Kyk: Van hoenders tot verkleurmannetjie ook in oorstromings gered

Verskeie diere is die afgelope paar dae deur die DBV gered. (Foto: Cape of Good Hope SPCA/Facebook)

Talle troeteldiere, plaasdiere en wilde diere is die afgelope naweek noodgedwonge aan die genade oorgelaat toe inwoners van die Wes-Kaap weens swaar reën en oorstromings moes vlug.

Inspekteurs van die Kaap de Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging (DBV) het egter ingegryp en talle diere van ʼn amper seker waterdood gered.

Die DBV sê dit is algemeen dat families hul diere ongelukkig moet agterlaat wanneer hulle uit hul huise vlug. Die diere wat agterbly, het gewoonlik nie veel van ʼn kans op oorlewing nie en met die ysige temperature die afgelope paar dae sou talle diere dit waarskynlik nie oorleef het nie.

“Ons dapper inspekteurs het dae lank deur die ysige waters gewaad op soek na gestrande troeteldiere en allerlei ander diere,” sê die DBV.

Inspekteurs het talle honde, katte, perde, beeste, ʼn klompie hoenders – en een verkleurmannetjie – in die provinsie gered.

Wetstoepassers en noodreddingsdienste van die Kaapstad-metro het ook hand bygesit en verskeie perde na hoër grond gelei.

(Foto: Cape of Good Hope SPCA/Facebook)

In ʼn video wat die DBV gedeel het, kan gehoor word hoe ʼn kat om hulp skree, terwyl ʼn perd in die yskoue water bibber en ʼn hond amper verleë na sy redders staar.

“Ons is weer vandag daar buite en gereed om meer dierelewens te red. Diere het ons nou meer nodig as ooit,” sê die DBV.

???????? #CapeTownFloods Update ????????In the midst of heavy flooding, our dedicated Inspectorate team is on the frontline, rescuing animals left behind in the floods. As families evacuate to safety, unfortunately, many animals get left behind.Facing freezing cold conditions, our brave Inspectors wade through the waters, searching for stranded pets and other animals. ????????????Huge shoutout to the City of Cape Town Law Enforcement & all rescue services who collaborated to save several horses, moving them to higher grounds. Many cats and dogs were brought to safety as well.We're back out there today, ready to save even more lives. Stay safe, Cape Town! And remember, animals need us now more than ever.Please report any distressed or misplaced animals to our 24/7 Inspectorate Control room by calling 021 700 4158/9.???? Please help us in our mission! Your donation can make a difference in our rescue efforts – https://capespca.co.za/donate/. Let's be their lifeline.#RescueMission #SaveTheAnimals ????????????

Posted by Cape of Good Hope SPCA on Monday, September 25, 2023

Terwyl die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Maandag besig was om 46 inwoners van Stanford naby Hermanus na veiligheid te help nadat die Kleinrivier sy walle oorstroom het, het hulle ook ʼn papegaai en verskeie ander troeteldiere uit huise en geboue gered.

Nog 71 mense, onder wie bejaardes, kinders en twee swanger vroue, is ook Maandagmiddag uit Strandfontein – saam met hul troeteldiere – na veiligheid gebring. Baie van dié mense en diere word nou by gemeenskapsentrums gehuisves.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Amelia ·

Daar is ‘n spesiale plekkie in die hemel vir mense wat hulle oor diere ontferm. Dankie.

Ronel ·

Jy is so reg. My dogter sê eendag iets wat by my sal bly vir altyd. God het soveel sorg ingesit om diere te maak – hulle het elkeen hulle eie persoonlikheid en hulle eie maniertjies. As hulle nie belangrik was nie sou Hy nie soveel aandag aan hulle gegee het nie. So ja, ek glo ook daar is n spesiale plek vir sulke mense in die hemel. Jammer almal sien dit nie so nie!

Karoo ·

Baei baie DANKIE dat julle diere lewens gered het wat nie hulle self kon help nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.