Kyk: ‘Jessica’ laat Suid-Afrika skater

‘n Skermgreep van die video wat mense vandeesweek laat skater het. (Skermgreep: NBC)

Eers was daar “touch me on my studio”. ʼn Paar jaar later foeter Marelize in ʼn paal vas en maak landwyd opslae. En vandeesweek het “Jessica, we’re live …” Suid-Afrikaners op sosiale media weer eens aan die skater.

Donderdag se uitsending van die Namibiese uitsaaier NBC – wat nie heeltemal verloop het soos die aanbieders gehoop het nie – het die afgelope paar dae soos ʼn veldbrand op sosialemediaplatforms versprei.

In die uitsending sluit nuusaanbieder Elmarie Kapunda haar segment af en stel dan die sportverslaggewer Jessica Kaimu, aan die kykers voor. Kapunda maak ʼn opmerking waarop daar duidelik nie vooraf ooreengekom nie.

Kaimu sit net daar voet neer en praat haar stil. Sy sê aan Kaunda dat dié haar net moet groet en dat sy daarna met haar aanbieding sal voortgaan.

Dan volg die woorde: “Jessica, we are live…”

Etlike sekondes lank heers ʼn ongemaklike stilte waarna daar genadiglik na ʼn advertensie oorgeskakel word.

Die video van die gesprek tussen die twee is reeds byna ʼn miljoen keer gekyk – en sosialemediagebruikers het hul gate uit geniet.

Suid-Afrika se eie SABC het in ʼn nagebootste weergawe van die gesprek tussen die twee aanbieders die spot met hul Namibiese kollegas gedryf en uitsaaiers van oraloor het berig oor die ongelukkige misverstand.

Dit sal beslis nie die eerste keer wees dat ʼn aanbieder met sy of haar voet in sy mond betrap word omdat hy of sy vergeet het die kameras rol nie – en oomblikke soos dié sorg dikwels vir groot vermaak onder kykers.

Een sosialemediagebruiker het selfs gevra vir Kaimu se bankbesonderhede sodat hy haar kan bedank omdat sy hom so opgebeur het.

Kaimu het Namibiërs in ʼn twiet ná die uitsending om verskoning gevra.

Die Namibiese New Era het vroeër berig pleks daarvan om saam te lag het die NBC Kapunda en Kaimu egter onbepaald van die lug afgehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Jy wikkel jou wiele oordrewe. Dit is bloot soos die oorspronklike kommentator sê, nie regtig snaaks nie, en soort van ding wat net soos ‘spelvoute’ alledaags is. Niks onbevoegs daaraan nie.

Vrijburger ·

Mmmm ook maar ‘n lekker houding aan haar.
As die rolle omgeruil was, sou die as ‘n rasse insident voorgehoud gewees het en nie as snaaks nie.

Cherokee ·

Hoe lank Jaco, gaan jy nog ‘our people’..? So iets bly nie onbeperk snaaks nie.

Mads ·

Drama queens wat te belangrik is vir hulle self! En daar slaan hul hul name met ń lekker groot vet plank! Hahaha

SomeOne ·

syt haar naam krater gemaak en sy besef dit nie eers nie, vlak verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.