Kyk: Ondersoek ná aanranding terwyl polisie glo toekyk

In die video is dit duidelik hoe Byliefeldt deur die mans oorval en aangerand word (Foto: Skermskoot)

Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe ʼn groep mans ʼn ander man in ʼn polisiestasie op die grond rondsleep en skop. Dit terwyl die polisie skynbaar toekyk en niks doen om die aanval te keer nie.

Die voorval het Sondag omstreeks 11:30 by die Witrivier-polisiestasie in Mpumalanga plaasgevind.

In die video is dit duidelik hoe ʼn man aggressief deur ʼn groep ander mans geruk en pluk word, terwyl ʼn vrou histeries skreeu: “Help hom. Doen iets.” In die video kan gesien word hoe die polisiebeamptes staan en kyk terwyl die groep mans die slagoffer op die grond rondsleep en teen die kop skop.

Delia Jordaan, wat die video geneem en op sosiale media geplaas het, sê die polisie het net staan en toekyk terwyl haar verloofde, Barend Byliefeldt, deur vier mans oorval en aangerand is. Die mans was agter haar verloofde se selfoon aan.

Jordaan en Byliefeldt het na die polisiestasie gevlug ná ʼn konfrontasie met die groep mans op die R40 digby die Witrivier-gholflandgoed. Die beweerde aanranders was glo vies dat die paartjie die onderonsie met hul selfone opgeneem het.

“Ons het gevoel ons lewens is in gevaar, en dit in ʼn plek waar jy veronderstel is om veilig te voel,” vertel Jordaan oor die episode in die polisiestasie.

Só het die konfrontasie verloop

Jordaan vertel die paar het Sondag van hul plaas na Witrivier gery om kruideniersware te gaan koop. Hulle hond was saam met hulle in die motor.

“Op die R40-pad, digby die Witrivier-gholflandgoed, het verskeie voertuie oor dubbele soliede sperstrepe ons verbygesteek. Hulle het nie ag geslaan op enige aankomende verkeer nie en het ons in die proses byna van die pad afgedruk.”

“My verloofde het vir my gesê om sy foon te vat en die voorval af te neem, aangesien hulle baie gevaarlik en roekeloos gery het.”

Jordaan vertel by die Casterbridge-sirkel in Witrivier is hulle deur die einste verdagte voertuie omring. Die een voertuig, ’n swart Range Rover sonder ’n nommerplaat, het skielik voor die paar tot stilstand gekom en die pad versper.

“Die bestuurder van dié voertuig het uitgeklim, sy vuurwapen uitgeruk en na die bestuurskant van ons motor geloop. My verloofde het sy venster toegedraai om ’n konfrontasie te verhoed.”

Volgens Jordaan het daar intussen ʼn ander voertuig agter hulle stilgehou. Dié bestuurder het ook uitgeklim. Hy het ʼn groot voorwerp in sy hand gehad. Hy het die paar se motor genader en een van die motor se vensters met die voorwerp stukkend geslaan.

“My verloofde het besef ons is in gevaar en hy het besluit om die motor in trurat te sit en weg te jaag.”

Die paartjie kon daarin slaag om ongedeerd weg te kom en het na die plaaslike polisiestasie gejaag. Die mans het hulle agternagesit en hulle steeds van die pad af probeer druk.

“Een van die motors het ‘n taktiese reaksie-eenheid se logo opgehad.”

Polisie weier glo om te help

In die video kan ‘n mens sien hoe die polisie staan en kyk terwyl Byliefeldt aangerand word (Foto: Skermskoot)

By die polisiestasie het die paar uit hul motor gespring en die gebou ingehardloop. “Ek het geskree dat die polisie ons moet help, want ons word deur gewapende mans agtervolg.”

In die polisiestasie het die beamptes die paar na ʼn kamer geneem. “Ons kon vanuit die kamer se venster ons motor sien. Ons het ook gesien hoe die groep mans wat ons agtervolg het buitekant saamgedrom het. Van die mans het om ons motor gestaan en sommige het die polisiestasie binnegekom. Hulle het vir polisiebeamptes gesê dat hulle ons selfone wil hê.

“Ons het in daardie stadium vreesbevange gevoel. My verloofde het als met sy selfoon afgeneem. Die polisie en die groep mans het nie daarvan gehou nie. Die adjudant-offisier het ons gevra om ons selfone te oorhandig, maar ons het geweier.”

Dit word beweer dat een van die mans gedetailleerde inligting oor die paartjie gehad het, insluitend waar hulle woon.

