Kyk: SA-rolstoelspeler in Wimbledon-eindstryd

Die Suid-Afrikaanse rolstoel-tenniskampioen Kgothatso Montjane. (Foto: Twitter/ Tennis South Africa)

Suid-Afrika se eie rolstoeltenniskampioen is deur na Wimbledon se eindstryd vir dié afdeling. Die vyfde gekeurde Kgothatso Montjane het Vrydag Momoko Ohtani van Japan met 7-6(3), 4-6, 6-4 geklop.

Sy sal vandag (Saterdag) teen die wêreldkampioen Diede de Groot van Nederland te staan kom. Montjane (35), het eers op universiteit begin tennis speel, maar in 2018 geskiedenis gemaak toe sy die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword het om aan Wimbledon deel te neem. Dit is die eerste keer wat sy die eindstryd haal.

Montjane is in Limpopo gebore met ʼn defek wat verhoed het dat haar bene ten volle ontwikkel. Sommige van die vingers aan haar regterhand, wat sy gebruik om die bal mee in die lug te gooi wanneer sy afslaan, is ook nie behoorlik ontwikkel nie.

Ná Wimbledon het sy haar visier op ʼn medalje by die Paralimpiese Spele wat op 4 Augustus in Tokio begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Pragtige spel! Indrukwekkend! En sommer so terloops wonder ek of wit presteerders dieselfde handeklap kry vanaf ‘n swart pawiljoen. Dit is verdòmp lekker om te sien hoe sy niè toelaat dat haar gebrek haar affekteer nie.

Yvonne ·

Trots op haar,,,kan our people nie iets by haar leer nie…so n mooi voorbeeld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.