Kyk: Ons is dalk net 44, maar ons is vrek snaaks

Die 44 Suid-Afrikaners wat wel nog Afrikaans praat, het nie op hulle laat wag nie en vinnig die spot begin dryf met die aktrise Charlize Theron se uitlatings oor haar moedertaal.

Theron het onder skerp kritiek deurgeloop nadat sy tydens ʼn podsending gesê het Afrikaans is aan die uitsterf en dat dit “nie ʼn baie nuttige taal is nie”.

Afrikaanses laat nou mos ook nie ʼn geleentheid verbygaan om ʼn bietjie gek te skeer nie en grappe oor Theron se uitlatings word sedert Donderdag wyd op sosiale media versprei.

Van die grappe vergelyk Theron se wiskundevermoë met dié van oudpres. Jacob Zuma, terwyl die jongste debakel met Dis-Chem ook in die mengelmoes gegooi word.

Nog ʼn grap vermeld so ewe bekommerd dat meer as 8 miljoen Afrikaanssprekendes vermis word nadat Theron die somme gemaak het.

Maroela Media wil ook sommer net van hierdie geleentheid gebruik maak om vir ons 44 lesers geluk te wens. Julle kry dit reg om maandeliks sowat 22 miljoen artikels op ons webtuiste te lees!

Hier is ʼn paar van die grappe wat die rondte doen:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Feather ·

Het nou kliphard gelag!! Gelukkig is ek alleen in my eie kantoor.

domheks ·

Sy (CT) het nou haar naam mooi BOLLIE gemaak. Dankie! lekker gelag op die Vrydag!

Jo-Anne ·

Ek bly in n besonderse land met die beste klimaat. Trots op my land en tale en om te dink die rykste man is ook van hierdie land afkomstig. Ons mag n klein land wees, maar ons is reg oor die wereld gesaai en praat nog steeds ons eie tale waar ons is.

Cherokee ·

Steeds ons eie tale? Liewe Jo-Anne. hierdie gesprek gaan oor eie TAAL?

Jacobus ·

Ek verstaan waarvan jy praat stem 100% saam, ons praat waar ons gaan ons eie taal en jy hoor en herken n SUID AFRIKANER op n afstand. Lyk vir my hier is nog wat saam JZ en CT se groep val.

Kiewiet ·

Ai man daardie grappe is uitstekend ek’t nou ook lekker gelag…AFRIKAANS bo v ALTYD
Net ons slim Afrikaanse mense wat met sulke oulike grappies kan uitkom!..

Tanniepetoors ·

Vanoggend op Facebook het ‘n familielid gesê as sy net haar naby-familie tel is daar reeds meer as 44. Ons het nog nie die wat oorsee is bygetel nie. Eienaardig genoeg het selfs hulle Afrikaanssprekende vriende en kennisse daar oor die water.

Piet Snot ·

Tannie Petoors, my kinders het oor die water grootgeword. Hulle is net so Afrikaans soos ek. Ek reken dit hang maar vd ouers af (en ja, ons vriendekring is 80% Afrikaans).

Hannelie ·

Dankie Charlize ek praat eerder Afrikaans, as wat ek “try” Engels praat. My taal klink in elke geval mooier as ek dit uitspreek, as wat jy jou “aangeneemde” Engels uitdruk.

yahneh ·

Ag, hoe lekker kielie hierdie berig nou my lagspiere… 9/10 en een vir netheid, Maroela Media!

Net nog ‘n bewys dat hierdie mooie land van ons nie sonder die Afrikaner kan bestaan nie. Ons verkies lag bo huil en soms doen ons dit sommer gelyk.

Niklaas ·

Wat het die dame gedink of probeer bereik ? Ek het altyd hoë agting gehad vir haar , maar nou is ek minder gelukkig met haar en daai uitlatings

Goldy ·

Ek dog sy staan vir inklusiviteit. Daars duisende tale met inderdaad slegs enkele sprekers, of net n paar duisend, en wat baie groter kans het om uit te sterf as afrikaans. So is hulle nutteloos?

Goldy ·

Hulle gaan al lankal in VSA spaans praat en nie meer engels nie dan gaan ons nogsteeds hier Afrikaans praat.

Kensy ·

Klink my C “Tron” is nie te trots op haar herkoms nie.
Om jou herkoms so te verkleineer, is baie swak smaak.
Jy is en sal altyd n Suid Afrikaaner bly poppie… “like it or not”…..

ek dink ons haal van die lysie af….. so there was 43 left….

Goldy ·

Afrikaans is een van die baie min tale waarin akademiese en wereldklas innoverende werk gedoen was, is steeds onder die top 10de persentiel en sal weer groei soos ons ons eie hoër onderwysinstellings herbou. Weet maar sy gaan nie weet wat persentiel beteken nie so sy sal dink die boodskap is nie feitlik nie, al is daar duisende tale. En geentaal is nutteloos nie.

Marius ·

Die dame moet net onthou dat haar ouers deel is van die 44 wat nog Afrikaans praat .
Ek het nie meer verwag van iemand wat die EFF se hoof finansierder is nie.

Johan ·

Ekt die laaste ook al gehoor, is dit waar? Die EFF beywer hulle vir volksmoord!

Goldy ·

Ja, hulle sit in die buiteland en gee niks om nie, soos al EFF se finansierders.

Astrain ·

Ons Afrikaans gaan BAIE LANGER AS JOU SKOONHEID VOORTLEEF!!! SKOONHEID VERGAAN MAAR AFRIKAANS SAL BLY STAAN ????

Misky ·

Dalk is 44 afrikaans sprekendes haar enigste aanhangers. Shame Charlize en ons “44 afrikaanses” het ook die skerpste sin vir humor onder die son.

Patch ·

Hoe lekker het ek nou gelag, in besonder vir die AIG een ☺

Papsak ·

Dankie vir almal wat kan saam staan lekker Chalize haal hulle jou uit as ek jy was het n soos n volstruis my kop in n gat gesteek van skaamte om so uit gehaal te word BRAVO VIR ALMAL TROTS OP ONS TAAL AFRIKAANS lekker gekry vir dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.