Boere Vryheids Oorlog waarvan daar bekend ongeveer 28 000 blanke vroue, kinders, bejaarde mans en ongeveer 20 000 Boere swart handlangers in Britse “APARTE” konsentrasiekampe omgekom het en onbekende getal dogters & vroue verkrag is wat tot op hede ‘n populasiegaping tot gevolg gehad het? Die gevonde ‘konsentrasiekamp masker’ kan meer as net een betekenis dra want waarom sou iemand gemasker in ‘n buitelug tronk dra….? Meer navorsing kan moontlik die sluier lig en veral as daar inligting van die Britse kant af kom synde dat hul die onderdrukkers van die tyd was of is dit te gru om oor te vertel??? My geliefde Grootmoeder was ook een te Draghoender.

JohanNL ·

@Excalibur, eks nuuskierig hoe jy voel oor dinge soos die Waarheids- en Versoeningskommissie of ou Magnus Malan wat voete gewas het, Desmond Tutu se destydse idee dat ons moet ekstra belasting betaal oor ons wit en bevoordeel was ens?

Verstaan mooi, ek stem met geen van bg. saam nie, nes ek ook nie saamstem dat Brittanje moet sê jammer nie, maar ek is eerlik nuuskierig om te hoor wat jy dink.

LIEZL ·

Excalibur, dis hoekom die Queen nog so lank moet leef, want geregtigheid geskied. Die wiel draai. Kyk nou maar hoe val die koninklikes stukkie vir stukkie uitmekaar, Dit gaan oor ‘n tydperk wees, maar hulle moet sien wat in hulle eie huishouding aan die gang is.

Wakkerslaper ·

Excalibur, ons Boere het gelukkig nie ‘n slagoffer mentaliteit soos sekere ander volke nie. Ons het ons as volk SELF en sonder lang verskonings van die Engelse ons uit ons armoede gedink, gewerk en gebou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.