[Kyk] Steve se musiekvideo sien die lig

‘n Skermskoot van die video. Die video volg onderaan die berig.

Ná ʼn verkeersknoop, ʼn “flash mob”, ʼn “inhegtenisneming” en ʼn selfoonvideo daarvan wat wyd op sosiale media versprei is, het die sanger Steve Hofmeyr en sy span daarin geslaag om die video vir sy nuwe treffer in ʼn paar uur aan mekaar te slaan.

Maroela Media het Dinsdag berig Hofmeyr is die oggend in die noorde van die stad “in hegtenis geneem” terwyl hy in spitsverkeer beeldmateriaal vir ʼn nuwe musiekvideo geskiet het.

Hofmeyr het omstreeks 07:00 in ʼn regstreekse Facebook-uitsending aan sy meer as 400 000 volgelinge op Facebook gesê hulle het ʼn “flash mob” gereël om beeldmateriaal vir sy nuwe liedjie, “Feeslied”, te skiet en dat hulle die hele Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambesi) tot stilstand gaan bring. Kyk die video hier.

Kort ná die liedjie word hy deur twee metropolisiebeamptes met sy hande agter sy rug van die padaansluiting af weggelei. Sy “inhegtenisneming” het sosiale media aan die gons gehad en talle mense het hulp aangebied om hom te gaan bystaan.

Hofmeyr het kort ná die voorval aan Maroela Media gesê hoewel hy van die toneel af weggelei is, is hy nie regtig in hegtenis geneem nie.

“Ons het die flash mob vooraf beplan en besluit om drie minute uit mense se lewe te vat en vir hulle in spitsverkeer te sing vir beeldmateriaal vir ‘Feeslied’. Ons het vyf kameras gehad, talle mense het selfoonvideo’s geneem en daar was selfs ʼn hommeltuig,” het hy gesê.

Een van die motoriste wat dit aanskou het, het op Facebook gesê dit was die beste verkeersknoop in haar lewe.

Hofmeyr het gesê die video sou voor Dinsdagaand voltooi en op sy Facebook-blad gedeel word en dit is juis wat gebeur het. Hy skryf:

“En hier is hy! ‘Feeslied’ se flash mob-video van vanoggend op Zambesi-rylaan.

“ʼn Trêffic jêm, ʼn video en amper ʼn halfmiljoen kykers met 4.2K kommentare, alles binne 9 uur … Dankie vir soveel pers en media wat saamspeel. Dis tog alles ook fun. As jy deel was, dankie! As jy laat was, jammer!” [sic]

Feeslied

En hier is hy! Die FEESLIED flashmob video van vanoggend op Zambesi-rylaan. 'n Trêffic jêm, 'n video en amper 'n halfmiljoen kykers met 4.2K kommentare, Alles binne 9 ure… Dankie vir soveel pers en media wat saamspeel. Dis tog alles ook fun. As jy deel was, dankie! As jy laat was, jammer!Dankie vir die brawe manne en dames by Gerhard van Rooyen, ons vrinne by Coleske Artists, Afrikaans is Groot en die Pretoria Metro. Tjoekie sou 'n antiklimaks wees…. #Feeslied #Skree

Posted by Steve Hofmeyr on Tuesday, October 3, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Babie ·

More! Wow! Stunning Steve!!!! U go!!! Doen dit meer!!!! Sasolburg ook hoor!!! Dis awesome jy’s n yster!!!!!!! Go Steve go!!!!!

Ann ·

Het jy na die lied geluister? Dis presies wat ons land nodig het. Ons het blasé geraak oor Godsdiens. Ek dink dis ñ wonderlike manier om ons geloof te versterk.
Elke mens is egter geregtig op sy eie opinie. Maar dis myne.

Michelle ·

Ai Steve watter mooi liedjie, jy het vir ‘n paar minute dit reggekry om die spanning van die dag in elk se lewe op daardie pad vir ‘n rukkie weg te vat. Dankie dit was stunning. Vir die wat hul humeur verloor het wees bly dit was nie een of ander rooftog nie, maar ‘n pragtige stem op ‘n besige pad.

Willem van coller ·

GO STEVE, ek laaik dit en ons is baie klein gelowig tyd om weer soos ń kind te glo. Wats volgende Steve

marous ·

Dis wat ons elke dag wil sien …dinge wat die goeie in mense se harte uitbring. Wel gedaan ou bul!

anton ·

Nee hy is nie n aandagsoeker nie. Hy kry dit al vir jare lank a.g.v sy goeie liedjies en musiek.
Dink eerder mense wat negatief is oor dit, is FLOU!!!
En natuurlik net jaloers, want ons mense gun mos nie die son oor n ander nie!!!

Popcorn ·

Oulik, daaris genoeg negatiewe dinge en moorde en suurknolle in die land, laat hy weer bietjie glimlagte op mense se gesigte sit. Baie talentvolle man. Ek wens jou alles van die beste toe.

Chantelle Connoway ·

wow wow wow my hart klop ook net so, dankie Steve ons land het dit nodig

jackiq ·

AWESOMENESS!!!!!! well done ons het dit nodig ek het skoon hoendervleis gekry. Dis Pragtig

anrica ·

jinee wat fun wens ek was daar ….
well done Steve !!!!!!!

Hannetjie Harvie ·

Ai, ai Derick as dit flou is, weet ek nie wat is vir jou oorspronklik nie, kan net dink. Steve jy is en bly die koning van Afrikaanse musiek in hierdie land. Dit was baie oulik. Pragtige lied!!!!! Dan het jy nog steeds die “looks” ook.
Dankie vir gesonde opwinding.

Uvonka ·

Jy mag mag maar Steve!!!! Doen dit weer en weer en nog ‘n keer!

