Kyk: Sentrale vuurwapenregister ʼn gemors

Dokumente word op enige oppervlakte staangemaak by die kantore van die sentrale vuurwapenregister. (Foto: Verskaf).

ʼn Drastiese ingryping by die sentrale vuurwapenregister (SVR) is nodig om die chaos wat betref dokumentasie en kantoorgeriewe aan te spreek  en die proses te verander.

Só sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, ná ʼn besoek deur die parlementêre komitee vir polisie aan die SVR se kantoor die afgelope naweek.

Foto’s van derduisende dokumente wat in hope op elke denkbare oppervlak in die kantoor se vertrekke en gange gestapel is, is op sosiale media gedeel.

Volgens Groenewald is daar tans ʼn agterstand van ongeveer 250 000 aansoeke om vuurwapenlisensies wat wag om verwerk te word.

Dokumente staan opgestapel in die gange van die sentrale vuurwapenregister se kantore. (Foto: Verskaf).

“Daar is geen behoorlike liasseerstelsel nie. Rotte hardloop rond in die gebou en aansoeke word met die hand hanteer weens ʼn gebrekkige rekenaarstelsel. ʼn Onreg word teen vuurwapeneienaars en -handelaars gepleeg wat aansoeke om lisensies en bevoegdheidsertifikate betref,” het Groenewald aan Maroela Media gesê.

Andrew Whitfield, die DA se skaduminister vir polisie, sê die hele aansoekproses moet dringend aanlyn geskuif word. “Dit is duidelik dat die vuurwapenregister heeltemal wanfunksioneel is en nie sy wetlike mandaat kan nakom nie.” Volgens Whitfield is daar ʼn tekort aan personeel en is die hele gebou waaruit die register bedryf word, boonop onveilig verklaar.

“Die polisie het aan ons gesê dat aansoeke om vuurwapenamnestie op ʼn hoop op die vloer gestapel word. As jy dus eerste aansoek gedoen het om amnestie, gaan jou aansoek waarskynlik laaste verwerk word.”

Die polisie het in Februarie aan die parlementêre komitee bekendgemaak dat slegs 4% (2 059) van die 50 962 aansoeke om vuurwapenamnestie wat in die 2019-’20-boekjaar ingedien is, gefinaliseer is. Van die 30 356 aansoeke wat tydens die 2020-’21-boekjaar ingedien is, is slegs 280, of 0,9%, afgehandel.

“Duisende Suid-Afrikaners is blootgestel terwyl hulle wag op die afhandeling van hul aansoeke om vuurwapenlisensies. Dit is onaanvaarbaar,” sê Whitfield.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Die voorstel is al lank gelede gemaak dat ‘n lisensie lewenslank moet geld, en slegs die bevoegdheidsertifikaat hernu moet word.

Persheks Adri ·

Glad nie verbaas nie! Dis omtrent ‘n gemors, maar kyk wie is in beheer. Hel ek voel jammer vir die mense wat reeds aansoek gedoen het en die wat wag vir amnestie aansoeke.

Weereens moet ons die ANC bedank vir die gemors! Onbevoeg verby om die minste te sê gggmmmfff pateties

Willem ·

En nou moet jy jou vuurwapen liksensie hernu en as dit nie betyds gedoen kan word nie moet jy jou vuurwapen by die polisie indien anders sit jy met ń ongeliksensieerde wapen en dan word dit op straat verkoop en jy sit nog sonder ń wapen dan ook en as jy hom ooit terug kry en daar was ń misdaad gepleeg daarmee wie gaan in die moeilikheid wees

Stormjaer ·

Kry jou feite reg asseblief, as ‘n mens jou lisensie hernu gee jy nie jou vuurwapen in nie. Jy kry ‘n bewys van hernuwing wat geldig is terwyl jy wag vir jou nuwe lisensie. Dieselfde geld nie vir amnestie gevalle nie.

Frikkels ·

Hoekom nog wag vir stembusse? Hierdie onbevoegde regering moet uit die kussings gelig word en voor die voet toegesluit word. So kan dit net eenvoudig nie aangaan nie!

JM ·

Die ANC-regering is in ALLE (!) opsigte ‘n totale mislukking, maar klou verbete aan die mag vas. Mag die Vader uitkoms gee, dinge kan nie so aangaan nie.

Strandloper ·

Die anc se neiging om terug te keer na die steen tydperk. Afrika is n toonbeeld daarvan.

Pietertjie ·

Daardie gebou se vloer gaan nog meegee onder die gewig. Mens kan aan die plafon sien dat die vloere nie ontwerp is vir ekstra swaar lading nie.

Baardman ·

HELP ASB AfriForum. Lisensiekaarte van aansoeke wat goedgekeur is, kan ook nie gedruk word nie.

Di ·

Ag asb! Ek is nie eers verbaas nie. Wys my net 1 ding wat in stand gehou word of wat ‘n sukses is vandat die ANC in bewind is. Als gaan ten gronde, van bad to worse. Hierdie land was nog nooit in SO slegte toestand nie.

