Kyk: Nuwe Mej. SA sal hiér nesskrop

Vanjaar se top-10-deelnemers. (Foto: Verskaf)

Die nuwe mej. Suid-Afrika, wat in Oktober vanjaar gekroon word, sal in ʼn woonstel in Central Square in Sandton, Johannesburg, intrek sodra sy as die land se mooiste gekroon word.

Die nuwe titelhouer sal ʼn pakket van pryse ter waarde van meer as R3 miljoen wen, wat die jaarlange gebruik van ʼn gemeubileerde woonstel in dié luukse woonstelblok insluit.

Central Square Sandton bied ʼn moderne leefstyl waar luuksheid, gemak, privaatheid en sekuriteit ontmoet in ʼn estetiese ligging. Inwoners kan die opwinding van leef en speel in Afrika se rykste vierkante myl beleef.

Zozibini Tunzi, voormalige mej. SA, het in Central Square gewoon voordat sy na New York verhuis het nadat sy as mej. Wêreld gekroon is. Sasha-Lee Olivier en die huidige mej. SA, Shudufhadzo Musida, het ook hier gewoon.

Die woonstel word ten volle gemeubileer deur Vursa, die meubel- en huiswareleefstylhandelsmerk, wat die geesteskind van Craig Nerwich en Daniel Chemel is.

“Toe die geleentheid hom voordoen vir ons om ʼn vennoot van die Mej. Suid-Afrika-handelsmerk te word, was ons dadelik aangetrokke tot sy ikoniese status in die land en die onderliggende filosofie,” sê Nerwich.

“Mej. SA is meer as net ʼn skoonheidskompetisie in die sin dat dit nie slegs op die uiterlike fokus nie. Die fokus is meer op bemagtiging en insluiting en dit was die perfekte pasmaat vir Vursa, wat ook in dié waardes glo.”

Vursa wou iets spesiaals vir die nuwe Mej. SA skep, verduidelik hy. “Ons het ʼn pragtige en eksklusiewe reeks geskep, wat ook beskikbaar sal wees in ons aanlyn winkels. Ons nuwe, eksklusiewe Mej. SA-reeks kan nou enigiemand soos ʼn koningin, of koning, laat voel.”

Mej. SA 2021 sal op Saterdag 16 Oktober in die Grand West Arena in Kaapstad gekroon word. Die top-10 wat om die kroon sal meeding, is Bianca Bezuidenhout, Catherine Groenewald, Cheneil Hartzenberg, Jeanni Mulder, Kaylan Matthews, Kgothatso Dithebe, Lalela Mswane, Moratwe Masima, Tiffany Francis en Zimi Mabunzi.

Mej. SA word aangebied deur Weil Entertainment, in samewerking met M-Net, Mzansi Magic, Sun International en Stad Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daleen ·

As Mej Wereld moet sy vir haar jaar in New York woon Casper sy het nie ge-emmigreer nie. Maak eers seker van jou feite.

Karina ·

Ek het ‘n video gesien van die plek, pragtig, maar die plank vloere klink hol as hulle daaroor loop, dit is nie regte hout vloere nie. Maar buiten die vloere, is die res van die woonstel pragtig, die kombuis is fantasties, moet hemels wees om daar te kook. Die yskas en al die implimente soos skottelgoedwasser, lyk soos deel van die kas, jy druk net aan die kant en die deur gaan oop. Baie modern.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.