Kyk: Aktiviste betoog by Mandela-beeld in Nederland

‘n Verset-optrede teen plaasmoorde in Nederland. (Foto: Voorpost)

Aktiviste van die Nederlandse organisasie Voorpost, het Saterdag by ʼn standbeeld van Nelson Mandela in die Nederlandse stad Den Haag betoog. Tydens  verset-optrede teen plaasmoorde in Suid-Afrika Saterdag, het aktiviste ʼn bord om die nek van die standbeeld gehang met die woorde: “Terroris, kommunis, moordenaar”. ʼn Video van dié optrede en optog is op sosiale media gedeel. Nelson Mandela-dag word wêreldwyd op 18 Julie gevier.

Volgens hul webtuiste is Voorpost ʼn nasionalistiese aksiegroep wat aktief is in Nederland sowel as Vlaandere. Dié groep beywer hom vir ʼn onafhanklike Vlaamse staat wat weer deel vorm van Nederland.

“As hoof van die gewapende afdeling van die ANC, was hy [Mandela] betrokke by terroristiese bomaanvalle teen burgers en was hy verantwoordelik vir toesig oor teregstellings in strafkampe,” lui ʼn inskrywing op die organisasie se webtuiste. “Die feit dat daar in Suid-Afrika daagliks mense vermoor word vir hul velkleur is vir Voorpost genoeg rede om niks goeds oor Nelson Mandela te sê nie.”

Nadat die bord om die beeld se nek gehang is, het betogers die banier met die woorde “Stop die moorde op blanke boere” omhoog gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Magda ·

Al is dit ook nou oorsee – Iemand doen darem iets vir die Plaas moorde is Suid Afrika (Se dit dit is reg nie, maar al ons geskiedenis se standbeelde (apartheid) word afgehaal en vernietig, wat 100% verkeerd was, nou hoekom moet hulle standbeelde so op gedra word, maar eintlik wat hulle doen is nie baie anders as Apartheid se dae nie. Nelson Mandela is nog steeds my held, en glo hulle het net baklei vir regverdigheid, maar dieselfde NOU vir ons Wit mense is Suid Afrika. Ons soek ook net regverdigheid vir die WREDE PLAASMOORDE IN SUID AFRIKA. Dankie Nederland.

Hoekom ·

Die ANC en Mandela het nie baklei nie en ook nie “struggle” nie, verseker ook nie vir geregtigheid nie, hulle het onskuldige mense vermoor. Beide wit en swart, in die naam van kommunisme…

Magda ·

En ja dit is wat presies nou hier aangaan = WIT en SWART word vermoor, maar net SWART se moorde word met spoed ge ondersoek, en WIT Plaasmoorde word 1 keer genoem en dan nou ja dan NIKS. Nelson Mandela is my held oor wat hy probeer doen het na sy vrylating in 1994 en nie wat hy gedoen het voor hy tronk toe is nie. Daar was hy n Terroris en n Komminis, maar defnietief nie na sy vrylating nie.

Simon ·

Tannie, jy lewe in ‘n droom wereld om daai rerroris jou held te noem. Het jy ‘n geliefde of naaste of vriend op die grens of met die Kerkstraat bom verloor?

Magda ·

JA OOM – ek het mense verloor op die grens , maar Apartheid was verkeerd en Nelson Mandela het geboet vir sy dade – ek dra geen haat teen niemand nie – en as GOD kan vergewe kan ons ook. Nelson Mandela het toe hy vry gelaat is, probeer om n SA vir almal te skep, maar was te oud en daarom is hy my held, nie vir wat hy geoden of nie gedoen het nie – en net soos wat die ANC nou doen – SWART APARTHEID is dit 100% verkeerd, en ons soek geregtigheid / vrede vir almal in die land. Ek is teen die standbeelde van ONS geskiedenis wat verniel of verwyder word, ONS geskiedenis se pad name wat verander word – IS TEEN DIT ALLES MAAR dink jy wat nou hier aangaan, is goed vir enige een in SA?? Ons is die enigste land wat so baie kulture het en kan dit die LAND van alle lande maak, as ons saam werk.

Magda ·

Nee ek lewe nie in n droom wereld nie – 60jaar oud en as GOD kan vergewe kan ons ook. Apartheid was verkeerd en die SWART Apartheid wat NOU hier aangaan is ook verkeerd. Soek n regverdige / veilige SA vir almal, en dit is wat Nelson Mandela sou gedoen het as hy nie so oud was nie. = die ANC wat NOU HIER IS – IS TERRORISTE / KOMMUNISTE – EN DIT IS 150% VERKEERD.

Arthur ·

Daar is talle rekords van die wreedhede en kriminaliteit wat onder gesag van die leierskap gepleeg is…. al het die ANC alles gedoen om die boeke en inligting te vernietig…. ons het miljoene vriende in die buiteland wat WÉÉT!

Magda ·

Ek weet ook, maar ag wat – so dink ons elkeen maar vir ons self – duidelike bewys van wat orals in die wereld aangaan – ELK EEN NET VIR HOM SELF. !!!

Vrijburger ·

Of jy ken nie jou geskiedenis nie of jy het ‘n vreemde siening van helde. Of jy het geval vir CNN en Media24 se PR oefening. Net twee voorbeelde:
1. Die Shell House slagting van IFP optoglede in 1994. Mandela het later jare erken hy het die opdrag gegee. Na die val van apartheid moet ek net noem.
2. Die Regering van Nasionale Eenheid wat ooreengekom is het Mandela onwerkbaar gemaak en die NP uit die nuwe Suid-Afrika regering gedwing.