“Ons het in gevaar gevoel en het ons vriende, prokureurs en plaaslike veiligheidsmaatskappye probeer kontak om ons te kom help. Barend het een van sy vriende gebel om stasie toe te kom om seker te maak ons hond is ongedeerd. Die hond het nog heeltyd in die motor gesit.”

Jordaan vertel Byliefeldt het buitekant toe gegaan om sy vriend te help om die hond veilig uit die motor te kry. Toe hy buitekant kom, het hy gesien hoe die groep mans die vriend ook intimideer en probeer keer om by die hond uit te kom.

“Barend het die hele voorval afgeneem. Die groep mans het dit gesien en wou probeer keer. Hy het in die stasie ingehardloop en hulle het hom agterna gesit. Dit is toe dat die vier mans in die stasie hom oorval en begin aanrand.”

Die mans kon daarin slaag om tydens die struweling Byliefeldt se foon in die hande te kry en te vernietig.”

Jordaan sê die polisie het die groep mans boonop ná die voorval bloot laat gaan.

“Toe ons by die polisiekantoor aankom, het ons verskeie kere gevra om ’n verklaring af te lê en ’n saak te open. Ons is deur die polisie geïgnoreer.”

Reaksie op die voorval

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie betreur die voorval.

“Volgens die SAPD-bestuur is ʼn polisiekantoor nie ʼn gevegsterrein nie, en kan sulke wettelose gedrag nie geduld word nie. Die optrede van die individue wat in die fisieke onderonsie betrokke was, is onaanvaarbaar,” sê Hlathi.

Die polisie versoek Byliefeldt om ʼn strafregtelike klag aanhangig te maak sodat die saak ondersoek kan word.

’n Ondersoekspan is ook saamgestel om die gedrag van die polisielede wat daardie dag aan diens was, te ondersoek.

Intussen is ’n strafregtelike klag van kwaadwillige saakbeskadiging en crimen injuria teen Byliefeldt aanhangig gemaak. Hy word daarvan beskuldig dat hy teen ʼn sekere voertuig gebots het en na bewering rasse-uitlatings gemaak het.

“Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is bewus van hierdie voorval,” sê Hlathi.

Die DA en VF Plus het Opod versoek om dringend ondersoek in te stel ná die video soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het. Die DA het ook aan genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, geskryf en gevra dat hierdie groep mans so gou as moontlik geïdentifiseer en in hegtenis geneem word.

“Daar moet ook vasgestel word of hierdie mans enige verbintenisse met die polisie het. Die nasionale polisiekommissaris moet ook ’n interne ondersoek instel na die gebrek aan optrede deur SAPD-lede en dat hulle glo geweier het om ’n saak te open. Die gebrekkige veiligheid by die polisiekantoor moet ook ondersoek word,” sê Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie.

My fiance being assualted inside White River SAPS (Police Station) by members of the public by multiple members of SAPS do nothing.

Posted by Delia Human on Sunday, March 28, 2021

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Misky ·

Dit is skokkend!!!! Dagvaar die rook uit hulle en vat die saak verder. MM, hou ons asb op hoogte

Sarel ·

Dit was heel moontlik due Polisid self en hulle szl bexkerm word. OPOD se werkslading is van so aard dat dit jare kan neem.

Sandra ·

Die voorval is absoluut skokkend. Dat so iets in ‘n plek waar mens veilig moet voel kan plaasvind is ‘n transgressie van die man se regte. Die polisie moet aangekla word wat dit toegelaat het in die eerste plek. Maak nie saak wat die man gedoen het nie, geen persoon moet so aangeval word onder enige omstandighede nie. Die feit dat hulle sy persoon deursoek het terwyl die polisie toegekyk het is teen enige reels wat daar nog moontlik is. Ek wil my verstout om te se dat as dit andersom was, sou die wit man definitief nou in die tronk wees. Tot die EFF sou kom toi toi het by die polisiestasie.

Werner ·

Hier gaan nog baie skokkende gevalle plaasvind in die land.

Elsie ·

Daar praat jy die waarheid, die polisiestasie sou afgebrand gewees het sommer nog dieselfde aand as dit omgedraai was

Prontuit ·

o genade en dis ons voorland!!!!! ek hoop nie julle gaan die saak net hier los nie, liewe land is ons nerens meer veilig nie????????????????

Anoniem ·

NEE Veronika. Ons is GLAD nie meer veilig nie. Die land behoort nou aan our people en hulle sê dit self.

Cd ·

Geen wonder die polisie word beskou as die swakste en mees korrupte dept in die staatsdiens nie

Casper ·

En weereens kom die rassekaart te voorskryf.Hoe gerieflik is dit om swart te wees.

