Kyk: Honderde beseer tydens ‘massiewe ontploffing’ in Libanon

Die nadraai van ‘n massiewe ontploffing in Beiroet, Libanon. (Foto: Hassan Ammar/ANA)

ʼn Massiewe ontploffing het die onderdorp van Beiroet, die hoofstad van Libanon, Dinsdag geruk. Groot skade is aan die stad se hawe en geboue aangerig en talle vensters en deure is deur die geweld van die ontploffing uitgeruk.

Volgens ooggetuies is talle mense beseer deur glasstukke en puin wat deur die lug getrek het. Balkonne en dakke van huise kilometers ver van die ontploffing is beskadig of het inmekaargeval.

ʼn Fotograaf van Associated Press het beseerdes op die grond naby die hawe sien lê en hospitale het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om dringend bloed te skenk. Die presiese getal slagoffers is nog nie bekend nie, maar owerhede verwag dat honderde beseer is.

ʼn Video van die ontploffing wat op sosiale media gedeel word, wys hoe ʼn kolom rook in die rigting van die hawe die lug in beweeg. Dan word ʼn massiewe ontploffing gehoor, gevolg deur ʼn wolk in die vorm van ʼn sampioen en skokgolwe wat deur die stad vibreer.

Die presiese oorsaak van die ontploffing is ook nog nie bekend nie, maar BCC berig dit was die oorsaak van ʼn brand wat uitgebreek het in ʼn pakhuis waar vuurwerk geberg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miskruier ·

Wat is dit met mense en vuurwerk, genade dis lugbesoedeling, gehoor besoedeling.steek eerder die R100 aan die brand en kyk hoe jy jou geld opbrand.

Anoniem ·

“Vuurwerke” in Lebanon is moontlik dieselfde as springstof.

Johan D ·

Dit was toe nie vuurwerke nie maar ʼn groot hoeveelheid plofstof wat geberg was. Ek twyfel in elk geval of vuurwerke so ʼn groot ontploffing kan veroorsaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.