Video: ‘Reuseskade’ ná brand in Vrystaat

Duisende hektaar weiding is in die brand vernietig en talle vee dood. (Foto: Verskaf)

Duisende hektaar weiding is vernietig en talle vee dood nadat ’n brand Donderdagmiddag tussen Boshof en Dealesville in die Vrystaat uitgebreek het.

Johann Steenkamp, AfriForum se takvoorsitter op Boshof, sê hoewel die oorsaak van die brand nog nie bepaal is nie, blyk dit ’n elektriese kabel te wees wat weens sterk winde gebreek het.

Duisende hektaar is in die brand verwoes. (Foto: Verskaf)

Volgens Willem van Niekerk, voorsitter van die Boshof-brandvereniging, het duisende hektaar afgebrand en is etlike diere dood of erg beseer.

“Ons het weereens reuseskade. Diere wat nie doodgebrand het nie, ly tans erg.

“Ons is juis nou besig om veeartse na die toneel te ontbied.”

Hy sê dat ’n boer ook sy bakkie in die proses gerol het soos almal onverpoos probeer het om die brande te blus.

’n Boer het sy bakkie in die proses gerol soos almal onverpoos probeer het om die brande te blus. (Foto: Verskaf)

“Die insittendes is gelukkig nie beseer nie.”

Van Niekerk sê die omvang van die skade sal eers later bepaal word en hulle probeer tans die oorsaak vasstel.

Johann Oppermann, ’n plaaslike boer, sê hy het baie vee en weiding verloor. Sy plaas is tussen Boshof en Petrusburg.

“Ek het baie lammers verloor. Sover ek weet, het dit tot 40 km ver gebrand.”

“Ek weet van boere wat niks weiding oorhet nie. Infrastruktuur is ook erg beskadig.”

Baie vee het gebrand. (Foto: Verskaf)

Hy sê die brand was, sover sy wete strek, teen Vrydagoggend heeltemal geblus. Geen huise het afgebrand nie.

Chris Ras, ’n inwoner wat op die toneel was, sê baie mense in die gemeenskap het hulle na die toneel gehaas om te help. “Mense het selfs skilpaaie wat probeer wegkom het uit die pad gehelp.

“Dis maar net nie ʼn lekker besigheid nie. Daar is baie skade en diere het swaargekry.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Daar gaan ons alweer en verlede jaar se Brandstigters is nog nie aangekeer nie.

Rian ·

Kan n sekere gevalle politikus se ondersteuners dalk betrokke wees?

Misky ·

Hierdie arme Vrystaatse boere het nog nie eens herstel na laasjaar se skade nie. My hart gaan uit na julle en dra julle op in gebed.

Tokkel ·

As jy nie respek het vir jouself, hoe sal jy respek hê vir ander se goed. My hart gaan uit vir die boere en my hart huil oor diere wat moet ly asgevolg van mense …….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.