Kyk Maties-student se gedenkdiens hier

Hannah Cornelius (Foto verskaf aan Maroela Media)

Hannah Cornelius (21), die tweedejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch wat vroeg Saterdagoggend in ʼn kapingsvoorval ontvoer en vermoor is, se gedenkdiens vind om 11:00 in Vishoek plaas. Kyk hier regstreeks na die diens via Facebook:

https://www.facebook.com/ngvishoek/videos/1957205234499154/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

andries ·

was goed om te luister. Hoop die NG Kerk plaas die video skakel vir dié wat dit nie kon meemaak om agterna te kyk. . Sterkte aan almal.

Mariaan ·

Liewe ouers van Hanna
Die hele land is met skok, afgryse en walging gevul na die sinnelose en wrede moord op julle pragtige dogter.
Die groot hartseer is dat dit net nog ‘n moord in Suid-Afrika is.
Geen trooswoorde sal julle as haar ouers laat beter voel nie. Sy is weg, vir altyd weg. Haar mooi toekoms in ‘n oomblik uitgewis deur barbare wat die woord mens nie waardig is nie.
Mag haar dood nie net nog ‘n statistiek word nie. Mag julle as haar ouers julle invloed gebruik om ‘n voorbeeld van hierdie barbare te maak .
Baie sterkte.

Han ·

Mariaan, dankie vir jou mooi boodskap. ‘n Mens kon dit nie beter stel nie. Ek het self dogters en kan my nie voorstel wat julle as ouers deurgaan nie. Mag God julle versterk en dra.

Lynette ·

Ek het die hoop dat Hannah se ouers, weens die aard van hul beroepe, hul invloed gebruik om ‘n veldtog loods om die doodstraf terug te bring in Suid-Afrika….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.