Kyk: Duikers liries oor jaarlikse sardientjieloop

Sardientjies in ‘n net op die strand in Illovo, KwaZulu-Natal. (Foto: Facebook/Sardine Run 2021)

Die Indiese Oseaan aan die KwaZulu-Natalse kus is tans vol dolfyne wat in en uit die water spring, haaie wat verrys uit die dieptes en voëls wat uit die lug in die water duik – alles om hulle volgende maaltyd te jag: sardientjies.

Dié kusgebied van Suid-Afrika is die tuiste van ʼn jaarlikse skouspelagtige migrasie van miljoene sardientjies.

Die sardientjieloop duur ʼn paar maande en bereik gewoonlik sy piek in Julie en lok ʼn verskeidenheid van mariene-roofdiere.

“Dit is ʼn super-pod van gewone dolfyne,” het Michelle Carpenter, ʼn marienebioloog, opgewonde aan APF gesê.

Volgens Gary Snodgrass, ʼn professionele duiker, soek die sardientjies na diepte vir beskerming. “Dit is waar die haaie inkom,” sê hy.

“Jy het die haaie onder in die water en die dolfyne aan die buitewyke; hulle keer basies die sardientjies om te ontsnap.”

Die rede vir die jaarlikse sardientjieloop is nie werklik bekend nie, maar wetenskaplikes glo dit word verbind aan die visse se voortplantingsiklus.

Diegene wat die feesmaal onder die water beleef het, het liries op dié ervaring reageer.

“Ongelooflik,” het Laurent, ʼn Franse duiker wat nie sy van verskaf het nie, aan AFP gesê. “’n Haai! Kersie op die koek. Ongelooflik. Die haai het ons nie gebyt nie. Dit was die beste tyd nóg.”

SARDINES NETTED AND PLENTY SARDINES SPOTTED AT SCOTTBURGH, VERY BUSY.22/6/21

Posted by Sardine Run 2021 on Monday, June 21, 2021

SARDINES NETTED AT WIKELSPRUIT BEACH.20/6/21

Posted by Sardine Run 2021 on Saturday, June 19, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elinette ·

Nee wat,ek verkies my sardientjies in ‘n blikkie. Ek het g’n lus om visderms uit te krap, viskoppe af te kap ens. voor ek my vis-happie geniet nie.

Rudolph ·

Dit is nie genoeg dat kommersiële vissers die see stroop van als wat leef nie. Nou doen ons dit ook. Vir wat? Is dit regtig nodig dat ons massas sardyne uit die see uitsleep en hulle laat versmoor vir ons selfsugtige lekker? Is ons dolfyne of haaie? Het ons geen respek vir diere wat maar net in vrede gelaat wil word nie. Visvang, jag en hengel is ewe disrespekvol en wreed want dit maak van weerlose, onskuldige diere slagoffers vir niks anders as ons selfsugtige lekker

Danie ·

En dan wonder ons hoekom is daar niks oor in die see nie.
Wat wil n mens maak met n sardientjie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.