Kyk: Mannekyne bring Bok-koors na Moederstad

(Foto: Verskaf)

Die Boxwood Property Fund, ʼn bekende naam in eiendomsontwikkeling in die Wes-Kaap, is tans in die kollig, maar nie oor eiendom nie.

Die eiendomsontwikkelaar het in ʼn  innoverende en patriotiese stap vier ikoniese eiendomme in Kaapstad met lewensgrootte mannekyne – wat in die Groen‑en‑goud geklee is – versier.

“Hierdie inisiatief is meer as net ’n publisiteitsfoefie; dit is ʼn opregte poging om solidariteit te kweek, terwyl die Springbokke vir die Rugbywêreldbeker-kwarteindronde voorberei,” sê Rob Kane, Boxwood Property Fund se hoof‑ uitvoerende bestuurder en voorsitter van die Cape Town Central City Improvement District (CCID).

“Dit simboliseer Boxwood Property Fund se geloof in eenheid, spanwerk en nasionale trots.”

Dié opvallende uitstallings kan op die dakke van The Box‑, The Felix‑, 14 Long‑ en Matrix-gebou in die hartjie van Kaapstad gesien word.

Kane sê Boxwood Property Fund poog nie net om sy huurders en kliënte te inspireer nie, maar om die hele Suid-Afrika te motiveer om hul ondersteuning vir die Springbokke te wys. Die Bokke draf Sondagaand teen Frankryk uit.

“Die boodskap is duidelik: Ons steun die Bokke, en ons wil hê die wêreld moet dit sien.”

Die mannekyne, wat strategies op die dakke van Boxwood se geboue geplaas is, dien volgens Kane as ’n verenigende simbool en ʼn boodskap van hoop.

“Hierdie inisiatief weerspieël Boxwood Property Fund se kernwaardes van innovasie, gemeenskapsbetrokkenheid en patriotisme.

“Ons wou ter ondersteuning van ons nasionale rugby span ʼn gevoel van samehorigheid en trots in ons pragtige land kweek,” sê Kane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Riette ·

Pragtig, dankie Boxwood Property Fund! Trots op die Bokke en ek hou altwee my duime styf vas vir Sondag!!! GO BOKKE!!!!

Elizabeth ·

Well done to Box Property Fund! Great inspiration and I hope the Bokke knows about it too.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.