Kyk: Leerders geskors na boelievoorval voor skool

In die video is dit duidelik hoe die leerder deur ‘n groep leerders op die grond geskop word (Foto: Skermskoot)

Ses leerders aan die Lenasia South Secondary School in Johannesburg is geskors nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe ʼn leerder geboelie word. Dié voorval het glo Dinsdag in die pad voor die skool plaasgevind.

In die video kan gesien word hoe ’n groep leerders ʼn ander leerder in die middel van die pad aanval terwyl aankomende verkeer in die pad aankom. Die leerder val dan in die pad en sy aanvallers skop hom herhaaldelik op sy kop en lyf.

Volgens Steve Mabona, die provinsiale departement van onderwys se woordvoerder, was ses leerders by die voorval betrokke. Drie van hulle was gr. 12-leerders, twee gr. 11-leerders en een ʼn gr. 8-leerder.

“Alle geïdentifiseerde leerders sal geskors word. ʼn Tugverhoor sal ook plaasvind,” sê die departement.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Woensdag die skool besoek. Hy veroordeel die swak dissipline wat hierdie leerders getoon het. Hy het die Johannesburg-Suid-distrik opdrag gegee om die skool te ondersteun in die bestuur van hierdie saak. Die polisie ondersoek ook die omstandighede van hierdie voorval.

“Wat ek op daardie video gesien het, is heeltemal onaanvaarbaar en kan nie geduld word nie. Daar is geen mate van woede wat enige vorm van geweld in ons skole kan regverdig nie. Ons veroordeel alle dade van swak dissipline wat leerders noop om gewelddadig op te tree,” het Lesufi gesê.

MEC Lesufi condemns ill-discipline at Lenasia South SecondaryCannedy NetshitunguluWe can confirm that the two suspects aged 16 and 17, have been detained for assault at the Walter Sisulu Juvenile Prison.he Department of Education has condemned the violence at Lenasia South Secondary school following a viral video of a learner being attacked by other learners. PasserS-by had to intervene to save the victim. The Incident occurred yesterday (Tuesday, March 16) after school. MEC of Education in Gauteng, Panyaza Lesufi stated, “Our officials revealed that the scuffle, which involved six learners, three Grade 12 learners, two Grade 11 learners and one Grade 8 learner. All identified learners will be suspended for either being an instigator, perpetrator, accomplice or victim. A disciplinary hearing will be conducted in due course.”MEC Lesufi added, “What I witnessed on that video is totally unacceptable and cannot be tolerated. There is no amount of anger that can justify any form of violence in our schools. We denounce all acts of ill-discipline that may compel learners to behave violently.” Lenasia South SAPS, spokesperson, Sergeant Khalipha Mvula has confirmed that two learners have been detained, “We can confirm that the two suspects aged 16 and 17, have been detained for assault at the Walter Sisulu Juvenile Prison. We, however, cannot rule out the possible arrest of other suspects.”

Posted by Rowann Narain on Wednesday, March 17, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

40 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blom

Skokkend verby!!!! Wat word van die jeug???

Pieter

Ja nee kyk, die duiwel is los…

Kiepie

Dis nie “boelie” nie, dis aanranding. Hoop hulle word krimineel vervolg. Maar. o ja, dis mos kindertjies wat regte het wat beskerm moet word.

Annatjie

Geweld en afbreek is nou al wat ons kinders ken en sien. Aaklig!

MoederMamma

Dis nie boelie nie, dis aanranding!