Alida ·

hoe AWESOME .. vir n slag n dag begin met n smile en ritme in die hart … great Steve … jy bly die rules breek en ons love dit … you GO .. dare you on JOZI se … malbongwe of Beyers volgende tot n stilstand te bring ….

Uvonka ·

Ek stem Alida, hy kan sommer Republiek ook insluit maar veral Malibongwe, albei riller roetes!!!!

K ·

Iets om in die verkeer te staan wat die moeite werd is en met skool vakansie is die verkeer troppe stiller… Beter as n taxi of bus strike. Darm was dit ook net 3 min en nie ure of dae lank nie…. Lief dit wens ek kon dit sien…

Albaster ·

Deric, jy sit passief en kritiseer. Ek het nog nooit van jou gehoor nie so jy weet niks van kreatiewe skeppings , flash mobs en kits vermaak nie. Jy, “Deric”, is n niemand in my oe. Geluk Steve, dit was uitstekend!

Cio Chavelle ·

Knap gedaan Steve, al was ons laat vir werk, dit maak nie saak nie jy het ñ glimlag op ons gesigte en in ons harte gesit ??? You Go Steve !!!!!!

christa ·

was die polisie net ‘n vertoning of werklik?. As dit werklik was, was dit darem ‘n maklike vangs, en dan nog die boeie??? hulle kan nie eers die skelms vang nie

Ekke ·

Die polisie was deel van die show gewees, Steve is dadelik weer “vrygelaat”. Alles is vooraf met Sinoville SAPD gereël.

Koos ·

Kinderagtig, selfsugtig en sonder enige respek vir die ander padgebruikers wat verontrief is deur sy foefie.

Idris ·

Ag man jys net jealous want jy kan dit doen nie. Beter om na steve te kyk in n traffic jam as na n ongelukstoneel of n klomp stakers te kyk.

Debbie Hendriks ·

Daar is genoeg son vir almal – gun elkeen sy plekkie. Ek sou glad nie om gegee het om in ‘n verkeersknoping “vas te sit” as dit was vir so ‘n fantastiese liedjie met so ‘n pragtige boodskap nie

Veronica ·

Briljante idee gewees STEVE !!!
My beskeie opinie . . . ek dink hy wou n ” Herrie” veroorsaak en dit het gewerk

Chriszelda Steyn ·

Stunning! You go Steve! jy waag baie, maar dis goed gedoen hehehehe

Susan Esterhuizen ·

Steve – ek love ‘n man met guts – dit was great. Wens ek was daar!

Tanja ·

Go Steve. Jy bly ons HERO. Well done. Dankie vir wat jy vir ons taal doen. Doen dit weer

Ria Rautenbach ·

Dit was awesome verby….dalk wat ons nodig het so vroeg oggend….dankie Steve…lekker gelag want jy het guts !!!!maak weer so!!!!

Eurika le Roux ·

Hoendervleis pragtig.. oor en oor hoendervleis gekry.. hehe.. Wow.. Go Steve Go!!

Karen ·

Steve is ñ gebore entrepeneur….sal altyd gewild wees. Fantastiese bemarking. Hy bly ñ ster duisend.

Andre ·

Hi Steve. Ek dink ons land het rerig iets nodig gehad om ons weer hoop te gee. Daai song dink ek vat al die gemors vas en laat ons weereens besef wat ons almal moet doen om uit die gemors te kom. Ek is n taai ou maar jyt my oe vol tranne laat skiet toe ek die song hoor. Weet nie rerig hoekom nie maar dit het en dit was great.

Jessica ·

Kry sommer n traan. Eg en trots Afrikaans. Sal beslis CD koop

Andrie ·

Was so lekker om te kyk. Ons word daagliks met strikes en mobs geteroriseer, die land kort n bietjie hallelujah op die pad, net om weer moet en krag te kry. Dankie Steve vir wat jy doen, hoop meer kunstenaars sal opstaan vir ons taal en land.

Tevrede ·

Steve jy mag maar dis greate die taxi doen dit vir verkeerde redes jy het dit reg gedoen dankie oom Steve mwah

Bezudi ·

Awesome Steve! Vir ‘n drie minute verkeers ontwrigting was dit die moeite werd. Jy mag dit maar weer en weer en weer doen…

Jolandie ·

AMEN!!!! Steve, kyk hoe laat jy nogsteeds die mense gons oor goeie, mooi dinge wat daar in AFRIKAANS gedoen word… Doen dit sommer weer man, jou hart klop REG!!!! Hallejula ♡♡♡

Prok ·

Wat ‘n vervelige plek sou SA nie sonder jou gewees het nie!

Daisy ·

Mense kan sê van Steve wat hulle wil, maar die woorde van sy liedjies raak altyd die hart. Wat ‘n lekker gevoel om iets positief te hoor en sien so vroeg in die oggend. Het dit vandag nodig gehad. Die suurgatte sal nooit erken hulle het eintlik die video geniet nie… julle moet ‘n lekker dag hê :-)

Rita Parys ·

Ai Steve, ek is 71 jaar jonk en jy laat my Afrikanerhart nog steeds chocolates pomp. You go baby!

sanet ·

Wolmaransstad het dit ook nodig. Nie baie verkeer soos in die stad nie. Regte Boere gemeenskap

Kobie ·

Welgedaan Steve … My enigste probleem is dat met die maak van die video is ‘n DJI Inspire Hommeltuig gebruik / gesien in die lug. Vraag: “Het die vervaardingingspan die nodige goedkeuring gekry, die nodige RPL en ROC Lisensies soos voorgeskryf deur die SACAA?”

Yvonne ·

Dit was absoluut oorspronklik,
Well done!! , Steve
Jy steek sowaar nie jou talente onder n maatemmer weg – dit is uiters verblydend

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.