Herpiet ·

Daar sal niks van kom. Onthou hulle kan nie rassisties wees nie..

MT ·

My broers en my susters; ons is in ‘n lae intensiteit Burgeroorlog gewikkel. Daar is – tot op hede – nog nie ‘n formele oorlogsverklaring teen Blankes in Suid-Afrika uitgevaardig nie, maar dit beteken nie dat die oorlog alreeds vir geruime tyd voort woed nie. Die gevegsterreine wissel van skoolgronde tot universiteitslokale, tot voorstedelike woonbuurte, plase, landelike gemeenskappe, ens.

Soos in enige oorlog, het elke groep uitkenbare tekens en uniforms. As Blanke is jou uniform jou Blanke vel, en al kruip jy vir die res van jou lewe op jou kniee rond, al was jy almal se voete, al gee jy al jou besittings weg, al versaak jy alles wat eerbaar en heilig is, sal hierdie gebare jou nie uit hierdie oorlog kan red nie.

Werner ·

Beste kommentaar.Ek glo dat die intensiteid nou baie gaan verhoog.

Hendrik ·

Ja is so. Moenie dink as jy daar saam hulle bokspring en dans jy sal as een van hulle aanvaar word nie. As hulle jou alleen kry in die donker en jy is wit gaan jy vrek. Hulle gaan nie worry of jy saam hulle gestaan het nie. Hulle gaan nie worry of jy hom geborg het en deur skool en universiteit gesit het nie of n huis gebou het of kar gekoop het nie. Dis maar so.

Stefaan ·

MT ek kan nie meer met jousaamstem nie. Ongelukkig leef baie Blankes met die idee” dit sal nie met my gebeur nie” Hulle was gewaarsku

Kattebol ·

Dis die rede waarom ons ‘n vuurwapen saamdra. As ons dan in elk geval aan die kortste end trek, maak dit die moeite werd.

Tjaart ·

Sal graag wil weet wie hierdie mannetjies is – veral die knapie met sy geel hempie. Wil net weet vir wie om op die uitkyk te wees.

Hendrik ·

Wit mense moet aanvaar die polisisie is nie die witmense se vriend nie. Hulle ondersoek niks sake wat n witmens gemaak het nie. Of dit nou diefstal, roof, moord, inbraak of aanranding is nie. Daar is baie min van hulle wat dit nog doen. Die polisie bestaan uit n tsotsi bende uit. Hoof tsotsi is genl hoed.

Werner ·

As ek so na die video’s kyk het die polisie defnitief toegekyk nie glo toegekyk as of dit nou nie gebeur het nie.

Deon ·

Daai groot kokkedoor se die mense moet n saak maak voor dit ondersoek kan word, hy is seker ook bietjie blind, n video is mos redelik goeie weergawe van wat in daardie polisie stasie gebeur het. Al hierdie blykbaar en kom voor en al daardie lekker se goedjies is sodat iemand asseblief tog nie “offend” word nie, dit moet end kry, n graaf is n graaf

Dup ·

Dit is maar net die begin….dit gaan nog erger raak….al sê wie ook wat…..

Werner ·

Stem hier kom nog goed wat die mense nie in hulle wildste drome verwag nie.

Sylvia ·

Dit is skokkend, woorde ontbreek byna, en sy mede-“broer” staan en toekyk, die absolute wetteloosheid, ensovoorts wat tans aangaan vul mens met angs!

Johan ·

Dit is presies hulle plan, om angs onder die minderhede te verspei.

Regverdigheid ·

Waar is regverdigheid ….. nie in ons land die Polisie doen nie eers hul werk om mense te beskerm…. hoop nie jul los die saak hier vat dit verder , bly jul is darem veilig .

Marianna ·

Mense wat hierdie land wil besoek, bly weg asseblief as jy jou lewe lief het. SA is ‘n ‘n land wat jou geestelik en fiesies breek. Om op te staan teen hierdie dinge help nie want ons sit met ‘n regering van kriminele in suits. Menseregte….. daar bestaan nie soiets in SA nie. Dan word ons blameer as ons die reg in eie hande neem.

Marius ·

Daar is nie meer n plek waar jy veilig is nie . Waar ookal die regering en sy aanhangers is verander alles in chaos . Dit is hulle ding om mens teen die kop te skop , of jy nou 80 of 20 is . Maar laat ek eerder niks verder se nie .

Stefaan ·

Niks word berig van die persoon wat heeltyd ‘n wapen op hulle gerig het. Hulle is ook nie in die polisie stasie gevra na hulle lisensies nie. Hier is iets anders aan die gang.

gatgogga ·

Ja, hier is iets anders aan die gang – dit is rasisme.

