Kyk: EFF ontwrig Tshwane-begrotingsrede

Skermgreep uit die video.

Lede van die EFF het Donderdag by verskeie geleenthede die Tshwane-metro se raadsvergadering, waar die 2022-’23-begroting ter tafel gelê sou word, ontwrig.

Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir finansies, Peter Sutton, sou die begroting vir die komende boekjaar aan die raad voorgelê het, maar is begroet deur betogende EFF-lede.

Volgens die DA het die groep onder meer raadseiendom beskadig, elektroniese toerusting uitgeruk en toe voortgegaan om tafels en stoele om te gooi.

Jacqui Uys, DA-koukusvoorsitter van die Tshwane-metro, sê die EFF het hierdie onwettige betoging gereël ten spyte van ʼn hofinterdik teen die party.

“Die EFF se manewales om die werk van die raad te ontwrig is ʼn aanduiding van hul desperaatheid,” sê hy.

“Dié gewelddadige optrede ondermyn die raadsverrigtinge en bedreig ons demokratiese prosesse.”

ʼn EFF-raadslid het later buite die raadsvergadering, waar hy omring is deur mede-EFF-lede, gesê dat enige begroting wat ter tafel gelê word sonder om die werkers in te sluit, ʼn “uitverkoop-posisie” is.

“Volgende keer moet ons vyf keer soveel as nou wees,” het die raadslid gesê.

Die polisie en metropolisie is na die toneel ontbied, maar het skynbaar niks aan die situasie gedoen nie.

Die DA gaan strafregtelike aanklagte teen die EFF-raadslede wat die betoging beplan het, aanhangig maak.

Die begrotingsrede was veronderstel om aanduiding te gee van die stad se planne om te verseker dat hy voortgaan om voldoende dienste aan die inwoners van Tshwane te lewer.

Die voorgestelde begroting sal nou volgende week ter tafel gelê word.

“Hierdie begroting sal die stad se strewe na beter dienslewering en finansiële stabiliteit bevorder,” het Uys gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Marius ·

Weereens staan die slap siel polisie en metropolisie en toekyk hoe hul eie belange en staatseiendom wat hul te alle koste moet beskerm vernietig en geplunder word. Pateties.

Susanna ·

Dis absoluut onwaar. Ons het gestaan en kyk hoe die Polisie hulle uitmekaar dwing met geweld, sodat Raadslede in die gebou kan ingaan.

Mrs H ·

Wanneer gaan hulle nie meer herken word as n politieke party nie?! N skaamte groter as ANC.

Chris dupreez ·

Die DA moet deurdruk met die aanklagtes en die klomp in die bek ruk. Dit kom voor of die polisie en die metro polisie asook die regering en die howe die klomp beskerm.

Harley Davidson ·

Terroriste doen wat hulle wil omrede die polisie in hierdie piesang Republiek useless is.

Pieter ·

Dit word ‘n demokrasie genoem. Kriminele aan bewind, wetteloosheid aan die orde van die dag. Geseën deur die wêreld. Klug.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Alle inwoners wat regtig omgee vir Tshwane moet opstaan teen hierdie boelietaktiek van die EFF.

O’wee as die EFF daarin sou slaag om sy Afrikaan Naionalistiese kommunistiese staat daar gestel te kry. Dan lewe ons in eEFFbabwe met hoofstad eEFF(Mu)gabe.

Nie Verbaas ·

Weereens, hulle optrede verduidelik hulle intellek. Stuur polisie na Loftus toe want dit lyk my hulle hou daarvan om net te kyk. Slap gemors.

Jubba ·

Hoekom word hulle die perseel toegelaat in die eerste plek.

pieter ·

Wie sit nou eintlik agter die klomp se opstokery ,
Rassisme , beskadiging van eiendom , aanvalle op mense ens , die lys gaan aan en aan ?.

Jannie van Niekerk ·

Ek het so idee ou Kareltjie Pinnichio en die ANC se RET/Zuma faksie het so vinger in die pie.

Misky ·

Hoe word dit toegelaat? Hulle moet eintlik nie eens op die perseel toegelaat word nie, want in die verlede mos al gesien wat gebeur. Totdat hulle hulle kan gedra, moet hulle maar virtueel “bywoon” as hulle wil luister.

Kokerboom ·

Die klomp uitvaagsels ontneem my en miljoene ander eiendomseienaars in Pretoria die reg tot goeie regering waarvoor ons belasting betaal!Die twak moet NOU stop of ons hardwerkende burgers sal ‘n plan met hul moet maak! Ons is absoluut g*vol vir die gemors! Kla sommer patetiese metropolisie ook aan

Jannie van Niekerk ·

Daar behoort ‘n wet te wees dat “hooligans” (in Afriknanas daai mooi beskrywende woord: :Straatboewe” ) onde rgeen opmstandighede in enige politieke pos mag dien nie.

Vernon ·

Leer die DA in Pretoria nie? Kry private sekuriteit binne die gebou en smyt die rooi gemors uit. Nee ons gewone burgers wil mos alles wettig hanteer. Man dis Afrika. Hulle verstaan net met geweld. Vergeet van Christelike waardes. Soos om by n geveg op te daag met n kettie. Flippet man!!

Jannie van Niekerk ·

Nee Frank, jy beledig wildehonde. Wildehonde is is opgevoede diere.. Hierdie spul het nie opveoding van enige aard nie. Jy moet eerder sê kinders van ou Sekelstert.

Perdeby ·

Dis elke keer se storie. Die vorige keer was presies dieselfde. Skors die hele lot vir 6 maande sonder salaris

Manie ·

Die terroriste organisasie hoort nie in enige bestuurs posisies nie.

Elize ·

Ek dog nog al die jare mense wat in ‘n koalisie staan probeer saamwerk om dinge te verbeter? Sal al die slapgatte wat nie gaan stem het nie dit volgende keer doen sodat daar nie koalisies gevorm moet word nie anders kan ons dit mos maar terug gee aan die ANC

Jr ·

CLOWNS IN THEIR RED SUITS. WEARING a red mine helmet is an insult to miners who word HARD BY THE SWEAT OF THEIR BROWS. Not like you gravy train fools

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.