Kyk Harry en Meghan se onderhoud met Oprah hier

Harry en Meghan tydens die onderhoud met Oprah (Foto: skermgreep uit die video)

Prins Harry en sy vrou, Meghan, gaan vir die eerste keer nadat hulle amptelik en permanent van hul koninklike pligte onthef is ʼn intieme gesprek met die kletprogramaanbieder Oprah Winfrey hê.

Maroela Media het vroeër berig uittreksels van dié onderhoud onthul dat Harry oor sy ma, prinses Diana, en oor die paartjie se struweling met die Britse media sal praat.

“Ek kan my nie indink hoe dit vir haar (Diana) moes gewees het, om al die jare alleen deur hierdie proses te moes gaan nie.

“Dit was tot dusver ongelooflik moeilik vir ons twee, maar gelukkig het ons mekaar,” sê Harry in ʼn uittreksel wat die televisienetwerk CBS bekendgemaak het.

M-Net het nou ook laat hoor dat hy op kanaal 101 daarvoor sal sorg dat Suid-Afrikaners ook die onderhoud kan aanskou.

Die onderhoud sal Maandag 8 Maart om 19:30 op DStv-kanaal 101 uitgesaai word.

Prins Harry en Meghan verwag hulle tweede kind. (Foto: @misanharriman/Twitter)

“Winfrey sal met Meghan praat oor onderwerpe soos die lewe as ʼn koninklike, die huwelik, moederskap, filantropiese werk en hoe sy die lewe in die kollig hanteer. Later word die twee vergesel deur prins Harry waar hulle sal praat oor die paartjie se skuif na die VSA en hul toekomsplanne vir hul groeiende gesin,” sê M-Net in ʼn verklaring.

Harry en Meghan het op Valentynsdag vanjaar aangekondig dat hulle hul tweede kind verwag nadat Meghan in Julie verlede jaar ʼn miskraam gehad het.

Harry en Meghan se onderhoud met Oprah sal Sondag 7 Maart van 08:00 tot 10:00 heel eerste op CBS in die VSA uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peter Pan ·

Hulle wil uit die kollig wees, maar soek nog steeds aandag en nogals by Oprah?

Rentia ·

Ag hemel… is so teen die media maar nou gaan ons Opera toe? Julle soek aandag!! Is julle lewe so vervelig dat julle elke nou en dan moet media toe hol vir bietjie aandag? Harry, jys gebore in die kollig. Jou ma het jou nie grootgemaak om weg te hardloop nie! Megan soek net soos gewoonlik aandag.

Sarel ·

Sy weet darem nou net hoe om simpatiekaart te speel en almal val daarvoor

Aai ·

Sy moet hier kom bly daar is miljoene wat haar sal jammer kry.Ha Ha

johanf ·

Hulle lewe, laat hulle doen wat hulle wil, op hulle terme, ń vinnige geldjie…..

Mariana ·

Ag nee dankie. Stel in eerste plek nie belang in Oprah nie en die twee se dingetjies laat my koud.

Tiptol ·

Interessant dat Oprah die onderhoud gaan voer. Sy gaan seker weer ná die onderhoud sê white people will always have their whiteness. Gelukkig word ons nie verplig om dit te kyk nie.

John ·

Haar “bubble” is gepop nou soek sy by ander aandag en simpatie….

John ·

“Poor little rich girl” Sy stink van die geld maar kla oor hoe sy gehanteer word…..Gaan kry ‘n lewe mevrou Sussex

Cecilia ·

Aandag soekers . HAARY het v jonks af gelike om nonsens asn te jaag en so d media aandag op hom te vestig. Hy “haat” d media maar is elke dag in d kollig. Al is dit net om te se sy het niu n pyn in d toonnael gehad. Kry nou end en gaan leef jul “uit d kollig” lewe as n gewone gesin is Amerika. Jul skend Diana se beeld want ou Megan sal nie errs n halwe skoen v Diana kan volstaan nie.
Harry is ook nou nie meer Prins nie so d media moet ophiu om hom so aan te spreek.
Prins William is nie eers so baie in d media nie en ten minste is hy nig d Prins.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.