Marianna ·

Dit is wat met witmense gebeur. As die situasie omgekeer was, was dit wereldnuus. Hierdie moet wereldwyd op social media geplaas word. As Floyd dit kon regkry kan ons ook.

Alet ·

Dis skokkend maar weereens gaan niks gebeur nie. En elke keer word die rassekaart getrek. Hulle het klagte gemaak . Omdat hulle elke keer wegkom daarmee. Altyd die slagoffers. Altyd en kan met geweld alles regmaak. Hoekom? Omdat hulle niks oorkom nie.

Bernard ·

Ek gaan NIE kommentaar lewer nie want ek gaan defnitief iets sê wat onvanpas vir hierdie blad is!!!

Estelle ·

En dié in gekamoefleerde drag staan ook net en toekyk …. absoluut skokkend!!!!

Jakes ·

Hierdie gedrag kom voor wanneer onbeskaafde gemors geklee in duur klere en luukse karre ry, geen respek vir padordonansies of mense het nie. Jammer vir die slagoffer maar dit sal nie altyd volgens hierdie kriminele se plan verloop nie. Die dag sal kom wanneer hulle dit met die verkeerde persone gaan probeer. Die polisie wat staan en toekyk het moet ook so geklassifiseerd word.

ES ·

Jakes, ek is geneig om saam jou te stem. As iemand uit ‘n kar spring en met sy vuurwapen aankom is my lewe in gevaar, en dan sou ek myself moes verdedig met my eie vuurwapen.

Louise ·

ag ons LIEWE land het sulke dubbel standaarde dat hier NIKS van gaan kom nie.
NIKS nie. was die kleur omgedraai was die HELE land WEER aan die brand gesteek en almal DADELIK toegesluit!

Aai ·

Iemand moes iets gese of gedoen op die pad dat hulle vir Barend aangerand het mense doen nie net so iets vir niks.Ek kom nie op vir enige iemand maar dink hier kort iets?

Moedeloos ·

My opinie – daardie klomp smokkel of doen iets onwettig en die feit dat hierdie onskuldige paar hulle op video opgeneem het, het nie in hul beplanning geval nie. Hoekom sal iemand jou foon wil afvat behalwe as daar bewyse op is. Daar is n groot slang in die gras met hierdie insident. Hierdie manne is nie sommer van hier nie hulle is besig met iets groots. Die Valke kan hul doen en late maar opvolg en naspoor.

Aai ·

Maar dan hoekom noem die paartjie wat dit afgeneen het niks oor dit nie?

Hendrik ·

Wat sal jy dink kort? Maaknie saak wat jy dink kort nie, polisie was nie veronderstel om dit toe te nie al het iets volgens jou gekort. Skri al is dit net wakker.,

Aai ·

Hendrik,Wonder wat gaan jy se as die mense wat volgens my net sy foon probeer afvat dalk polisiemanne is?Hulle het nie sy vrou probeer aanrand het hulle?Op die oomblik hoor jy net een kant van die storie.Ek sien geen aanranding op video’s een probeer wel hom skop dan stop een van hulle dit die res probeer net foon vat?Wag tot jy altwee kante hoor voor jy se iemand moet wakker word.

Deon ·

Kyk die video weer, die een slaan hom in die gesig die heel eerste breekdeel van n sekonde van die video… Mens mag glad nie so behandel word nie… Daai aamvallers was desperaat, desperate katte maal desperate spronge.

Hendrik ·

Miskien moet jy die storie weer lees. Polisie beamptes moet hulle self identifiseer.

gatgogga ·

Probeer hierdie dan verstaan: vir watter rede sou poliie sy selfoon wou afvat?

Aai ·

Gatgogga,As hulle polisie manne is het hulle die reg om dit as bewyse in te handig,ken jy nie die wet as hy weier mag jy die nodige geweld gebruik om dit af te neem as bewyse.As jy radio Pretoria geluister het vanoggend klink dit my hulle is staats veiligheids beamptes.Leer ‘n polisieman se regte voor jy vrae vra wat jy nie ken.

Moedeloos ·

Iemand het die pot se deksel gelig terwyl iets onwettigs gekook is.

Zacharias ·

Ciril se padda pot is ‘n stoompot, deksel is styf op. Julle moet oppas die ding gaan opblaas. Senekal was amper daar.

ES ·

Ongelukkig is daar weinig min wat mens in hierdie situasie kon doen.

Wat ek graag wil weet is, waar het hulle jou informasie gekry? En hoekom doen die polisie net niks nie? Dagvaar die polisie vir als wat hulle werd is.

