Kyk: Tshwane-burgemeester oor Pta se waterkrisis

Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, en die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo. (Foto: Stad Tshwane)

Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane, en die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo, het Vrydagoggend ʼn oorsigbesoek aan die Vlakfontein- en Bronberg-reservoir gebring.

Talle woonbuurte en duisende inwoners in die Tshwane-metro het die afgelope week dae lank sonder water gesit. Kyk hier na die jongste terugvoer oor die waterkrisis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Carel ·

Daai “Horrible Memba” wil ek nie naby my huis se waterstelsel loslaat nie . . . wat nog te sê my stad s’n??

Althes ·

Dankie vir jou aktiewe bydrae Cilliers Brink. Mag goedheid en guns jou volg in jou loopbaan, en dat jy nooit moeg of moedeloos sal raak om die probleme aktief aan te pak nie.

André ·

Dis wat moet gebeur. Die top mense moet hulle alies lig, ry na die probleem en dit loop tot by die oorsprong van die probleem. Powerpoint kan net so veel wys. Gaan na die probleem, vra waar is die persoon wat aan diens moet wees. En as jy baie braaf is, vra wie verantwoordelik en verantwoordbaar (daai twee worde is mos gif vir die ANC) is by elke punt in die proses. Praat met die manne wat die pik swaai, hulle weet waar die probleme lê.

Hendrik ·

Nog geen water of krag probleem hier aan die ooste van Pretoria gehad nie. Miskien kom ons pypwerk en kragnetwerk van ‘n ander plek behalwe van die owerhede.

Willi ·

Bla bla bla, kan nie eens slag gate of straat ligte regmaak nie en nou verkoop hulle strooi omdat daar geen water in Moreleta Park is nie. Geen dienslewering van Tshwane nie, al betaal jy daarvoor.

Owlie ·

Die arme burgemeester, julle kan beplan soveel julle wil – solank aswat bedrog en plundering voortgaan sal niks regkom nie. Doen n slag onafhanklike ondersoeke sonder al die volgelinge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.