Excalibur ·

Chaos net waar jy kyk en GEEN oplossings of ‘n Politieke WIL om dit reg te stel nie! Bestuurslisensies van ouds in die ou RSA ID was eenmalig afgele en baie baie streng afgele tot hy/sy ALLES 100% tevredenheid slaag; daarna het Jan Publiek met sy/haar bestuurslisensie bestuur totdat hy/sy jeens oortredings of ouderdom onbevoeg verklaar is. Dieselfde het gegeld vir vuurwapenlisensies wat selfs windbukse ingesluit het…..EN….EN DIT HET 100% GEWERK. Waarom peuter aan ‘n stelsel wat gewerk het en nou soos ons dorpe en strate totaal in chaos verval het? Regering, hierdie beheer het nie gediskrimineer nie en dit was onnosel om dit na 1994 (“NUWE SA”) te verander want die populasie groei geweldig en sisteme moet liefs eenvoudig maar doeltreffend bygehou word soos van ouds. Selfs die verslondsde SA Weermag het sy trots verloor insake vuurwapen beheer. Daar word amper maandeliks Staatswapens van veral die SANW in die SAPD 13 store deur die Valke en SAPD ingeboek.

Johannes ·

Lyk eerder of die SVR te sleg is om te werk.

Cele sal seker sê dat hy eers Vrydag van die agterstand verneem het.

Cecilia ·

Dis nie net daar by d kantore wat so lyk nie. By Nelspruit SAPS le d ingehandigde wapens op d vloer en oral. D kluis deur sluit nie eers behoorlik nie. Daars nie 1 manier wat ek my wapen inhandig vir n klomp onbevoegde akaders nie.
Eks alleen ouer mt 2 dogters ekt my beskerming nodig

Andries ·

ANC taktiek om die mense te ontwapen wat as volg werk: Vertraag alle lisensies wat dan vuurwapen besit onwettig maak en veroorsaak dat wapens ingehandig moet word.

Buks ·

Skaf die vervaldatums op die lisensies AF en gee vuurwapen winkels die vermoë om aansoeke aanlynbte hanteer terwyl jy wag. Jy gaan dus nog dieselfde dag huis toe met jou vuurwapen wat jy gekoop het en daar is geen papiere wat rondlê nie

Tinus ·

Ja 26 Mei sal dit ‘n jaar wees wat ek wag om my lisensie se hernuwing. Ek sien nou hoekom!

Nie Verbaas ·

Dit is mos die ANC norm om alles in n gemors te laat verander. Hulle kan dit nie help nie want logiese denke bestaan nie in die party nie. Snaaks dat dit nie weer “kommerwekkend” is nie.

Bart-Man ·

Alles in die staat sal anders wees as ons die betaal stelsel omkeer. Kry eers dan betaal. Kry eers dan betaal. Kry eers dan betaal. Nou werk dit so Betaal, niks. Betaal weer niks. Betaal weer niks.
Is ons almal betaal vir niks pampoene?.

Eclectus ·

Die polisie beweer sedert 2017 ek het van 2015 af ‘n wapen wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie op my naam. Ek het verlede maand uitgevind hierdie wapen was in 2013 ingehandig vir vernietiging. Het maar hoopvol ‘n beëdigde verklaring ingedien. Die polisie het tans ook nie beheer oor hulle eie vuurwapens nie.

Dawie ·

My aansoek is een can daai daar binne seker. My vraag is, in die tegnologie era waarin ons is, hoe kan die regering nie al lankal so iets geimplementeer het om alles digitaal te maak nie? Kyk bv, jy doen bevoegdhuid aansoek (nuut), dan moet jy jou vinger afdrukker doen, wanneer jy jou vuurwapen lesensie na die tyd doen, moet jy weer vinger afdrukker doen, maar dis alreeds op die sisteem. Jy doen al klaar vinger afdrukke as jy Bank toe gaan, lisensie hernuwing, hoe kan al die goed nie op die selfde databasis gesit word nie?

Ja die voorstel was gemaak jare terug, maar nogsteeds is niks gedoen nie, ek sal graag wil weet wat gaan VF-Plus doen met die saak? Hoop dit is nie net n berig en iks word gedoen nie. Ek sou se, Solidariteit, Afriforum, VF-Plus moet drukking op die staat sit om die so gou as moontlik na n privaat sektor to se skyf asook om alles digitaal te doen sodat vinger afrukke en agtergrond sommer deur die vuurwapen winkel gedoen word, wat kla vinnager sou wees.

Hans ·

Gaan loop biki verder deur daai gebou – Wachthuis- die gedeelte waar dosiere en rekords gehou word lyk al vir meer as 15 jaar presies net so. Ek het in daai gebou gewerk

Keelvol ·

Het dit lank al voorgestel dat die polisie alles digitaal moet doen en weg met papier werk. Maar onse generaals is te belangrik om te luister.

Marina ·

Vet salarisse is al wat belangrik is verder gee niemand ‘n dooie duit om nie en hier is nou ‘n goeie bewys daarvan

Gert ·

Ek het in 2013 al n brief gekry van die apel afdeling your license will be issued in due course. Ek wag nou nog. Het weeer aansoek gedoen in November.

Jack ·

Ge wonder omtrent almal het n onwettige vuurwapen nie. Ek dien nou juis aansoek in en sal seker die lisensie na my dood kry. Sal moet kyk na iets onwettigs want die misdaad gaan nie wag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.