Kyk: Lategan in Dakar-ongeluk

Foto: Twitter.

Ná twee merkwaardige skofte in die Dakar-veldtydren – waarin hulle tweede en derde klaargemaak het – het Suid-Afrika se Henk Lategan en Brett Cummings vandag die wind van voor in die vyfde skof gekry.

Hulle Toyota Hilux het vroeg in die skof gerol en Lategan het sy sleutelbeen gebreek. Hy is per helikopter na mediese personeel vervoer, terwyl Cummings geen beserings opgedoen het nie.

Lategan-hulle het die algehele vyfde plek op die algehele punteleer beklee en die Toyota Gazoo-spanbaas, Glyn Hall, was in sy noppies met die groentjies se vertoning.

“Henk en Brett het ’n ongelooflike dag agter die blad. Om sneltrajek-voorlopers in jou eerste Dakar-tydren te wees, sit nie in enigeen se broek nie en hulle het wonderlike vernuf agter die stuur getoon,” het Hall vroeër die week gesê.

  • Algehele punteleer soos ná die vierde skof:

Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) 13:15:12

Nasser al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota) +4:58

Carlos Sainz/Lucas Cruz (Mini) +36:19

Sebastien Loeb/Daniel Elena (Brx) +48:14

Henk Lategan/Brett Cummings (Toyota) +48:44

Jakub Przygonski/Timo Gottschalk (Toyota) +49:16

Mathieu Serradori/Fabian Lurquin (Century) +51:58

Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Peugeot) +59:19

Martin Prokop/Viktor Chytka (Ford) +1:08:51

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.