Jou fundamentele mense regte is geskend – voor ‘n klomp getuies. Afgesien van wat hulle rede was, het hulle jou liggaamlike integriteit geskend, jou goeie naam, hulle het jou lewe in gevaar gestel, hulle het jou eindom by jou afgevat waarop hulle ‘n verpligting het om jou daardie reg toe te behou en die polisie het jou nie beskerm teen aanranding nie. Dit terwyl dit hulle plig is.

Dagvaar hulle klere van hul lywe af.

Adele ·

Ek wens die man het die videos iewers deur die chaos na iemand anders toe aangestuur. Hulle het dalk sy foon vernietig, maar hopelik kon hy die bewyse aangestuur kry. Dis beslis iets om te doen wanneer iets soortgelyks weer gebeur. Baie sterkte, hoop julle kry hulp, want dit is traumaties net om daarna te kyk.

Anoniem ·

Dit is skokkend. Maar wat kan verwag word van ‘n wettelose, ongedisiplineerde regering.

Tino ·

Skiet nou net een van hierdie rassiste dan is die hel los. Maak mos nes hulle wil!

Waar is ons regte MRK? Ongelukkig gaan ons altyd in die minderheid wees.

Stefaan ·

Aanvaar dat ons as Blankes geen regte het in die nuwe suid afrika nie.

Nie Verbaas ·

Cele seker in sy noppies met lamsakkige “opgeleide” polisie se optrede.

Jannie ·

Ek sal baie verbaas wees as hierdie skobbejakke nie in diens van die staat is nie. Dit is wat gebeur as jy halfgeskoolde mense in posisie van mag plaas….misbruik en entitlement sal volg. Vat hulle Gerrie Nel. En as hulle nie die raskaart kan bewys nie vervolg hulle daarvoor ook!

Chris ·

Dit bevestig net ons land is korrup met sulke SAP lede. Die ANC en EFF wakker sulke optredes aan want korrupsie vir hulle is alledaags omdat hulle geen morele standaarde het. Sulke optredes se net een ding Totsiens oorsese beleggings in ons land. Die ANC bestuur hierdie mooie land en sy mense in die grond in!

Dirk Mostert ·

Die SAP kan netsowel ontbind word. Hulle is nie hul salarisse werd nie.

Hanri ·

Glad nie spyt ek het my kinders geleer dat as jy ‘n polisieman sien, dan hardloop jy jou bene af nie! En verseker sal ek nou my kleinkinders ook so leer. Dis jammer, maar dit is nou maar so, 1 vrot appel maak die hele mandjie sleg as hy nie gou verwyder word nie!

Renier johannes ·

Hulle kan net in massa maak wat hulle wil ons moet ook begin om hulle te verniel

Bytjienw ·

Renier, sulke misdadigers moet altyd soos ‘n trop agterbakse hiënas saam loop, hulle is te lafhartig om een-een hulle man te staan.

Porseleintjie ·

Ag die ou rassekaart. Daar is absoluut geen beheer oor misdaad in die land nie, want misdadigers beheer die land. En as jy boonop wit is, sal so n insident op niks uitloop nie.

Bytjienw ·

Die dame in die video se naam is Delia Human (nie Jordaan nie) van Kiepersol, Mpumulanga. Die videos en volledige weergawe van wat gebeur het is op haar FB blad. Die rassekaart gaan nie hier kan werk nie, die blanke mans in kamofleerdrag is deel van die groep mans wat hulle gejaag het, hulle was in die gemerkte voertuie. Op die videos het die voertuie GP registrasies, so watse jurisdiksie het hulle in Mpumulanga?? En die “slim” man wat die foon vernietig het, het die videos wat die sogenaamde rassistiese komentaar op sou gehad het ook vernietig… Ek hoop die slagoffers kla die patetiese polisiemanne siviel ook aan!

Ovelia ·

Swak polisie swak. Haal die vrot appels uit en vernietg hulle

AmY ·

Waarom altyd die slagoffer/s skop? Veral teen die kop?
Het hulle enige idee hoe gevaarlik ‘n kopbesering kan wees?
Ek het epilepsie, en wil nie eens dink wat kan gebeur wanneer so iets met mý moet gebeur nie.
Baie mense met kopbeserings sukkel later in hulle lewe met die gevolge daarvan.
Het enige iemand die polisie lede ingelig daaroor?
Baie sterkte aan hierdie twee onskuldige mense. Hulle wou net ‘n misdaad gaan aanmeld het.
Ek het nou finaal my vertroue in die polisie verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.