Andre ·

So gaan een vir jou en een vir my net voort en niemand maar niemand is wenners nie

Anoniem ·

Om ‘n standbeeld te vandaliseer is om bv verf daaroor te gooi of te spuit. Die beeld kan ook afgebreek word en binne in ‘n rivier gerol word, soos hulle oorsee gedoen het. Of dit kan doodeenvoudig neergegooi word en in stukke geslaan word. mandela se beeld is geen skade aangerig nie, behalwe om ‘n plakaat om sy nek te hang wat hom deeglik volgens hulle gevoelens beskrywe. Die plakkaat kan verwyder word en die standbeeld staan nogsteeds daar soos voorheen. Maar dit blyk dat mense daar nie juis ooghare het vir mandela nie.

SomeOne ·

ek het seergekry in die kerkstraat bom aanval, vir my sal hy altyd soos hulle plakkaat wys, vir my wees

Theo ·

Die mene praat slegs die waarheid.Graag herinner ek net mense aan die Kerkstraat bom.

Pieter ·

Bly om te sien ander lande sien waar mee die komuniste en die siek ANC mee besig is

Karel Kobus Kruger ·

Ek sou hom met drie-4 letter woorde beskryf het. Kort en kragtig in egte Afrikaans.

Lukie ·

Ek is siek en sat dat Nelson Mandela verafgod word.
Mense is baie gou om te vegeet van sy verlede en hoeveel weerlose mense se dood hy persoonlik verantwoordelik voor was. Net sy nasiebou in 94 word onthou.

Hoekom ·

Hulle het die dapperheid om hulle gesigte te wys. Die ander doen dit in die skaduwees soos die lafaards wat hulle is.

Adam Adriaan ·

Mandella vergestalt die RSA kommuniste se aardse messias. Foei tog.

Simon ·

Die wiel draai. Ek se weer: Toe PW se die terroris moet geweld afsweer toe wou hy nie. Toe PW se hy ken ‘n muishond aan sy reuk, word hy vergruis. Vandag pluk ons die vrugte danksy die wit liberales in hierdie land!

Jaco ·

Dieselfde PW het ook allerhande “hervormings” toegepas. Time and again het regse Afrikaners vir PW en die Nasionale Party en die Broederbond gewaarsku waartoe hulle hervorming sou lei. Hulle reaksie was altyd dieselfde: die waarskuwings is afgemaak as onchristelik en rassisties.

Skim ·

Dankie Voorpost, as ons dan nie in ons eie land ‘n optog na die parlement mag hou teen Plaasmoorde nie, dan sal Nederland en Vlaandere dit vír ons doen.

Piet ·

Natuurlik mag ons maar van vrotsigheid doen ons niks. Hier wag ons nou vir iemand om oorsee iets te doen en dan klap ons vir hulle hande.

Jax ·

As ek fisies kon, het ek dit hier ook gedoen. As standbeelde afgebreek word, moet almal afgebreek word! Mooi so Nl en vlaandere!

Johann ·

Nou het hulle moeilikheid….geen maskers nie en geen social distancing nie?

Andrew ·

Hulle was jong latte og nog nie gebore nie. Hulle wil die wereld bewusmaak. Maak dit nou sin?

Lukie ·

Wat op daai plakaat staan sal tot in ewigheid ‘n Albatros om Nelson Mandela se nek wees: terroris, kommunis, moordenaar.
Dit is geskiedkundige feite en kan nie weggewens word nie.

Yolandie ·

Heellaas die waarheid ontbloot. Nelson Mandela uiteindelik ontmasker…..nie ‘n GOD om te verafgod deur die wereld heen nie. Hy was ‘n terroris………maar lyk my in die “NAAM” van politiek is alle misdaad geregverdig.

Cherokee ·

Toe..toe..toe.. Porseleintjie.. jy vergeet van sosiale afstand handhaaf!

MakersMark ·

Blameer dit als op Jan van Riebeeck. Lyk my die van Riebeeck’s in Holland begin “our people” verstaan.

Pieter ·

Pragtig Voorpost. Onbeskaamlik die waarheid. Baie dankie. Dit is nou my soort mense dié. Laat daardie beeld ook sneuwel. All lives matter. Die Verenigde Nasies verafgod die terroris.

Piet ·

Voorpost soek lede in SA. Gaan na hulle webtuiste en sluit aan.

Awie ·

Veritas. Afgesien van die feit dat Mandela bomme en geweld teen burgers van SA goedgekeur het tot met sy vrylating en selfs daarna tot 1994 om die swart en wit opposisie te terroriseer, intimideer en elimineer, was hy as hoof en stigterslid van MK dus verantwoordelik vir nie net witmense maar ook swart burgers se sterftes in die geweld. Dis goed beskryf in “Peoples War” van Dr. Anthea Jeffrey. Dis uit onkunde en blinde navolging van die sogenaamde “vredemaker” van ANC beeldpoetsers, linkse media binne en buite SA dat hy as martelaar eerstens toe hy in die tronk en toe amper goddelike messias/verlosser uitgebeeld word. Die meeste mense wit en swart glo dit natuurlik, sonder dat hulle self gaan lees oor Mandela en wat sy doel was voor hy gevonnis is met Rivonia verhore, wat eintlik hoogverraad as vonnis moes wees. Min mense weet byvoorbeeld dat hy eintlik Rolihlahla Dalibunga (die naam Nelson is blykbaar later toegevoeg) Mandela is, om mee te begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.