Kyk: Oud-SA polisieman nou Oekraïense soldaat

(Foto: Verskaf)

Peter Fouché, ʼn oud-polisieman van die Oos-Kaap, is so passievol oor Oekraïne se saak dat hy besluit het om betrokke te raak in dié land se oorlog teen Rusland. Hy help paramedici deesdae in die voorste linies om gewonde soldate so vinnig moontlik na veiligheid te kry en noodbehandeling toe te pas.

Fouché (48) was jare gelede deel van die blitspatrollie in Port Elizabeth voor hy na Engeland geëmigreer het. Hier het hy as konstruksiewerker gewerk net voor Rusland Oekraïne op 24 Februarie 2022 binnegeval het.

In die onderstaande video vertel Fouché hoekom hy besluit het om Oekraïne in die oorlog by te staan, wat sy lewensbedreigende werk hier behels en wat sy toekomsplanne is. Dit alles terwyl bomme enkele meter van hom af ontplof.

Fouché het vir Maroela Media ʼn toer gegee van hoe dit in sy bunker lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.