Hannah Cornelius (21), die tweedejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch wat vroeg Saterdagoggend in ʼn kapingsvoorval ontvoer en vermoor is, se gedenkdiens vind om 11:00 in Vishoek plaas. Kyk hier regstreeks na die diens via Facebook:
https://www.facebook.com/ngvishoek/videos/1957205234499154/
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Baie dankie dat julle dit beeldsend…
was goed om te luister. Hoop die NG Kerk plaas die video skakel vir dié wat dit nie kon meemaak om agterna te kyk. . Sterkte aan almal.
Liewe ouers van Hanna
Die hele land is met skok, afgryse en walging gevul na die sinnelose en wrede moord op julle pragtige dogter.
Die groot hartseer is dat dit net nog ‘n moord in Suid-Afrika is.
Geen trooswoorde sal julle as haar ouers laat beter voel nie. Sy is weg, vir altyd weg. Haar mooi toekoms in ‘n oomblik uitgewis deur barbare wat die woord mens nie waardig is nie.
Mag haar dood nie net nog ‘n statistiek word nie. Mag julle as haar ouers julle invloed gebruik om ‘n voorbeeld van hierdie barbare te maak .
Baie sterkte.
Ek het die hoop dat Hannah se ouers, weens die aard van hul beroepe, hul invloed gebruik om ‘n veldtog loods om die doodstraf terug te bring in Suid-Afrika….