Kyk: Skokgranate buite hof in Piet Retief afgevuur  

(Foto: Tania Heyns)

Die polisie het skokgranate buite die hof in Piet Retief afgevuur om ʼn groep betogers onder beheer te probeer bring.

ʼn Groot groep betogers drom al van vroegoggend af buite die hof saam. Een groep betogers het deur die versperrings probeer kom waarna polisiebeamptes skokgranate afgevuur het om hulle terug te hou. Ander groepe betogers dans, sing en swaai plakkate rond te midde van ʼn sterk polisieteenwoordigheid.

Die betogers eis geregtigheid vir die Coka-broers wat op 9 April op die plaas Pampoenkraal in die Dirkiesdorp-omgewing doodgeskiet is.

Vyf verdagtes sal na verwagting vandag in die landdroshof om borgtog aansoek doen. Vier verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem. Daniel Cornelis Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53) en Ignatius Michael Steynberg (31) het verlede Maandag die eerste keer in die hof verskyn.

(Foto: Tania Heyns)

Nog ʼn verdagte is later die week in hegtenis geneem en het Vrydag in die hof verskyn. Hy sal na verwagting vandag saam met die ander vier verskyn. Daar is volgens berigte moontlik ook ʼn sesde verdagte, maar dit is nie duidelik of die verdagte ook vandag in die hof gaan verskyn nie.

Maroela Media het vroeër berig ’n groep van tussen 20 en 25 mans op soek na werkgeleenthede het op die betrokke dag gedreig om die werkers op die plaas te verjaag.

(Foto: Tania Heyns)

Hulle was glo met knopkieries, pangas en pype gewapen. Boere op die toneel is glo deur die betogers aangerand waarna glo uit noodweer begin skiet is om hulself teen die moeilikheidmakers te beskerm, terwyl hulle vergeefs op die polisie gewag het.

Twee broers, Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka, is doodgeskiet. Een van die bewerings wat nou gemaak word, is dat een Coka-broer die ander tydens dié wilde skietery doodgeskiet het. Die ander broer is daarna glo uit noodweer doodgeskiet.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Di ·

As die wat nou dood is in die eerste plek nie gaan moeilikheid maak het nie, dan sou hierdie dinge nie gebeur het nie. Nou wil die EFF weer katjie van die baan speel – Patetiese spul

Piet Snot ·

“Geregtigheid vir die Coka broers”. Hoe smaak dit my dan hulle het hoeka reeds geregtigheid gekry?

Philip ·

Die patroon van die hofsaak gaan presies die selfde wees as wat in vorige sake die gebruik was. Die saak word deur staat se aanklaers uitgerek en leunagtige sogenaamde getuies word woord vir woord deur hulle verteenwoordigers persoonlik onderig. Wat my egter woedend maak is dat die sogenaamde getuies nie na afloop van saak nie van meineed aangekla word soos in vorige sake

Marius ·

Ja en wat van die boere wat daagliks vermoor word op plase ? Geen boere , geen kos op die rak of kas nie . Nee die pap kom nie van die winkel rak af nie maar van die boer se plaas af .

Grassie ·

Sommige van die boere was ernstig aangerand, een selfs baie ernstig. Ek sien nie dat iemand daarvoor aangekla word nie. Die sg “slagoffers” was met gevaarlike wapens bewapen, aggressief en die voorval het op die boer se plaas plaasgevind. Hulle was dus die aggressors en aanvallers. Die regeringsoptrede hier is dus eenogig en rassisties.

Hein ·

Waarom betoog julle nie ook in Calitzdorp nie. Daar het jul volk ‘n blanke vermoor maar die hof is leeg.

Nie Verbaas ·

En daar gaan die oningeligte meerderheid alweer. Dis seker moeilik as sekeres altyd die “slagoffer” is.

Andrew ·

Polities, aka George Floyd storie die. Dit is sielkundige oorlog

ChrisR ·

Maroela,

Watse maatskappy sponsor daai plakate en Gholf hemde van daai gehuurde betogers?

Anoniem ·

ANC is nie in staat om hierdie Mooi Land van ons te beheer nie en POLISIE het nie die korrekte opleiding om hierdie situasie te hanteer nie. Jy mag ook nie meer jou eiendom beskerm nie!!!!

Nico ·

Daar is geen demokrasie in hierdie land nie, dit gaan oor sosialisme. Baie besef dit nie eers nie, wat sê die Kommunisme “wat myne is myne, wat joune is moet gedeel word”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.