Kyk Ramaphosa se toespraak hier

Pres. Cyril Ramaphosa het dele van geweldgeteisterde KwaZulu-Natal Vrydag saam met verskeie ministers besoek. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal die land Vrydagaand na verwagting om 20:30 weer toespreek oor die veiligheidsituasie in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng.

Dit volg op die president se besoek aan eThekwini vroeër vandag na afloop van vandeesweek se openbare geweld en plundering.

Ramaphosa is vergesel van onder meer die ministers van verdediging en militêre veterane, polisie en staatsveiligheid, asook die premier van KwaZulu-Natal.

Hy het daarna met die nasionale veiligheidsraad en die kabinet vergader.

Kyk Ramaphosa se toespraak hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

fransdutoit3 ·

Sy besoek aan KZN was ‘n oorwinningstog en om vir sy politieke vyande die middelvinger te wys. Nou kan hy sy kabinet skommel na smaak..

Pieter ·

Hy het baie gepraat, en entlik niks gesê wat nie alreeds in die media versprei was nie. Wat hy wèl duidelik gemaak het, was om weereens die ANC se onbevoegdheid om die land en hul volgelinge te beheer te beklemtoon!!!

Johan ·

Ag lekker staan almal 1.5m uitmekaar…o wag nee dit is net vir ander mense.

Sandra ·

Waar was sy familietoespraak? Ons het gewag, maar niks het gebeur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.